South Africa Flag logo

South African Skeptics

November 17, 2019, 14:48:09 PM
Welcome, Guest. Please login or register.
Did you miss your activation email?

Login with username, password and session length
Go to mobile page.
News: Please read the forum rules before posting.
   
   Skeptic Forum Board Index   Help Forum Rules Search GoogleTagged Login Register Chat Blogroll  
Pages: 1 [2]  All   Go Down
  Print  
Author Topic:

As hy weer kom...

 (Read 7964 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Faerie
Hero Member
*****

Skeptical ability: +10/-2
Offline Offline

Posts: 2114



« Reply #15 on: May 20, 2010, 12:33:57 PM »

Sal steeds interesant wees om te hoor hoe Atheïs ouers die indoktrinasie by kleuterskole sou hanteer.  Omdat 'n kind se ontwikkelings jare verskriklik belangrik is, wil mens juis hê dat hul gedurende daardie tydperk stabiel en geballanseerd onderrig moet word.  Tuis onderrig is buite die kwessie, want hul moet ook in kontak met ander kinders hul ouderdom kom en soveel te meer indien dit ‘n enigste kind is. (Indien iemand al op ‘n ander “site” daaroor gelees het, praat ek luister  Wink )


Ek het eenvoudig net seker gemaak dat hulle verstaan dat die bybel stories onder dieselfde klassifikasie as feeverhale val. Ek het geen probleme daarmee opgetel nie, Noag se ark is 'n GREAT feeverhaaltjie. As hulle Thomas die Tank engine kan ontgroei omdat dit onder 'n storie geklassifiseer is, dan kan hulle bybel stories op dieselfde manier ontgroei. Ek het niks gestir in hulle gedagtes dat daar grootmense is wat genuine GLO in die stories nie. By die tyd dat hulle begin agterkom het dat ander mense bid en ons nie, en vrae begin vra het, was hulle oud genoeg om die verskil tussen 'n storie en logika te begin verstaan. Soos met stories op die tv, het ek die keuse geplaas - "Do YOU think its real or does it seem to be a story?"  Ek wou he hulle moes self besluit (met so bietjie prodding na die rigting wat logies is).

Een ding wat ek wel met die kleintjies vinnig besef het, is dat ander grootmense NIE moet weet dat jy jou kinders sekuler grootmaak nie, hulle konsentreer dan op die arme kind en probeer JOU werk as ouer oorvat want hulle dink jy maak die bloedjie goddeloos groot.
Logged
StevoMuso
Stevo Muso
Hero Member
*****

Skeptical ability: +4/-0
Offline Offline

Posts: 654



« Reply #16 on: May 21, 2010, 00:21:14 AM »

Een ding wat ek wel met die kleintjies vinnig besef het, is dat ander grootmense NIE moet weet dat jy jou kinders sekuler grootmaak nie, hulle konsentreer dan op die arme kind en probeer JOU werk as ouer oorvat want hulle dink jy maak die bloedjie goddeloos groot.
Gelukkig is babatjies goddeloos gebore, veral so 'n "handsome" een. Geluk Cyghost.
Logged
Watookal
Full Member
***

Skeptical ability: +1/-0
Offline Offline

Posts: 117


« Reply #17 on: May 21, 2010, 10:01:07 AM »

Geluk cyghost-gesin. Die skool, ens. worries sal binnekort vanself verplaas word deur moegheid. Smiley Ek glo mens dink jy weet wat ware liefde is (vir 'n vrou en familie en so aan), maar die dag wat jy jou babatjie vashou dan weet jy vir die eerste keer wat dit is om onvoorwaardelik lief te wees. Weereens baie geluk.
Logged
Jane of the Jungle
Full Member
***

Skeptical ability: +4/-0
Offline Offline

Posts: 235



« Reply #18 on: May 21, 2010, 10:30:11 AM »

Jy is reg Faerie, goeie idee om hul van kleins af te laat verstaan dat dit vergelyk kan word met fee verhale of dan mietes later van tyd.  As hul deur die Tandmuis en Kersvader kan sien, kan hul ook oor die kom.  

