South Africa Flag logo

South African Skeptics

July 23, 2014, 10:02:32 AM
Welcome, Guest. Please login or register.
Did you miss your activation email?

Login with username, password and session length
Go to mobile page.
News: Follow saskeptics on twitter.
   
   Skeptic Forum Board Index   Help Forum Rules Search GoogleTagged Login Register Chat Blogroll  
Pages: [1] 2  All   Go Down
  Print  
Author Topic:

Afrikaner wees?

 (Read 4370 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
BoogieMonster
NP complete
Hero Member
*****

Skeptical ability: +17/-1
Offline Offline

Posts: 2035



« on: May 06, 2009, 15:17:35 PM »

Hi mense, ek is 'n ateïs. (Eerste keer wat ek dit moes tik...)

Dis snaaks dat ek seker nooit gedink het ek sal hierdie emosie moet hanteer nie. Maar ek voel baie soos 'n gay mens wat in die closet lewe, circa 1980. Of kom ons se, iemand wat VIGS het maar niemand daarvan sê nie. 'n Melaatse in die beloofde land.... Die punt is ek is mostly-closeted oor my geloof. Van my vriende weet ek het geen geloof nie. Maar my geboorte-gesin en uitgebreide familie, het nie 'n clue nie. Ek is maar net die ou wat nie so gereeld (nooit) kerk toe gaan nie, en dus elke nou en dan 'n klik van die tong verdien.

So, 'n goddelose heidin wat skuil in die nasie van god. Of so iets. Dis 'n alleen lewe, met nie te veel plek om jou frustrasies te vent nie. Goed dan om hierdie forum so 'n rukkie terug te ontdek. En ekstra goed om Afrikaners hier te sien.

Ek het 'n ruk terug aan my ouers gesê (sonder om godsdiens te noem), dat ek my Afrikaner kaart liewer iewers wil gaan ingee. En net 'n mens wees vir 'n slag. Ek's rerig moeg om ingeneuk te word by die spul. Daars die godsdiens ding, en, ek's jammer as dit aanstoot bring, maar boere-sokkie-treffers, "Dis hoe dit is met Steve", double-cabs, en bull games by Loftus gee vir my 'n enorme gevoel dat ek sekerlik nie deel kan wees van hierdie nasie nie. Of wil wees nie.

Ek loop nou natuurlik sekerlik in 'n leeuhok in waar iemand gaan se: "Hey, ek sokkie heel naweek by Loftus met my double cab! En ek is SLIM!". Dis OK, ek verstaan, daars altyd 'n uitsondering. Ek's ene, sien?

Hoe voel ander oor dit? Ook so gereed om die titel op te gee? Is dit net ek?
Logged
Rigil Kent
Clotting Factor
Hero Member
*****

Skeptical ability: +17/-1
Offline Offline

Posts: 1975


Tyd verklap alles


« Reply #1 on: May 06, 2009, 16:27:23 PM »

Hello BoogieMonster! Grin

Het jy onlangs 'n ateïs geword?

My ondervinding was dat waneer jy besef dat jy jou geloof verloor het, jy 'n ruk lank  (miskien 'n jaar of twee) so half obsessief en hipersensitief raak daaroor. Jy dink baie meer oor die Bybel en Christendom as ooit tevore. En jy raak kortaf met jou vriende.  Dis of jy elke vyf minute daaroor tob, en die implikasies van jou ateïsme voel of dit jou hele lewe gaan oorheers. Jy raak bekommerd dat ander mense gaan uitvind, wat hulle te se gaan he, en dat jy vriende en besigheid gaan verloor. Aan die begin is daar selfs die knaende vrees dat jy dalk verkeerd is. My vrees vir die hel kon ek eers onlangs afskud, en miskien ook nie eers heeltemal nie. Miskien is dit 'n bietjie soos depressie. Ek dink nie mens se bevryding van geloof is eensklaps nie. Godsdiens word aangeleer, en dus moet dit ont-leer word. Die dag wat jy besef jy is ongelowig, is nie die einde nie, maar slegs die begin. Nou moet jy nog van al die emosionele bagasie afgooi. Ek glo net skeptisisme, rede, logika en 'n goeie klomp interessante stokpertjies kan dit teweeg bring.  Dit neem tyd. En hoe meer rede jy toelaat om oor te neem, hoe minder vrees sal jy he vir relegie, en sy aanhangers.

