cyghost
Skeptically yours
Hero Member
   
Skeptical ability: +12/-1
Offline
Posts: 1410
Carpe diem
|
 |
« on: May 18, 2010, 07:57:44 AM » |
|
Okay nie regtig waaroor die een gaan nie. Dit is 'n eerste koms en nie 'n weerkoms nie.  "Daar onder in die vlei stap 'n mannetjie. Hy is so klein en so skraal" is die liedjie (van alle liedjies) wat my half aangeklamde broer my Saterdag oggend 03:00 in die hospitaal kom toe sing het nadat klein cyghost 'n week te vroeg, sy (on)verwagte verskyning gemaak het. 'n Ongelooflike en haas onbeskryflike gedoente.  En dit het nou nog nie behoorlik ingesink nie. As dit ooit gaan gebeur... My broer se liedjie is toe egter eintlik nogal gepas want hy is so klein en so skraal en so weerloos dat dit die sterkste man se hart sal week maak. Maar 'n paar longe op hom sodat hy enige rock en roller sal groen van jaloesie laat. Gelukkig sovêr skreeu hy net blou moord wanneer hy gebad word en doek omgeruil word. Kostelik actually. So. Ek dag ek sê julle maar net dit is nie net die Stormers wat my in 'n emosionele wrak gelaat het nie. En dan my psigiese voorspelling vir die week is 'n Stormers - Crusaders Nuweland final.
|
|
|
Logged
|
|
|
|
|
Faerie
|
 |
« Reply #2 on: May 18, 2010, 08:25:33 AM » |
|
BAIE GELUK!! Pajama parade!
Geniet die outjie, hulle word te vrek gou groot!
|
|
|
Logged
|
|
|
|
cyghost
Skeptically yours
Hero Member
   
Skeptical ability: +12/-1
Offline
Posts: 1410
Carpe diem
|
 |
« Reply #3 on: May 18, 2010, 10:37:45 AM » |
|
Dankie julle 
|
|
|
Logged
|
|
|
|
Mefiante
Defollyant Iconoclast
Hero Member
   
Skeptical ability: +61/-9
Offline
Posts: 3757
In solidarity with rwenzori: Κοπρος φανεται
|
 |
« Reply #4 on: May 18, 2010, 10:54:32 AM » |
|
Baie geluk, cyghost. Ook aan Mev. cyghost en die toekomstige vleuel cyghost!  'Luthon64
|
|
|
Logged
|
|
|
|
GCG
|
 |
« Reply #5 on: May 18, 2010, 12:05:51 PM » |
|
vele geluk broeder. ek het nog net klein katjies grootgemaak, en dit was werk genoeg. jy is 'n brawe man. leer hom die straight and narrow. en hoe om met die gelowiges te deal. dalk is hy ons toekoms. ons eie martin luther kind.
|
|
|
Logged
|
|
|
|
Hermes
|
 |
« Reply #6 on: May 18, 2010, 12:27:43 PM » |
|
Veels geluk met die cygnet. Mag hy voorspoedig vaar.
|
|
|
Logged
|
|
|
|
Jane of the Jungle
Full Member
 
Skeptical ability: +4/-0
Offline
Posts: 235
|
 |
« Reply #7 on: May 18, 2010, 17:12:41 PM » |
|
Baie, Baie Geluk Cyghost, hoop die mannetjie bring jul sommer baie vreugde! 
|
|
« Last Edit: May 20, 2010, 08:23:09 AM by Jane of the Jungle »
|
Logged
|
|
|
|
Faerie
|
 |
« Reply #8 on: May 19, 2010, 13:46:43 PM » |
|
Ek soek 'n foto.... babas maak my broeis en ek wil sien hoe lyk die outjie!
|
|
|
Logged
|
|
|
|
Rigil Kent
Clotting Factor
Hero Member
   
Skeptical ability: +19/-3
Offline
Posts: 2467
Three men make a tiger.
|
 |
« Reply #9 on: May 19, 2010, 17:33:04 PM » |
|
Geluk met die nuweling cyghost! Mintaka
|
|
|
Logged
|
|
|
|
cyghost
Skeptically yours
Hero Member
   
