Afrikaner wees?

<< < (2/5) > >>

Rigil Kent (May 06, 2009, 18:13:40 PM):
Quote
My enigste vrees is oor emosionele stres wat ek my familie in kan plaas, sou hulle die konsep ontwikkel dat ek "hel" toe sal gaan, en nog meer om te keer dat hulle my probeer "red".

Ja-nee dis baie waar, en 'n taai een. Ek weet nie of daar 'n self-help antwoord is nie. Maar dit wys net weer watse probleme godsdiens vir mens kan bring.

Quote
Was die polisiekarre nie 'n ruk terug van die fees belet omdat dit mense so omgekrap het nie?

Net die feit dat die polisiekarre vandag bestaan, of hulle nou mense omkrap of nie, is mos 'n teken van verandering, nie so nie?

Quote
Laaste plek waar jy my sou aantref. Sekerlik verstaan ek dan die plek verkeerd. My ondervinding is dan anders as joune....

Is jy seker jy was by al die biltongstalletjies? Somige van daai spices is rerig radikaal! ;)

Mintaka
Jane of the Jungle (May 07, 2009, 00:03:28 AM):
Goeie naand almal, my naam is Jane en ek is 'n "AttieJis" ;D (Psst waar de ... kry jul die lees tekens ???)

Hi Boogie en almal, ek moet ook se, ek het nog nooooit vir iemand genoem dat ek die groot "A" woord is nie! Ek is seker daarvan vir hul is dit "all the same as"
= Anti christen of satan/satanis! Ek het ook 'n hele paar jaar gelede dieper begin dink, vrae gevra en nie die antwoorde gekry wat sin gemaak het nie. 'n Paar maande gelede die "google" ding begin doen, vir meer antwoorde. Ja, Ja, sal mens "party" mense hoor se, die internet is "evil" maar ek dink dit is net 'n dom persoon wat een "site" sal bekyk en besluit "thats the way to go" sommige mense sal dit natuurlik nie so insien nie ;)

Ek het gister 'n "post" van iemand gesien, ??? kry dit ongelukkig nie nou gou genoeg nie maar, ek dink dit kan "Anacoluthon64" wees wat dit geplaas het. Baie naby aan wat my sienswyse van die lewe nou is: Leef jou hart uit, wys jou Liefde aan jou geliefde, spandeer tyd saam met hul, respekteer hul, ag man, waardeer net die tyd wat jy saam hul kan wees :) "Because what you see is what you've got" Daar is nie nog opmaak vir als in "Heaven" nie, want ons weet daar is nie so iets nie. Ek wens soooooo dat meer mense "Dit" kan besef. (praat nou van "theists")

Boogie ek verstaan jou bekommernis oor jou familie, maar mag ek vra, praat jy van jou gesin of die hele familie? Is jy getroud en as jy is, aanvaar jou gesin die nuwe Boogieman? :) (jammer as dit te persoonlik is, laat dit eerder uit)

Ek het al met my man en dan ook met twee van my familie lede daaroor gepraat. Vir hul ‘n paar redes gegee oor hoekom ek voel soos ek voel, ‘n paar vrae gevra (wat hul nie Kon antwoord nie) en toe mooi sagkuns verduidelik dat ek steeds dieselfde “ek” is en dat hul regtig nie bekommerd moet wees oor my „siel“ nie en ook nie ′n satanis is nie.
(as dit regtig hul grootste vrees sou wees)

My lewe het regtig soos dag by nag verander nadat ek die groot boek neergele het, rustiger, meer rationeel en realisties. Dit voel of daar ‘n berg van my skouers af is.

Maar …….ek moet se, dit is waar wat jy daar se “Mintaka” EK het nog daardie obsessie
Oor die geloof ding, wil net notas maak van al die bewyse wat opduik, net vir ingeval ek dit moet gebruik vir ammunisie! (Ek hoop wragtie nie dit gaan 2 jaar neem om oor te waai nie) Maar ek moet se, my kop voel nou soos ′n spons, wil net informasie in neem en in neem. My grootste wens is, dat ek 20 jaar gelede die dinge kon uitvind, die lewe kon soveel anders wees! Vir hierdie rede, hoop ek regtig dat veel meer jong mense
vroeg al geleer word om rasioneel te dink en oopkop deur die lewe te gaan!