So lees wetenskap boeke. Praat met mense wat jou siening deel. Dink oor hoekom goeters is soos dit is. Sluit aan by die skaakklub. Gaan scuba duik, of wat jou ook al in verwondering na die natuur sal laat staar. Wees skepties oor geloof en dring aan op bewyse. Rede sal stadig maar seker oorneem.  En voel vry om goed te voel oor jou ateïsme. Dis die natuurlike staat. Jy was 'n ateïs gebore. Jou Christenskap is eers later aangeleer.

Maar ek kan nie met jou saamstem dat die Afrikaners noodwendig nog so homogeen is as 'n klompie jare gelede nie. Dinge verander vinnig. Kyk vir ikone Nataniel, en ja, selfs Steve for that matter. Wat is so tipies Afrikaner aan hulle? Ek dink die Afrikanerdom beleef 'n bloeifase van individualiteit en self-uitdrukking soos nog nooit. Gaan besoek die KKNK as jy my nie glo nie. Somige dinge soos ateïsme kan miskien nog vir 'n rukkie taboo bly, maar so what? Wees 'n pionier vir rede. Alles verander. En diegene wat jou nie wil aanvaar omdat jy verkies om jou kop te gebruik nie, se m**r.

Baie welkom by die forum.  Smiley

Mintaka

Logged
Mefiante
Defollyant Iconoclast
Hero Member
*****

Skeptical ability: +51/-8
Offline Offline

Posts: 3322


In solidarity with rwenzori: Κοπρος φανεται


WWW
« Reply #2 on: May 06, 2009, 16:28:27 PM »

Hallo, en welkom by die forum!

Ek dink dat die eerste ding om te besef is dat sulke gevoelens nie net tot Afrikaners beperk is nie.  Mens kry ooral buitestaanders wat diep in hulself ongemaklik voel met hul medemense.

Daar is myns insiens geen oplossing vir die toestand nie.  ’n Mens moet maar probeer om die ongemaklikheid te verminder deurdat jy dinge doen wat jou vreugde gee: lees, fliek, skryf, of watookal.  En ook om die oomblikke met andere te waardeer wanneer die verskille nie tussen julle groot en breed staan nie; d.w.s. saam dinge doen en geniet.  Laastelik, om jouself en jou oortuigings getrou te bly.

Jammer, ek klink nou sommer soos ’n vaak self-hulp boek.

'Luthon64
Logged
BoogieMonster
NP complete
Hero Member
*****

Skeptical ability: +17/-1
Offline Offline

Posts: 2035



« Reply #3 on: May 06, 2009, 16:54:15 PM »

Het jy onlangs 'n ateïs geword?

Nie rerig nie, nee. Ek's 'n hele paar jaar laas in 'n kerk gewees (troues uitgesluit). Ek sou myself agnosties genoem het aan die begin, maar definitief meer aan die ateïstiese kant. Ek het net die beskrywing 'n ruk terug verander. Ek sou nie se dit het my sienswyses rerig verander nie. Miskien so, 5-6 jaar? So iets.

Quote
My ondervinding was dat waneer jy besef dat jy jou geloof verloor het, jy 'n ruk lank  (miskien 'n jaar of twee) so half obsessief en hipersensitief raak daaroor. Jy dink baie meer oor die Bybel en Christendom as ooit tevore. En jy raak kortaf met jou vriende.  Dis of jy elke vyf minute daaroor tob, en die implikasies van jou ateïsme voel of dit jou hele lewe gaan oorheers.