Skeptical ability: +12/-1
Offline
Posts: 1410
Carpe diem
|
 |
« Reply #10 on: May 20, 2010, 08:28:46 AM » |
|
Dankie almal. Hies hy... Hy is 50% Afrikaan en 50% Koreaan maar weet nie of ek enige iets in hom sien op hierdie stadium nie. Net 'n frons oor wat aangaan in die vreemde wêreld waarin hy homself bevind. Jane of the Jungle ek het geen huidige antwoord oor hoe ek al die dinge gaan hanteer gesien in die lig van my ateïsme nie. Ek dink op die stadium vat ek dit soos dit kom. Ek vermoed ek sal dalk heelwat vrae hier stel  Vir myself, was groot gemaak as NGK Christen met Sondag skool, ATKV en koffiekroeg asook so bietjie landsdiens ingewerk. Goeie Afrikaanse Laer en Hoër skole met al die wonderlike indoktrinasie daaraan verbonde (meer kerk, kadette en kaskenades). So ek ken die ou Chirstelike liedjies self baie baie goed en vind oor Kerstyd sing ek lustig en uit volle bors saam met baie van wat gespeel word. Ander dag innie kerk by 'n goeoe vriend se troue self 'n psalm of twee kon onthou. Net kop geskud vir die ongelooflike simpel beloftes wat gemaak is. Ai my volk. En tog op een of ander manier het ek dit oorleef, deur die leuns en kak gesien (dalk geruik?) en is ek die skeptiese persoon wat ek vandag is. So ons sal sien wat ons sal sien en net onthou dat sommige mense wat dink hulle is donners smart is nie altyd so donners smart nie - myself bo aan die lys.
|
|
|
Logged
|
|
|
|
Jane of the Jungle
Full Member
 
Skeptical ability: +4/-0
Offline
Posts: 235
|
 |
« Reply #11 on: May 20, 2010, 08:55:31 AM » |
|
Thanks vir die fototjie Cyghost, pragtig, (weet nie watse skerp lig Pa nou in sy gesig druk nie  ) Skuus man ek het my vragie verwyder, sekerlik toe jy al besig was om terug te antwoord, nie geweet of iemand dalkies sou dink dit is on van pas nie. Dankie vir jou antwoord nie te min! Ek wonder tog of daar in Engelse skole en kleuterskole nie minder klem op die soort van ding geplaas word nie. Dit is heel waarskyn dan vir tyd en weil, die beste oplossing vir mense in ons skoene!
|
|
|
Logged
|
|
|
|
Brian
Hero Member
   
Skeptical ability: +8/-1
Offline
Posts: 1367
I think therefor I am, I think
|
 |
« Reply #12 on: May 20, 2010, 09:08:36 AM » |
|
Ek wonder tog of daar in Engelse skole en kleuterskole nie minder klem op die soort van ding geplaas word nie. Dit is heel waarskyn dan vir tyd en weil, die beste oplossing vir mense in ons skoene!
Nie hier waar ek woon nie...Hillcrest Durban. Daar is serious Christelike skole en ek vermoed dis om die halsbandjie en nie die hond nie! Sien jy kan op grond van geloof diskrimineer maar nie ras nie...aldus word skole skielik Christelik, Muslim en Joods. Moet erken 'n paar is daarem al lank so. Die Hillcrest Christian Academy is byv 'n moerse skool...die geld wat daarin gepomp word is ongelooflik...Kearsney College word bemark as 'n 'Methodist School with Methodist values' etc etc. Die ironie is dat hierdie skole baie goeie akademiese skole is en derhalwe laaaang waglyste het.
|
|
|
Logged
|
|
|
|
Faerie
|
 |
« Reply #13 on: May 20, 2010, 09:27:06 AM » |
|
Ah-Junne, die fronsie is te pragtig! Is ma ok en oor die seer? Bederf maar so bietjie daar ook, die hormone speel gaos op 'n lyf net na die geboorte.
|
|
|
Logged
|
|
|
|
Jane of the Jungle
Full Member
 
Skeptical ability: +4/-0
Offline
Posts: 235
|
 |
« Reply #14 on: May 20, 2010, 12:09:23 PM » |
|
...Kearsney College word bemark as 'n 'Methodist School with Methodist values' etc etc. Die ironie is dat hierdie skole baie goeie akademiese skole is en derhalwe laaaang waglyste het.
In kort, indien jou aansoek bo aan waglys land, glo waarin ONS glo, doen alles soos wat ONS dit gedoen wil he, of wees tevrede met tweede beste onderrig in 'n staats skool??? Sal steeds interesant wees om te hoor hoe Atheïs ouers die indoktrinasie by kleuterskole sou hanteer. Omdat 'n kind se ontwikkelings jare verskriklik belangrik is, wil mens juis hê dat hul gedurende daardie tydperk stabiel en geballanseerd onderrig moet word. Tuis onderrig is buite die kwessie, want hul moet ook in kontak met ander kinders hul ouderdom kom en soveel te meer indien dit ‘n enigste kind is. (Indien iemand al op ‘n ander “site” daaroor gelees het, praat ek luister  )
|
|
|
Logged
|
|
|
|
|