Mmm... ja. Die probleem met so 'n eksperiment is dat dit maar sal sukkel om 'n kontrole op te stel.
Die weer is een van die min dinge waaroor die mens bitter weinig invloed het. Alle ander rampe soos politiek(

), oorloe, siektes en hongersnood is darm so min of meer beinvloedbaar deur menslike aksies, maar nie eintlik klimaat nie.
'n Gelowige wat siek word, sal beide vir gemnesing bid, sowel as van die mediese wetenskap gebruik maak. (Wonder wat hy sal kies as hy gedwing word om slegs een weg tot welstand te volg.)
Maar die weer is 'n ander storie. Ek kry die indruk dat as daar nou een ding is wat gelowiges tot aksie laat oorgaan, dit die weer is.