Kan nie se ek stem rerig daarmee saam nie... miskien verwar ons twee idees hier...... die idee van my afrikaner kultuur vs. ateïsme?

Quote
Jy raak bekommerd dat ander mense gaan uitvind, wat hulle te se gaan he, en dat jy vriende en besigheid gaan verloor.

Nie so seer gaan verloor nie, my vriende en besigheids kennisse weet (waar dit ter sake is natuurlik). My enigste vrees is oor emosionele stres wat ek my familie in kan plaas, sou hulle die konsep ontwikkel dat ek "hel" toe sal gaan, en nog meer om te keer dat hulle my probeer "red".

Quote
Aan die begin is daar selfs die knaende vrees dat jy dalk verkeerd is. My vrees vir die hel kon ek eers onlangs afskud, en miskien ook nie eers heeltemal nie. Miskien is dit 'n bietjie soos depressie. Ek dink nie mens se bevryding van geloof is eensklaps nie. Godsdiens word aangeleer, en dus moet dit ont-leer word. Die dag wat jy besef jy is ongelowig, is nie die einde nie, maar slegs die begin.

Inderdaad. Het my jare gevat om al my denkwyses heeltemal af te leer.

Quote
So lees wetenskap boeke. Praat met mense wat jou siening deel. Dink oor hoekom goeters is soos dit is. Sluit aan by die skaakklub. Gaan scuba duik, of wat jou ook al in verwondering na die natuur sal laat staar.

Ek het genoeg stokperdjies om 'n .... uhm.... buitehuisie te vul. Geen gevaar dat ek rondsit en tulp nie. Die lewe is kort en daars dinge om te doen.   Grin

Quote
Maar ek kan nie met jou saamstem dat die Afrikaners noodwendig nog so homogeen is as 'n klompie jare gelede nie. Dinge verander vinnig. Kyk vir ikone Nataniel, en ja, selfs Steve for that matter. Wat is so tipies Afrikaner aan hulle? Ek dink die Afrikanerdom beleef 'n bloeifase van individualiteit en self-uitdrukking soos nog nooit. Gaan besoek die KKNK as jy my nie glo nie.

Laaste plek waar jy my sou aantref. Sekerlik verstaan ek dan die plek verkeerd.  My ondervinding is dan anders as joune....

Was die polisiekarre nie 'n ruk terug van die fees belet omdat dit mense so omgekrap het nie? Het dalk die kat aan die stert beet maar ek weet dit was 'n "issue". Maybe 'n ander fees.... volg nie die kultuur dinge nie, soos jy seker kan dink.
Logged
BoogieMonster
NP complete
Hero Member
*****

Skeptical ability: +17/-1
Offline Offline

Posts: 2035



« Reply #4 on: May 06, 2009, 17:33:28 PM »

Goed ek het dit gaan navors, daars was sprake van maar hulle is op die ou-einde toegelaat om te speel.

Ek kom toe ook op hierdie lirieke af:
http://www.fokofpolisiekar.za.net/lyrics/antibiotika.php#01

Video:



Klink baie soos wat ek probeer se, ek moet erken....
Logged
Rigil Kent
Clotting Factor
Hero Member
*****

Skeptical ability: +17/-1
Offline Offline

Posts: 1975


Tyd verklap alles


« Reply #5 on: May 06, 2009, 18:13:40 PM »

Quote
My enigste vrees is oor emosionele stres wat ek my familie in kan plaas, sou hulle die konsep ontwikkel dat ek "hel" toe sal gaan, en nog meer om te keer dat hulle my probeer "red".

Ja-nee dis baie waar, en 'n taai een. Ek weet nie of daar 'n self-help antwoord is nie. Maar dit wys net weer watse probleme godsdiens vir mens kan bring.

Quote
Was die polisiekarre nie 'n ruk terug van die fees belet omdat dit mense so omgekrap het nie?

Net die feit dat die polisiekarre vandag  bestaan, of hulle nou mense omkrap of nie, is mos 'n teken van verandering, nie so nie?

