"Sodat Madiba ook van dié delusie weet"

<< < (4/4)

Mefiante (January 29, 2013, 10:17:07 AM):
As ek moet vra "Wie is die bekendste ateïs?", is dit heel aanvaarbaar vir my om iemand te kies wat hoogs bekend is vir iets anders maar ook 'n ateïs is.
In dié geval moet jy dan ook “Albert Einstein” aanvaar as ’n geldige antwoord op die vraag, “Wie is of was die bekendste vioolspeler ooit?”

'Luthon64
cyghost (January 29, 2013, 11:24:26 AM):
:D
coelacanth (January 29, 2013, 12:44:11 PM):
Baie dankie vir die warme welkom van almal. Julle het reg, ek is nie 'n engelsman nie. Maar ek is ook nie 'n nederlander nie, maar 'n duitser. Ek verstaan goed wat julle sê, en hoop julle sal my ook kan verstaan.

Ek vind dit snaaks dat mense kan bekend wees om nie aan iets te glo nie. Maar goed, ek begryp die bedoeling wel. Al jare ken ek Dawkins en ek het 'n hoge opinie van hem. Sy uitleg en verklaring is altyd so klar, en hy sien altyd die kern van die problem.

Dana se artikel is baie interessant. Ek het nie geweet dat iemand Dawkins se werke in Afrikaans gaan vertaal nie. As die klaar is sal ek 'n kopie gaan koop.

Madiba is Mandela?
coelacanth (January 29, 2013, 13:15:12 PM):
In dié geval moet jy dan ook “Albert Einstein” aanvaar as ’n geldige antwoord op die vraag, “Wie is of was die bekendste vioolspeler ooit?”

Haha, dat laat my herinner van hierdie gedeelte uit - nee, nie die bybel nie, maar uit Shakespeare's Twaalfe nag:

Viola. Save thee, friend, and thy music: dost thou live by thy tabour?
Feste. No, sir, I live by the church.
Viola. Art thou a churchman?
Feste. No such matter, sir: I do live by the church; for I do live at my house, and my house doth stand by the church.
BoogieMonster (January 29, 2013, 13:42:31 PM):
As ek moet vra "Wie is die bekendste ateïs?", is dit heel aanvaarbaar vir my om iemand te kies wat hoogs bekend is vir iets anders maar ook 'n ateïs is.
In dié geval moet jy dan ook “Albert Einstein” aanvaar as ’n geldige antwoord op die vraag, “Wie is of was die bekendste vioolspeler ooit?”

Klink eintlik presies soos 'n antwoord wat ek sal gee op so 'n vraag. Bv. een van my gunstelinge:

"Het enigiemand sleutels vir die hek?"
"Ja"
"Jy het?"
"Nee, maar iemand het."

Navigation

[0] Message Index

[*] Previous page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page