Afrikaner wees?

(1/5) > >>

BoogieMonster (May 06, 2009, 15:17:35 PM):
Hi mense, ek is 'n ateïs. (Eerste keer wat ek dit moes tik...)

Dis snaaks dat ek seker nooit gedink het ek sal hierdie emosie moet hanteer nie. Maar ek voel baie soos 'n gay mens wat in die closet lewe, circa 1980. Of kom ons se, iemand wat VIGS het maar niemand daarvan sê nie. 'n Melaatse in die beloofde land.... Die punt is ek is mostly-closeted oor my geloof. Van my vriende weet ek het geen geloof nie. Maar my geboorte-gesin en uitgebreide familie, het nie 'n clue nie. Ek is maar net die ou wat nie so gereeld (nooit) kerk toe gaan nie, en dus elke nou en dan 'n klik van die tong verdien.

So, 'n goddelose heidin wat skuil in die nasie van god. Of so iets. Dis 'n alleen lewe, met nie te veel plek om jou frustrasies te vent nie. Goed dan om hierdie forum so 'n rukkie terug te ontdek. En ekstra goed om Afrikaners hier te sien.

Ek het 'n ruk terug aan my ouers gesê (sonder om godsdiens te noem), dat ek my Afrikaner kaart liewer iewers wil gaan ingee. En net 'n mens wees vir 'n slag. Ek's rerig moeg om ingeneuk te word by die spul. Daars die godsdiens ding, en, ek's jammer as dit aanstoot bring, maar boere-sokkie-treffers, "Dis hoe dit is met Steve", double-cabs, en bull games by Loftus gee vir my 'n enorme gevoel dat ek sekerlik nie deel kan wees van hierdie nasie nie. Of wil wees nie.

Ek loop nou natuurlik sekerlik in 'n leeuhok in waar iemand gaan se: "Hey, ek sokkie heel naweek by Loftus met my double cab! En ek is SLIM!". Dis OK, ek verstaan, daars altyd 'n uitsondering. Ek's ene, sien?

Hoe voel ander oor dit? Ook so gereed om die titel op te gee? Is dit net ek?
Rigil Kent (May 06, 2009, 16:27:23 PM):
Hello BoogieMonster! ;D

Het jy onlangs 'n ateïs geword?

My ondervinding was dat waneer jy besef dat jy jou geloof verloor het, jy 'n ruk lank (miskien 'n jaar of twee) so half obsessief en hipersensitief raak daaroor. Jy dink baie meer oor die Bybel en Christendom as ooit tevore. En jy raak kortaf met jou vriende. Dis of jy elke vyf minute daaroor tob, en die implikasies van jou ateïsme voel of dit jou hele lewe gaan oorheers. Jy raak bekommerd dat ander mense gaan uitvind, wat hulle te se gaan he, en dat jy vriende en besigheid gaan verloor. Aan die begin is daar selfs die knaende vrees dat jy dalk verkeerd is. My vrees vir die hel kon ek eers onlangs afskud, en miskien ook nie eers heeltemal nie. Miskien is dit 'n bietjie soos depressie. Ek dink nie mens se bevryding van geloof is eensklaps nie. Godsdiens word aangeleer, en dus moet dit ont-leer word. Die dag wat jy besef jy is ongelowig, is nie die einde nie, maar slegs die begin. Nou moet jy nog van al die emosionele bagasie afgooi. Ek glo net skeptisisme, rede, logika en 'n goeie klomp interessante stokpertjies kan dit teweeg bring. Dit neem tyd. En hoe meer rede jy toelaat om oor te neem, hoe minder vrees sal jy he vir relegie, en sy aanhangers.

So lees wetenskap boeke. Praat met mense wat jou siening deel. Dink oor hoekom goeters is soos dit is. Sluit aan by die skaakklub. Gaan scuba duik, of wat jou ook al in verwondering na die natuur sal laat staar. Wees skepties oor geloof en dring aan op bewyse. Rede sal stadig maar seker oorneem. En voel vry om goed te voel oor jou ateïsme. Dis die natuurlike staat. Jy was 'n ateïs gebore. Jou Christenskap is eers later aangeleer.

Maar ek kan nie met jou saamstem dat die Afrikaners noodwendig nog so homogeen is as 'n klompie jare gelede nie. Dinge verander vinnig. Kyk vir ikone Nataniel, en ja, selfs Steve for that matter. Wat is so tipies Afrikaner aan hulle? Ek dink die Afrikanerdom beleef 'n bloeifase van individualiteit en self-uitdrukking soos nog nooit. Gaan besoek die KKNK as jy my nie glo nie. Somige dinge soos ateïsme kan miskien nog vir 'n rukkie taboo bly, maar so what? Wees 'n pionier vir rede. Alles verander. En diegene wat jou nie wil aanvaar omdat jy verkies om jou kop te gebruik nie, se m**r.