Een ding wat ek wel met die kleintjies vinnig besef het, is dat ander grootmense NIE moet weet dat jy jou kinders sekuler grootmaak nie, hulle konsentreer dan op die arme kind en probeer JOU werk as ouer oorvat want hulle dink jy maak die bloedjie goddeloos groot.

....maaaar die gedeelte maak my dimur in oor die hele situasie WTF!!

As my geheu my nie in die steek laat nie, kon ek sweer daar is in die christendom se geskiedenis 'n "ge-moan en groan" oor verdrukking van gelowiges.  Hul self kan nie verdruk word nie, maar hul weet damn goed hoe om dit toe te pas en dit ......ook nog klein kindertjies wat hulself nie teen volwassenes KAN verdedig nie!!!

Ek het op hierdie website afgekom, waar daar miskien antwoorde vir ouers met jong kindertjies kan wees:
http://www.lornacollier.com/Atheistparenting.html

(O ja Cyghost ekt nie geweet dis jou eerste kiddy nie, net gewonder of jy of enige iemand hier rond op die stadium ‘n kiddy in kleuterskool het.  Indien dit jou eerste is, het jy darm nog heelwat tyd tot jou beskikking  Wink )
Logged
Faerie
Hero Member
*****

Skeptical ability: +10/-2
Offline Offline

Posts: 2114



« Reply #19 on: May 21, 2010, 10:55:45 AM »

Junne, daar le nog baie baklei voor.... maar dis soms nogal lekker baklei. Onderwysers (sorry as daar enige hier is want ek veralgemeen WEER EENS) is nie altyd van die brightest sparkplugs nie....

Ek het verlede week 'n "gesprek" met 'n onderwyseres gehad omdat my jongste 'n projek oor "Auras" moes inhandig. I mean REALLY?Huh?WTF!!

Haar logika... menslike auras kan vergelyk word met die aarde se Auroras (Borealis/Australis) en sy wou dit uitwys aan die kinders. Watse TWAK!!!! Hy't 'n projek (met prentjies) oor die Borealis ingehandig. (en 94% gekry)
Logged
Jane of the Jungle
Full Member
***

Skeptical ability: +4/-0
Offline Offline

Posts: 235



« Reply #20 on: May 21, 2010, 10:58:57 AM »

Cyghost, ek wil graag voorstel dat jy ‘n baie cool boek aanskaf.  Die ou mense het altyd gesê mens maak nie ‘n kind volgens ‘n boek groot nie, maar ons het al geleer om nie alles te glo wat hul kwyt raak nie  Wink

Ek het “Parent Power”  aan geskaf eers met my 2de kid en was van groot hulp.  Gee mens genoeg idees oor hoe om verskillende stadiums in jou kind se lewe te hanteer.  Net wanneer mens dink jou kind is ‘n Alien, kom jy in die boekie agter dat dit net nog ‘n “stadium” is waardeer hul gaan!  Enige ouer kan baat vind uit die boek (tot die wat van mening is hul kids in engeltjies   Wink )
http://www.amazon.com/Parent-Power-John-Rosemond/dp/0836228081
« Last Edit: May 21, 2010, 11:39:00 AM by Jane of the Jungle » Logged
GCG
Hero Member
*****

Skeptical ability: +8/-4
Offline Offline

Posts: 1829


skeptical mantis is skeptical


adele horn
WWW
« Reply #21 on: May 21, 2010, 12:44:29 PM »

Haar logika... menslike auras kan vergelyk word met die aarde se Auroras (Borealis/Australis) en sy wou dit uitwys aan die kinders. Watse TWAK!!!! Hy't 'n projek (met prentjies) oor die Borealis ingehandig. (en 94% gekry)

dis mos nou complete stront daai.  en ek bet, glad nie deel van die cirriculum nie.  en nie halfpad waat either nie.  sy kan netsowel vir die kids vertel santa is real.  ek sal sommer by die hoof baklei daaroor.  g'n wonder kids sukkel met die regte lewe as hulle die heelal ingewetter word nie.
Logged
Brian
Hero Member
*****