Quote
Laaste plek waar jy my sou aantref. Sekerlik verstaan ek dan die plek verkeerd.  My ondervinding is dan anders as joune....

Is jy seker jy was by al die biltongstalletjies? Somige van daai spices is rerig radikaal! Wink

Mintaka
Logged
Jane of the Jungle
Full Member
***

Skeptical ability: +4/-0
Offline Offline

Posts: 235



« Reply #6 on: May 07, 2009, 00:03:28 AM »

Goeie naand almal, my naam is Jane en ek is 'n "AttieJis" Grin (Psst waar de ... kry jul die lees tekens  Huh?)

Hi Boogie en almal, ek moet ook se, ek het nog nooooit vir iemand genoem dat ek die groot "A" woord is nie!  Ek is seker daarvan vir hul is dit "all the same as"
= Anti christen of satan/satanis!  Ek het ook 'n hele paar jaar gelede dieper begin dink, vrae gevra en nie die antwoorde gekry wat sin gemaak het nie. 'n Paar maande gelede die "google" ding begin doen, vir meer antwoorde.  Ja, Ja, sal mens "party" mense hoor se, die internet is "evil" maar ek dink dit is net 'n dom persoon wat een "site" sal bekyk en besluit "thats the way to go"  sommige mense sal dit natuurlik nie so insien nie Wink

Ek het gister 'n "post" van iemand gesien,  Huh? kry dit ongelukkig nie nou gou genoeg nie maar, ek dink dit kan "Anacoluthon64" wees wat dit geplaas het.  Baie naby aan wat my sienswyse van die lewe nou is:  Leef jou hart uit, wys jou Liefde aan jou geliefde, spandeer tyd saam met hul, respekteer hul, ag man, waardeer net die tyd wat jy saam hul kan wees  Smiley "Because what you see is what you've got"  Daar is nie nog opmaak vir als in "Heaven" nie, want ons weet daar is nie so iets nie.  Ek wens soooooo dat meer mense "Dit" kan besef. (praat nou van "theists")   

Boogie ek verstaan jou bekommernis oor jou familie, maar mag ek vra, praat jy van jou gesin of die hele familie?  Is jy getroud en as jy is, aanvaar jou gesin die nuwe Boogieman? Smiley  (jammer as dit te persoonlik is, laat dit eerder uit)

Ek het al met my man en dan ook met twee van my familie lede daaroor gepraat.  Vir hul ‘n paar redes gegee oor hoekom ek voel soos ek voel, ‘n paar vrae gevra (wat hul nie Kon antwoord nie) en toe mooi sagkuns verduidelik dat ek steeds dieselfde “ek” is en dat hul regtig nie bekommerd moet wees oor my „siel“ nie en ook nie ′n satanis is nie.
(as dit regtig hul grootste vrees sou wees) 

My lewe het regtig soos dag by nag verander nadat ek die groot boek neergele het, rustiger, meer rationeel en realisties.  Dit voel of daar ‘n berg van my skouers af is.

Maar …….ek moet se, dit is waar wat jy daar se “Mintaka”  EK het nog daardie obsessie
Oor die geloof ding, wil net notas maak van al die bewyse wat opduik, net vir ingeval ek dit moet gebruik vir ammunisie!  (Ek hoop wragtie nie dit gaan 2 jaar neem om oor te waai nie)  Maar ek moet se, my kop voel nou soos ′n spons, wil net informasie in neem en in neem.  My grootste wens is, dat ek 20 jaar gelede die dinge kon uitvind, die lewe kon soveel anders wees!  Vir hierdie rede, hoop ek regtig dat veel meer jong mense
vroeg al geleer word om rasioneel te dink en oopkop deur die lewe te gaan!

