As hy weer kom...

<< < (6/6)

Brian (May 21, 2010, 16:58:57 PM):
en dan blameer die familie seker nog oupa ook.

Dis die beste van 'n kak storie...my familie het hegter saam getrek en ons is vandag nog baie heg veral ek en my oudste dogter wiese kind dit was...die enigste bliksems wat blaam toegedeel het was sekere xtians...fok! en bygevoeg...omdat ek 'n ateis is was dit my verdiende loon!!.... >:(

Jirre Brian. Dit is 'n verskriklike hartseer storie. :( Innige empatie man.

Ek moet sê ek hou myne soos 'n valk dop en enige bewegingtjie of geluidjie word fyn geanaliseer. Ek sal seker êrens moet ontspan. So blêddie weerlos die klein skepsel.

Dankie vir die boek naam Jane. Ek glo in boeke :D Wil self nog Steve se boek opspoor.

Dankie julle, maar soek asb ook my boek op "Moses was a Liar" Raider Books NY ISBN 13:9781616670061 ISBN 10: 1616670061 ...die familie tragedie het my die nodige hupstoot gegee om die ding klaar te skryf...en terloops die gebeure was my finale nekslag in geloof alhoel ek reeds lank ateisties was.

'n ander interessante angle...is dat Uncle Angus ook so sy kind verloor het en dit hom bekeer het! horses for courses!

Jane of the Jungle (May 21, 2010, 20:08:43 PM):
Dis baie “sad” om dit te hoor Brian en ook ‘n seer wat mens lank by bly, glo ek. Ek is bly om te sien jou verhouding met jou dogter het nie daaronder gelei nie. Solank mense kan verstaan dat GEEN normale mens so iets doelbewus aan jou eie kinders, kleinkinders of selfs medemens sal doen nie en dat dit ‘n ongeluk was wat enige tyd kon plaasvind. .....en wie in sy “right” mind kom tot die verduiwelse slotsom dat dit ‘n ongelowige se verdiende loon is om so iets oor te kom, freakin siek!
Thanks, sal jou boek ook opsoek en lees ;)
Mefiante (May 21, 2010, 20:42:54 PM):
Brian, die smart wat met só ’n gebeurtenis gekoppeld moet gaan is heeltemaal bo my beste verbeeldingsvermoëns. Dit is nie genoeg dat mens – heel natuurlik – by hom- of haarself beduidende skuld vir soiets soek nie; boonop is die sg. “Gristene” wat blaam wil toedeel ’n las wat nog nodig nog hulpvaardig is nie - die onsedelike gekeuwel van die “morele” meerderheid.

Verder as dit is ek letterlik stom geslaan.

'Luthon64
threeholerhauler (May 22, 2010, 09:25:55 AM):
Is self stomgeslaan. Daar is nie woorde nie. Behalwe, diepe simpatie!
Hermes (May 24, 2010, 13:35:57 PM):
Diepste simpatie en sterkte, Brian.

Navigation

[0] Message Index

[*] Previous page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page