As hy weer kom...

<< < (4/6) > >>

Faerie (May 20, 2010, 12:33:57 PM):
Sal steeds interesant wees om te hoor hoe Atheïs ouers die indoktrinasie by kleuterskole sou hanteer. Omdat 'n kind se ontwikkelings jare verskriklik belangrik is, wil mens juis hê dat hul gedurende daardie tydperk stabiel en geballanseerd onderrig moet word. Tuis onderrig is buite die kwessie, want hul moet ook in kontak met ander kinders hul ouderdom kom en soveel te meer indien dit ‘n enigste kind is. (Indien iemand al op ‘n ander “site” daaroor gelees het, praat ek luister ;) )


Ek het eenvoudig net seker gemaak dat hulle verstaan dat die bybel stories onder dieselfde klassifikasie as feeverhale val. Ek het geen probleme daarmee opgetel nie, Noag se ark is 'n GREAT feeverhaaltjie. As hulle Thomas die Tank engine kan ontgroei omdat dit onder 'n storie geklassifiseer is, dan kan hulle bybel stories op dieselfde manier ontgroei. Ek het niks gestir in hulle gedagtes dat daar grootmense is wat genuine GLO in die stories nie. By die tyd dat hulle begin agterkom het dat ander mense bid en ons nie, en vrae begin vra het, was hulle oud genoeg om die verskil tussen 'n storie en logika te begin verstaan. Soos met stories op die tv, het ek die keuse geplaas - "Do YOU think its real or does it seem to be a story?" Ek wou he hulle moes self besluit (met so bietjie prodding na die rigting wat logies is).

Een ding wat ek wel met die kleintjies vinnig besef het, is dat ander grootmense NIE moet weet dat jy jou kinders sekuler grootmaak nie, hulle konsentreer dan op die arme kind en probeer JOU werk as ouer oorvat want hulle dink jy maak die bloedjie goddeloos groot.
StevoMuso (May 21, 2010, 00:21:14 AM):
Een ding wat ek wel met die kleintjies vinnig besef het, is dat ander grootmense NIE moet weet dat jy jou kinders sekuler grootmaak nie, hulle konsentreer dan op die arme kind en probeer JOU werk as ouer oorvat want hulle dink jy maak die bloedjie goddeloos groot.
Gelukkig is babatjies goddeloos gebore, veral so 'n "handsome" een. Geluk Cyghost.
Watookal (May 21, 2010, 10:01:07 AM):
Geluk cyghost-gesin. Die skool, ens. worries sal binnekort vanself verplaas word deur moegheid. :) Ek glo mens dink jy weet wat ware liefde is (vir 'n vrou en familie en so aan), maar die dag wat jy jou babatjie vashou dan weet jy vir die eerste keer wat dit is om onvoorwaardelik lief te wees. Weereens baie geluk.
Jane of the Jungle (May 21, 2010, 10:30:11 AM):
Jy is reg Faerie, goeie idee om hul van kleins af te laat verstaan dat dit vergelyk kan word met fee verhale of dan mietes later van tyd. As hul deur die Tandmuis en Kersvader kan sien, kan hul ook oor die kom.

Een ding wat ek wel met die kleintjies vinnig besef het, is dat ander grootmense NIE moet weet dat jy jou kinders sekuler grootmaak nie, hulle konsentreer dan op die arme kind en probeer JOU werk as ouer oorvat want hulle dink jy maak die bloedjie goddeloos groot.

....maaaar die gedeelte maak my dimur in oor die hele situasie (wtf!!)

As my geheu my nie in die steek laat nie, kon ek sweer daar is in die christendom se geskiedenis 'n "ge-moan en groan" oor verdrukking van gelowiges. Hul self kan nie verdruk word nie, maar hul weet damn goed hoe om dit toe te pas en dit ......ook nog klein kindertjies wat hulself nie teen volwassenes KAN verdedig nie!!!

Ek het op hierdie website afgekom, waar daar miskien antwoorde vir ouers met jong kindertjies kan wees:
http://www.lornacollier.com/Atheistparenting.html

(O ja Cyghost ekt nie geweet dis jou eerste kiddy nie, net gewonder of jy of enige iemand hier rond op die stadium ‘n kiddy in kleuterskool het. Indien dit jou eerste is, het jy darm nog heelwat tyd tot jou beskikking ;) )
Faerie (May 21, 2010, 10:55:45 AM):
Junne, daar le nog baie baklei voor.... maar dis soms nogal lekker baklei. Onderwysers (sorry as daar enige hier is want ek veralgemeen WEER EENS) is nie altyd van die brightest sparkplugs nie....

Ek het verlede week 'n "gesprek" met 'n onderwyseres gehad omdat my jongste 'n projek oor "Auras" moes inhandig. I mean REALLY????? (wtf!!)

Haar logika... menslike auras kan vergelyk word met die aarde se Auroras (Borealis/Australis) en sy wou dit uitwys aan die kinders. Watse TWAK!!!! Hy't 'n projek (met prentjies) oor die Borealis ingehandig. (en 94% gekry)

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page