PS. Boogie jy kan bly wees jy het nie nodig gehad om kerk toe gaan vir ′n paar jaar nie,
jy verstaan nie die frustrasie van, om in ′n kerk te sit, jou oe toe te hou terwyl die dominee die grootste klomp &%%$ kwyt raak en hoe damn moeilik dit is om jou ogies nie in jou kaste rond te rol nadat hy vir die sesde keer in 10 minute dieselfde &%%$ herhaal „just 4 incase“ nie Roll Eyes
Logged
BoogieMonster
NP complete
Hero Member
*****

Skeptical ability: +17/-1
Offline Offline

Posts: 2035



« Reply #7 on: May 07, 2009, 00:18:30 AM »

Psst waar de ... kry jul die lees tekens

As jy windows gebruik: Start->Programs->Accessories->System Tools->Character Map

Quote
Ek is seker daarvan vir hul is dit "all the same as" = Anti christen of satan/satanis!

En moenie vergeet van die Boogie Man nie. (En daarvandaan, die naam)

Quote
Boogie ek verstaan jou bekommernis oor jou familie, maar mag ek vra, praat jy van jou gesin of die hele familie?  Is jy getroud en as jy is, aanvaar jou gesin die nuwe Boogieman? Smiley  (jammer as dit te persoonlik is, laat dit eerder uit)

Nee ek's nie getroud nie. Met "gesin" verwys ek na my ouers en broers/susters.
Ek gaan met 'n girl uit wat, alhoewel gelowig, nie rerig kerkmens is nie, en my standpunt heeltemal verstaan.

Quote
My grootste wens is, dat ek 20 jaar gelede die dinge kon uitvind, die lewe kon soveel anders wees!  Vir hierdie rede, hoop ek regtig dat veel meer jong mense vroeg al geleer word om rasioneel te dink en oopkop deur die lewe te gaan!

Hulle gaan dit ongelukkig, soos ons, meestal vir hulself moet uitwerk.

Quote
PS. Boogie jy kan bly wees jy het nie nodig gehad om kerk toe gaan vir ′n paar jaar nie,
jy verstaan nie die frustrasie van, om in ′n kerk te sit, jou oe toe te hou terwyl die dominee die grootste klomp &%%$ kwyt raak en hoe damn moeilik dit is om jou ogies nie in jou kaste rond te rol nadat hy vir die sesde keer in 10 minute dieselfde &%%$ herhaal „just 4 incase“ nie Roll Eyes

Dit was 'n moeilike stap. Ek was nog gereeld by my ouers, en moes mooi trippel om te verseker ek's nog "op die goeie pad". Uhm, ja, ek het gelieg om uit dit uit te kom. My punt is, dit was nie maklik, maar ek moes dit doen vir daai selfde rede. Jy sit skielik in daai plek met 'n hele ander stel oë.
Logged
Jane of the Jungle
Full Member
***

Skeptical ability: +4/-0
Offline Offline

Posts: 235



« Reply #8 on: May 07, 2009, 11:35:01 AM »

Quote
As jy windows gebruik: Start->Programs->Accessories->System Tools->Character Map


Ok kewl, jip ek weet waar om dit te gebruik in Windows, net gedink jul tik sommer dadelik in die reply venstertjie  Roll Eyes anders gaan dit maar mal so tussen die  ge- "cut" en "paste" tussen die programme, maar ek sal dit eerder maar volgende keer so doen Smiley

Ek moet sê, as mens getroud is en al kinders het, plaas dit mens in 'n redelikke moeilike situasie wanneer jy dan eers „de-convert“.  Eie familie, skoon familie, kinders en jou egenoot is in die prentjie en dit maak dit regtig 'n baie moeilik situasie en ek glo so iets
het al en kan ook in die toekoms baie families uit mekaar skeur. In meeste van die gevalle wat ek op die internet teegekom het, was dit die mans wat eerste die „ontdekking“ gemaak het en sy vrou wat dan oortuig moes word.  In my geval anders om.  Wat sleg is vir my, is die feit dat „geloof“ juis „vir“ hegte familie en gesins bande staan en wanneer een persoon sy lewe verander, hul bereid is om hom weg te stoot, terwille van hul geloof!!! 
My vraag is net:
Is hul bereid om die kans te staan om hel toe te gaan deur so 'n daad?(volgens hul geloof)'n Egenoot wat bereid is om sy gesin op te offer, ‘n Ouer wat bereid is om sy kind op te offer, ‘n Kind wat bereid is om sy ouers op te offer en of ‘n familie wat een persoon uit sy familie te “abandon” Hoe regverdig hul dit?
As hul die situasie mooi oorweeg, sal hul sien hoe onrealisties hul geloof is!
Logged
Rigil Kent
Clotting Factor
Hero Member
*****