Baie welkom by die forum. :)

Mintaka

Mefiante (May 06, 2009, 16:28:27 PM):
Hallo, en welkom by die forum!

Ek dink dat die eerste ding om te besef is dat sulke gevoelens nie net tot Afrikaners beperk is nie. Mens kry ooral buitestaanders wat diep in hulself ongemaklik voel met hul medemense.

Daar is myns insiens geen oplossing vir die toestand nie. ’n Mens moet maar probeer om die ongemaklikheid te verminder deurdat jy dinge doen wat jou vreugde gee: lees, fliek, skryf, of watookal. En ook om die oomblikke met andere te waardeer wanneer die verskille nie tussen julle groot en breed staan nie; d.w.s. saam dinge doen en geniet. Laastelik, om jouself en jou oortuigings getrou te bly.

Jammer, ek klink nou sommer soos ’n vaak self-hulp boek.

'Luthon64
BoogieMonster (May 06, 2009, 16:54:15 PM):
Het jy onlangs 'n ateïs geword?

Nie rerig nie, nee. Ek's 'n hele paar jaar laas in 'n kerk gewees (troues uitgesluit). Ek sou myself agnosties genoem het aan die begin, maar definitief meer aan die ateïstiese kant. Ek het net die beskrywing 'n ruk terug verander. Ek sou nie se dit het my sienswyses rerig verander nie. Miskien so, 5-6 jaar? So iets.

Quote
My ondervinding was dat waneer jy besef dat jy jou geloof verloor het, jy 'n ruk lank (miskien 'n jaar of twee) so half obsessief en hipersensitief raak daaroor. Jy dink baie meer oor die Bybel en Christendom as ooit tevore. En jy raak kortaf met jou vriende. Dis of jy elke vyf minute daaroor tob, en die implikasies van jou ateïsme voel of dit jou hele lewe gaan oorheers.

Kan nie se ek stem rerig daarmee saam nie... miskien verwar ons twee idees hier...... die idee van my afrikaner kultuur vs. ateïsme?

Quote
Jy raak bekommerd dat ander mense gaan uitvind, wat hulle te se gaan he, en dat jy vriende en besigheid gaan verloor.

Nie so seer gaan verloor nie, my vriende en besigheids kennisse weet (waar dit ter sake is natuurlik). My enigste vrees is oor emosionele stres wat ek my familie in kan plaas, sou hulle die konsep ontwikkel dat ek "hel" toe sal gaan, en nog meer om te keer dat hulle my probeer "red".

Quote
Aan die begin is daar selfs die knaende vrees dat jy dalk verkeerd is. My vrees vir die hel kon ek eers onlangs afskud, en miskien ook nie eers heeltemal nie. Miskien is dit 'n bietjie soos depressie. Ek dink nie mens se bevryding van geloof is eensklaps nie. Godsdiens word aangeleer, en dus moet dit ont-leer word. Die dag wat jy besef jy is ongelowig, is nie die einde nie, maar slegs die begin.

Inderdaad. Het my jare gevat om al my denkwyses heeltemal af te leer.

Quote
So lees wetenskap boeke. Praat met mense wat jou siening deel. Dink oor hoekom goeters is soos dit is. Sluit aan by die skaakklub. Gaan scuba duik, of wat jou ook al in verwondering na die natuur sal laat staar.

Ek het genoeg stokperdjies om 'n .... uhm.... buitehuisie te vul. Geen gevaar dat ek rondsit en tulp nie. Die lewe is kort en daars dinge om te doen. ;D

Quote
Maar ek kan nie met jou saamstem dat die Afrikaners noodwendig nog so homogeen is as 'n klompie jare gelede nie. Dinge verander vinnig. Kyk vir ikone Nataniel, en ja, selfs Steve for that matter. Wat is so tipies Afrikaner aan hulle? Ek dink die Afrikanerdom beleef 'n bloeifase van individualiteit en self-uitdrukking soos nog nooit. Gaan besoek die KKNK as jy my nie glo nie.

Laaste plek waar jy my sou aantref. Sekerlik verstaan ek dan die plek verkeerd. My ondervinding is dan anders as joune....

Was die polisiekarre nie 'n ruk terug van die fees belet omdat dit mense so omgekrap het nie? Het dalk die kat aan die stert beet maar ek weet dit was 'n "issue". Maybe 'n ander fees.... volg nie die kultuur dinge nie, soos jy seker kan dink.
BoogieMonster (May 06, 2009, 17:33:28 PM):
Goed ek het dit gaan navors, daars was sprake van maar hulle is op die ou-einde toegelaat om te speel.

Ek kom toe ook op hierdie lirieke af:
http://www.fokofpolisiekar.za.net/lyrics/antibiotika.php#01

Video:



Klink baie soos wat ek probeer se, ek moet erken....

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page