Ek sien draad word redelik baie gebruik vir thread/topic, wat seker reg is - maar dit klink vir my baie lelik. String kan ook werk, maar almal sal dalk nie weet waarna verwys word nie...
Oor die algemeen verpes ek woorde wat net vertaal word sodat dit afrikaans is. Daar is baie terme, veral op die internet wat net eenvoudig nie 'n goeie afrikaanse vertaling het nie. Ek het dan geen probleem om die bestaande term te gebruik inplaas van om 'n nuwe woord te skep. As 'fish & chips" en pavement afrikaans kan word, kan thread en topic ook.