Skeptical ability: +17/-1
Offline Offline

Posts: 1975


Tyd verklap alles


« Reply #9 on: May 07, 2009, 13:24:01 PM »



Quote
'n Egenoot wat bereid is om sy gesin op te offer, ‘n Ouer wat bereid is om sy kind op te offer, ‘n Kind wat bereid is om sy ouers op te offer en of ‘n familie wat een persoon uit sy familie te “abandon” Hoe regverdig hul dit?

Deur die instruksies in die handboek te volg natuurlik:

2 KORINTIËRS 6:14
Moenie met ongelowiges in dieselfde juk trek nie. Hoe kan daar vennootskap wees tussen reg en onreg? Hoe kan daar gemeenskap wees tussen lig en duisternis?

Mintaka
Logged
Jane of the Jungle
Full Member
***

Skeptical ability: +4/-0
Offline Offline

Posts: 235



« Reply #10 on: May 07, 2009, 16:43:00 PM »



Deur die instruksies in die handboek te volg natuurlik:

2 KORINTIËRS 6:14
Moenie met ongelowiges in dieselfde juk trek nie. Hoe kan daar vennootskap wees tussen reg en onreg? Hoe kan daar gemeenskap wees tussen lig en duisternis?

Mintaka

So wat wil jy vir iemand soos ek sê Mintaka? “I’m Doomed”

Ek staan ‘n kans om meeste van die mense in my lewe, wie vir my kosbaar is te verloor OF om voor te gee dat ek in hul god glo, om almal die verdriet te spaar?   Daar nie erens ander in die bybel ‘n versie wat dit weerspreek nie?  Embarrassed
Daar is reeds soveel van hul beskikbaar, moet maar bietjie huiswerk doen die kant lol
Het jy toe na die links op die Recommended kant gekyk?
Logged
BoogieMonster
NP complete
Hero Member
*****

Skeptical ability: +17/-1
Offline Offline

Posts: 2035



« Reply #11 on: May 07, 2009, 16:49:27 PM »

Natuurlik, so kan 'n situasie ontwikkel waar almal vir mekaar lieg maar niemand dit eintlik glo nie.
Logged
Rigil Kent
Clotting Factor
Hero Member
*****

Skeptical ability: +17/-1
Offline Offline

Posts: 1975


Tyd verklap alles


« Reply #12 on: May 07, 2009, 18:24:50 PM »

Quote
So wat wil jy vir iemand soos ek sê Mintaka? “I’m Doomed”

Nee wat, ek glo darm nie. My post was eintlik bietjie tong-in-die-kies, dalk ongevraagd. Baie mense het 'n wonderlike slag om enigiets wat hulle rerig wil doen op een of ander manier te regverdig deur o.a. willekeurig te pluk uit die groot versieboom. Byvoorbeeld,
Quote
DEUTERONOMIUM 14:8
Dit geld ook van die vark: hy het wel gesplete kloue maar hy herkou nie. Hy is vir julle onrein. Julle mag nie die vleis van hierdie diere eet of selfs aan hulle karkasse raak nie.

 is tog 'n heel duidelike instruksie om varkvleis te vermy, maar ek ken Christene wat net so lekker daaraan wegle as ekself.

