'n Biddag vir reen vandag in die Oos-Kaap

(1/3) > >>

Rigil Kent (February 06, 2009, 11:00:15 AM):
Ek lees in vandag se Oos-Kaap Burger dat Angus Buchan, (van Faith Like Potatoes - faam) 'n biddiens vir reen in Uitenhage hou. Die omgewing ly erg onder droogte, sommige dele al die laaste drie jaar. Dit is voorbladnuus met 'n groot foto van 'n springbok wat dood le in die dorre veld.

Mintaka
bluegray (February 06, 2009, 12:50:43 PM):
Ek het ook nou net 'n gebed opgestuur - vir reën in die Oos-Kaap en ook hier in die Wes-Kaap, om die brande (fotos) te blus. En sommer ook sodat dit ophou om so baie te reën in Gauteng.
Dis nie te moeilik gewees nie, kan nie glo niemand het in drie jaar nie daaraan gedink nie ::)

Ek wonder hoekom Liewe Jesus in die eerste plek besluit het om die mense en springbokke so te straf, of het die Duiwel ook beheer oor die weer... :-\
Mefiante (February 06, 2009, 14:42:10 PM):
Na ’n ywerige gebedsessie ;), kry ek toe die storie hier.

'Luthon64
ingwe (February 07, 2009, 14:35:54 PM):
En het dit toe gereen?
Mefiante (February 07, 2009, 19:39:41 PM):
Nog nie. Hulle het seker nie hard genoeg gebid nie. Dalk moet hulle oorskakel en met aartappels begin boer.

'Luthon64

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page