PS. Boogie jy kan bly wees jy het nie nodig gehad om kerk toe gaan vir ′n paar jaar nie,
jy verstaan nie die frustrasie van, om in ′n kerk te sit, jou oe toe te hou terwyl die dominee die grootste klomp &%%$ kwyt raak en hoe damn moeilik dit is om jou ogies nie in jou kaste rond te rol nadat hy vir die sesde keer in 10 minute dieselfde &%%$ herhaal „just 4 incase“ nie ::)
BoogieMonster (May 07, 2009, 00:18:30 AM):
Psst waar de ... kry jul die lees tekens

As jy windows gebruik: Start->Programs->Accessories->System Tools->Character Map

Quote
Ek is seker daarvan vir hul is dit "all the same as" = Anti christen of satan/satanis!

En moenie vergeet van die Boogie Man nie. (En daarvandaan, die naam)

Quote
Boogie ek verstaan jou bekommernis oor jou familie, maar mag ek vra, praat jy van jou gesin of die hele familie? Is jy getroud en as jy is, aanvaar jou gesin die nuwe Boogieman? :) (jammer as dit te persoonlik is, laat dit eerder uit)

Nee ek's nie getroud nie. Met "gesin" verwys ek na my ouers en broers/susters.
Ek gaan met 'n girl uit wat, alhoewel gelowig, nie rerig kerkmens is nie, en my standpunt heeltemal verstaan.

Quote
My grootste wens is, dat ek 20 jaar gelede die dinge kon uitvind, die lewe kon soveel anders wees! Vir hierdie rede, hoop ek regtig dat veel meer jong mense vroeg al geleer word om rasioneel te dink en oopkop deur die lewe te gaan!

Hulle gaan dit ongelukkig, soos ons, meestal vir hulself moet uitwerk.

Quote
PS. Boogie jy kan bly wees jy het nie nodig gehad om kerk toe gaan vir ′n paar jaar nie,
jy verstaan nie die frustrasie van, om in ′n kerk te sit, jou oe toe te hou terwyl die dominee die grootste klomp &%%$ kwyt raak en hoe damn moeilik dit is om jou ogies nie in jou kaste rond te rol nadat hy vir die sesde keer in 10 minute dieselfde &%%$ herhaal „just 4 incase“ nie ::)

Dit was 'n moeilike stap. Ek was nog gereeld by my ouers, en moes mooi trippel om te verseker ek's nog "op die goeie pad". Uhm, ja, ek het gelieg om uit dit uit te kom. My punt is, dit was nie maklik, maar ek moes dit doen vir daai selfde rede. Jy sit skielik in daai plek met 'n hele ander stel oë.
Jane of the Jungle (May 07, 2009, 11:35:01 AM):
Quote
As jy windows gebruik: Start->Programs->Accessories->System Tools->Character Map


Ok kewl, jip ek weet waar om dit te gebruik in Windows, net gedink jul tik sommer dadelik in die reply venstertjie ::) anders gaan dit maar mal so tussen die ge- "cut" en "paste" tussen die programme, maar ek sal dit eerder maar volgende keer so doen :)

Ek moet sê, as mens getroud is en al kinders het, plaas dit mens in 'n redelikke moeilike situasie wanneer jy dan eers „de-convert“. Eie familie, skoon familie, kinders en jou egenoot is in die prentjie en dit maak dit regtig 'n baie moeilik situasie en ek glo so iets
het al en kan ook in die toekoms baie families uit mekaar skeur. In meeste van die gevalle wat ek op die internet teegekom het, was dit die mans wat eerste die „ontdekking“ gemaak het en sy vrou wat dan oortuig moes word. In my geval anders om. Wat sleg is vir my, is die feit dat „geloof“ juis „vir“ hegte familie en gesins bande staan en wanneer een persoon sy lewe verander, hul bereid is om hom weg te stoot, terwille van hul geloof!!!
My vraag is net:
Is hul bereid om die kans te staan om hel toe te gaan deur so 'n daad?(volgens hul geloof)'n Egenoot wat bereid is om sy gesin op te offer, ‘n Ouer wat bereid is om sy kind op te offer, ‘n Kind wat bereid is om sy ouers op te offer en of ‘n familie wat een persoon uit sy familie te “abandon” Hoe regverdig hul dit?
As hul die situasie mooi oorweeg, sal hul sien hoe onrealisties hul geloof is!
Rigil Kent (May 07, 2009, 13:24:01 PM):


Quote
'n Egenoot wat bereid is om sy gesin op te offer, ‘n Ouer wat bereid is om sy kind op te offer, ‘n Kind wat bereid is om sy ouers op te offer en of ‘n familie wat een persoon uit sy familie te “abandon” Hoe regverdig hul dit?

Deur die instruksies in die handboek te volg natuurlik:

2 KORINTIËRS 6:14
Moenie met ongelowiges in dieselfde juk trek nie. Hoe kan daar vennootskap wees tussen reg en onreg? Hoe kan daar gemeenskap wees tussen lig en duisternis?

Mintaka

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page