"Silence is Golden'

(1/6) > >>

cyghost (July 17, 2009, 10:44:44 AM):
Is dit altyd so stil hier? Het ek op 'n stil tyd aangesluit? Of stem ons almal saam oor alles en daar is niks om te sê nie?

Ek wonder maar net :D
Faerie (July 17, 2009, 11:07:48 AM):
Wonder nogal self hieroor... gehoop vir so bietjie "local" aksie, miskien is almal op vakansie? ???
cyghost (July 17, 2009, 13:18:02 PM):
Ek weet nie, ek sien die stringe kry nogal baie "hits" (blikke? kyke?) wat sou aandui daar is nogals aksie. Net nie so sigbaar nie. Baie gaste wat toekyk. :)
Faerie (July 17, 2009, 13:31:05 PM):
Miskien maar threads create en kyk of ons die plek bietjie asem kan injaag? (skies my baster afrikaans, party woorde is moeilik om te onthou en ek het nie 'n afrikaanse dictionary nie!)
cyghost (July 17, 2009, 14:05:23 PM):
Dit is die plan!

Jou Afrikaans is verstaanbaar en dit is goed genoeg vir my. Ekself vind dit nogal vreemd om in Afrikaans te skryf en geniet dit eintlik baie. Die hele blêddie InterWeb is Ingils!

Ek maak gebruik van hierdie aanlyn woordeboek en daar mag dalk ander en beter wees (dit kry nie altyd die woord wat ek soek nie :( )

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page