As hy weer kom...

(1/6) > >>

cyghost (May 18, 2010, 07:57:44 AM):
...kom haal hy sy pêrels.
Okay nie regtig waaroor die een gaan nie. Dit is 'n eerste koms en nie 'n weerkoms nie. ;)

"Daar onder in die vlei stap 'n mannetjie. Hy is so klein en so skraal" is die liedjie (van alle liedjies) wat my half aangeklamde broer my Saterdag oggend 03:00 in die hospitaal kom toe sing het nadat klein cyghost 'n week te vroeg, sy (on)verwagte verskyning gemaak het.

'n Ongelooflike en haas onbeskryflike gedoente. :o En dit het nou nog nie behoorlik ingesink nie. As dit ooit gaan gebeur...

My broer se liedjie is toe egter eintlik nogal gepas want hy is so klein en so skraal en so weerloos dat dit die sterkste man se hart sal week maak. Maar 'n paar longe op hom sodat hy enige rock en roller sal groen van jaloesie laat. Gelukkig sovêr skreeu hy net blou moord wanneer hy gebad word en doek omgeruil word. Kostelik actually.

So. Ek dag ek sê julle maar net dit is nie net die Stormers wat my in 'n emosionele wrak gelaat het nie.

En dan my psigiese voorspelling vir die week is 'n Stormers - Crusaders Nuweland final. ;D
Brian (May 18, 2010, 08:10:16 AM):
veels geluk en geniet die mannetjie...al speel hy eendag vir die Stormers ;D
Faerie (May 18, 2010, 08:25:33 AM):
BAIE GELUK!! Pajama parade!

Geniet die outjie, hulle word te vrek gou groot!
cyghost (May 18, 2010, 10:37:45 AM):
Dankie julle ;D
Mefiante (May 18, 2010, 10:54:32 AM):
Baie geluk, cyghost. Ook aan Mev. cyghost en die toekomstige vleuel cyghost! ;)

'Luthon64

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page