Afrikaner wees?

<< < (4/5) > >>

bluegray (May 08, 2009, 12:21:19 PM):
2 KORINTIËRS 6:14
Moenie met ongelowiges in dieselfde juk trek nie. Hoe kan daar vennootskap wees tussen reg en onreg? Hoe kan daar gemeenskap wees tussen lig en duisternis?

So wat wil jy vir iemand soos ek sê Mintaka? “I’m Doomed”
Ek staan ‘n kans om meeste van die mense in my lewe, wie vir my kosbaar is te verloor OF om voor te gee dat ek in hul god glo, om almal die verdriet te spaar? Daar nie erens ander in die bybel ‘n versie wat dit weerspreek nie?

http://skepticsannotatedbible.com/contra/nonbelievers.html ;)
bluegray (May 08, 2009, 12:43:36 PM):
Uit my persoonlike ondervinding, het ek agter gekom dat mense nie so hewig reageer soos ek in die begin verwag het nie. Daar is sekere mense wat glad nie met jou sal saamstem nie en niks met jou te doen wil hê nie, maar hulle is gewoonlik in die minderheid en mense wat ek in elk geval nie veel gaan mis nie. Die mense wat saak maak en vir my omgee, aanvaar my soos ek is (hoe anders dan?).

Dis moeilik om die negatiewe konnotasies af te skud omdat dit so groot onding in ons wêreld waarin ons groot geword het was/is, maar dit gaan net verander as mens openlik vir ander mense wys dat dit nie 'n slegte ding is nie. En dat dit nie iets is om oor skaam te wees nie.

Ek dink omdat Afrikaner wees so nou met die kerk saamgegaan het, is dit nou bietjie complicated om een deel van jou identiteit te verwerp sonder om heeltemal daai identiteit te verloor. Maar dis nie onmoontlik nie ;)
Jane of the Jungle (May 11, 2009, 08:49:05 AM):

Quote
Ek is nogal nuuskierig. Oe presies vertel mens jou kinders dat jy nou besef jy't hulle nie die waarheid vertel nie? Of het jy dit nog nie probeer nie?

Lol Boogie "what a Question" :)

Ek was in die gelukkige posisie, dat my ouer kind homself as "Agnostic" ge-"tag" het, jongste een het hom daaroor uitgevra en dit baie goed verstaan. Natuuuuurlik was ek baie verbaas en in 'n mate verlig dat ek nie nodig gehad het om teveelte please and explain nie :) oor als uitgebrei en seker gemaak sy verstaan wat ek vir haar probeer oordra. :)

Gelukkig weet my kinders ook dat dit regtig nie ‘n kwessie van „n leun“ wat deur my aan hul oorgedra was nie, maar meer 'n kwessie van “go with the flow” wat vir ons almal ‘n dure les op die ou end is/was. In ‘n mate was dit makliker vir my dalk, as wat dit vir mense met klein kindertjies kan wees, maar mens weet nie, dalk gaan dit so maklik soos wanneer hul van die Tand muis of kersvader moet afsien, ek weet nie, maar sou graag wou hoor van ander ouers met jonger kinders.

Die enigste ding wat my wel kwel is, dat dit baie moeilik vir my kinders in die skool is. Deur dat godsdiens in baie van die skole op hul afgedwing word en dat soveel van hul vriende en span maats godsdienstig is. Maar in die selfde asem ook heeltemal bereid sal wees om hul te verstoot indien hul sou uitvind! :(
BoogieMonster (May 11, 2009, 13:08:49 PM):
oor als uitgebrei en seker gemaak sy verstaan wat ek vir haar probeer oordra. :)

En, wat is haar siening nou? Nogsteeds gelowig, of het sy julle "lead" gevolg?

Quote
Die enigste ding wat my wel kwel is, dat dit baie moeilik vir my kinders in die skool is. Deur dat godsdiens in baie van die skole op hul afgedwing word en dat soveel van hul vriende en span maats godsdienstig is. Maar in die selfde asem ook heeltemal bereid sal wees om hul te verstoot indien hul sou uitvind! :(

Wel, ek dink die res van hulle lewe sal hulle daai span-tou moet loop, so hulle gaan dit moet gewoond raak.
Jane of the Jungle (May 11, 2009, 15:17:15 PM):
Quote

En, wat is haar siening nou? Nogsteeds gelowig, of het sy julle "lead" gevolg?


Omdat ons 'n goeie verstandhouding het, het altwee aanvaar wat ek aan hul oorgedra het en vertrou dat ek nie snert met so 'n erns sal hanteer nie, selfs my seun wat 'n agnotis was, het aan beweeg. Agnotisme is myns insiens, slegs 'n "safe" place to be, if you know what I mean ;) Alhoewel dit dalk 'n onvermeidelike fase is waardeer meeste "sceptics & Atheists" gaan :) Ek wens net ek kon ook deurdring na my "hubby", veral Sondae is dit 'n redelike ongemaklike situasie, wanneer hy alleen kerk toe gaan.
Dit is sekerlik vir hom 'n ongemaklike situasie om nou na baie jare, alleen in die kerk te sit, maar tegelyke tyd moeilik vir ons, omdat ons dit geniet om as gesin oral heen te gaan.


Quote
Wel, ek dink die res van hulle lewe sal hulle daai span-tou moet loop, so hulle gaan dit moet gewoond raak.

Jy is eintlik reg, dit is net moeilik vir 'n Ma om op die skeidslyn te sit :)

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page