Afrikaanse Boeke

(1/2) > >>

sadrok (June 16, 2008, 19:48:57 PM):
Dagsê! Verskoon tog aangesien hierdie my eerste inskrywing (enige beter Afrikaanse woord vir "post") op die forum. Ek is vreeslik opgewonde om nie net Suid-Afrikaanse maar ook Afrikaanse ateïste en skeptici op die net tee te kom.

Ek wil graag hier vra vir enige voorstelle van Afrikaanse boeke wat uit 'n skeptiese of ateïstiese oogpunt geskryf is oor byvoorbeeld wetenskap, godsdiens, en ander soortgelyke onderwerpe.

Met die kort rukkie wat ek hier en op sommige blogs rondgesnuffel het, het ek klaar kennis geneem van George Claasen se boek Geloof, Bygeloof en Ander Wensdenkery.

Ek sal van nou af gereeld op hierdie forum inloer en miskien selfs deelneem aan van die gesprekke - ek is nie juis goed met woorde nie en sukkel maar om my gedagtes agtermekaar te kry.
bluegray (June 19, 2008, 13:47:24 PM):
Welkom!

Ek het nog nie George Claasen se boek gelees nie - so laat weet ons asb. as jy hom klaar gelees het. Ek het nog bitter min van afrikaanse boeke met die onderwerp gehoor. Nog minder gelees... Die naaste wat ek daaraan gekom het, was seker Koos Kombuis se 'The Secret Diary of God' ;)

BTW. Daar is baie afrikaanse internet terme wat my laat gril, so ek sal maar bly by 'post'. ;)
Voel vry om enige iets te gebruik soos dit jou pas - soos jy is ek geen skrywer nie en solank die gedagte goed deurkom is ek gelukkig.

sadrok (June 19, 2008, 16:55:33 PM):
Dankie dankie,

Ek het ongelukkig nog nie Claasen se boek nie aangesien ek maar net 'n klein toelaag verdien. Is Koos Kombuis se boek die moeite werd?
bluegray (June 20, 2008, 10:41:12 AM):
Ja, as ek reg onthou ( dit was 'n hele ruk terug ;) ) was dit heel goed.
Tweefo (June 22, 2008, 09:15:01 AM):
Laat weet ons asseblief as julle op 'n boek afkom. Ek dink hulle is skaars. Gosdiens is so 'n sterk deel van ons kultuur dat almal dit vanselfsprekend aanvaar. Jy kan nog wegkom om in 'n ander god te glo (nie maklik nie) maar geen god? Dit is ('n paar van my famielielede) 'n konsep wat nie bestaan nie, of is een van satan se truuks.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page