Op een of ander manier regverdig hulle bacon-and-banana toebroodjies sonder te veel serebrale inspanning, hetsy deur 'n meer gunstige versie aan te haal, of so 'n biejie interpretende teologie te beoefen. (Blykbaar, soos ek dit verstaan, het die Ou Testamentiese wette ongeldig geword na die koms van Christus. O ja, behalwe jy mag nog steeds nie steel nie.)

Elkgeval, die punt is dit: Mense vind 'n manier om te doen net wat hulle wil binne die raamwerk van 21ste eeuse wetgewing, ten spyte van hul goddelike instruksieboek. 

So as die familie 'n hegte band het, een van vele goeie dinge van Afrikanerdom, sal hulle heel moontlik die gewaande stres van 'n ateistiese familielid baie gou oorkom sodat skeuring nie plaasvind nie. Indien nie, was daar reeds groter probleme aan boord as die ongelowige.

Nie die engste Christen kan dit meer bekostig om die Bybel letterlik te interpreteer, en nog hoop om in vandag se samelewing in te pas nie.

Ek is dus versigtig optimisties dat ons families ons ateisme sal oorleef, en wel vir dieselfde rede dat hulle ham pizzas geniet.

Mintaka
« Last Edit: May 07, 2009, 18:50:43 PM by Mintaka » Logged
Jane of the Jungle
Full Member
***

Skeptical ability: +4/-0
Offline Offline

Posts: 235



« Reply #13 on: May 07, 2009, 20:49:11 PM »

Quote
Nee wat, ek glo darm nie. My post was eintlik bietjie tong-in-die-kies, dalk ongevraagd.

Dis kewl ek isi kwati  Grin  (net gewonder of ek moet begin tas pak en 'n "one way ticket"
uuuuhhhhmmm Siberia toe moet koop Wink

Quote
(Blykbaar, soos ek dit verstaan, het die Ou Testamentiese wette ongeldig geword na die koms van Christus. O ja, behalwe jy mag nog steeds nie steel nie.)
 

Steeds nie???  Angry

Sal dit regtig baie geniet om in mense soos jul, se geselskap te wees so nou en dan.  Jul laat die gemeenskap om my so bietjie bleek lyk  Wink
Logged
BoogieMonster
NP complete
Hero Member
*****

Skeptical ability: +17/-1
Offline Offline

Posts: 2035



« Reply #14 on: May 07, 2009, 23:10:46 PM »

Quote
Ek moet sê, as mens getroud is en al kinders het, plaas dit mens in 'n redelikke moeilike situasie wanneer jy dan eers „de-convert“.

Ek is nogal nuuskierig. Oe presies vertel mens jou kinders dat jy nou besef jy't hulle nie die waarheid vertel nie? Of het jy dit nog nie probeer nie?

Quote
In meeste van die gevalle wat ek op die internet teegekom het, was dit die mans wat eerste die „ontdekking“ gemaak het en sy vrou wat dan oortuig moes word.

Ek ken 'n paartjie wat een van die dae trou. Die dame is agnosties, en wil graag net gaan teken by die hof, en die man wil graag 'n kerktroue hê, want hy is natuurlik 'n gelowige. Nie baie erg nie, maar dis daar. In elk geval, dis net een geval waarvan ek weet, en ek dink nie dis baie volop nie.

In verband met die character map, hier's 'n wenk:
As jy die karakter kry wat jy soek, klik op dit, en kyk links-onder aan die venster. Daar staan "Keystroke: " gevolg deur 'n kombinasie. Jy kan dit gebruik om die letters te "tik" sonder om weer character map te hoef oopmaak. Bv. Ek hou ALT in en tik 0234. Dan kom 'n "ê" uit.
Logged
Pages: [1] 2  All   Go Up
  Print  


 
Jump to:  

Powered by SMF 1.1.11 | SMF © 2006-2009, Simple Machines LLC
Page created in 0.451 seconds with 23 sceptic queries.
Google visited last this page July 17, 2014, 04:30:03 AM
Privacy Policy