Skeptical ability: +8/-1
Offline Offline

Posts: 1367


I think therefor I am, I think


« Reply #22 on: May 21, 2010, 13:08:23 PM »

ja en moenie vergeet van Spaaiderman, Soeperman en dies meer ook nie...'n tragiese ervaring in my familie:
My kleinseun (5) en kleindogter (6) wou vir oupa die plaashek oopmaak en met sy Spaaiderman pakkie en al het hy (hy wou blybaar sy sussie wys hoe hy kan vlieg) sonder my medewete van my Landie afgespring en sy koppie vergruis...hy's tien dae later oorlede. Hy sou nou tien gewees het. Cry Cry Cry Cry Cry Cry vir ewig in my gedagtes...en moenie glo dat dit vir'n ateis maklik is om dit te verwerk nie...hier is die xtians ons voor...dis maklik om te rasionaliseer en te se dis god/jesus of wie ookal wat hom by hulle wou he...stront dis wreedaardig. My dogter en skoonseun asook vriende het oor 'n miljoen mense wereldwyd gekry om vir hom te bid...Josef en Jesus se gestoei met God/Satan/die engele was kinderspeletjies gemeet teen my gesprekke met die mitiese god van liefde. Sorry man Undecided maar die les is die liegstories wat kinders opgedis word deur die media,skole, kerke en almal...dis 'n stryd.
Logged
GCG
Hero Member
*****

Skeptical ability: +8/-4
Offline Offline

Posts: 1829


skeptical mantis is skeptical


adele horn
WWW
« Reply #23 on: May 21, 2010, 14:23:17 PM »

jirre man, dis kak sad,  en 'n storie wat ek al te veel keer voorheen gehoor het.  al die superheroes is moerse, maar ouers moet ook kinners vertel, dis eintlik bollie.
en dan blameer die familie seker nog oupa ook.
Logged
cyghost
Skeptically yours
Hero Member
*****

Skeptical ability: +12/-1
Offline Offline

Posts: 1410


Carpe diem


« Reply #24 on: May 21, 2010, 14:41:18 PM »

Jirre Brian. Dit is 'n verskriklike hartseer storie.  Sad Innige empatie man.

Ek moet sê ek hou myne soos 'n valk dop en enige bewegingtjie of geluidjie word fyn geanaliseer. Ek sal seker êrens moet ontspan. So blêddie weerlos die klein skepsel.

Dankie vir die boek naam Jane. Ek glo in boeke  Cheesy Wil self nog Steve se boek opspoor.
Logged
Brian
Hero Member
*****

Skeptical ability: +8/-1
Offline Offline

Posts: 1367


I think therefor I am, I think


« Reply #25 on: May 21, 2010, 16:58:57 PM »

en dan blameer die familie seker nog oupa ook.

Dis die beste van 'n kak storie...my familie het hegter saam getrek en ons is vandag nog baie heg veral ek en my oudste dogter wiese kind dit was...die enigste bliksems wat blaam toegedeel het was sekere xtians...fok! en bygevoeg...omdat ek 'n ateis is was dit my verdiende loon!!.... Angry

Jirre Brian. Dit is 'n verskriklike hartseer storie.  Sad Innige empatie man.

Ek moet sê ek hou myne soos 'n valk dop en enige bewegingtjie of geluidjie word fyn geanaliseer. Ek sal seker êrens moet ontspan. So blêddie weerlos die klein skepsel.

Dankie vir die boek naam Jane. Ek glo in boeke  Cheesy Wil self nog Steve se boek opspoor.

Dankie julle, maar soek asb ook my boek op "Moses was a Liar" Raider Books NY ISBN 13:9781616670061 ISBN 10: 1616670061 ...die familie tragedie het my die nodige hupstoot gegee om die ding klaar te skryf...en terloops die gebeure was my finale nekslag in geloof alhoel ek reeds lank ateisties was.

'n ander interessante angle...is dat Uncle Angus ook so sy kind verloor het en dit hom bekeer het! horses for courses!

Logged
Jane of the Jungle
Full Member
***

Skeptical ability: +4/-0
Offline Offline

Posts: 235



« Reply #26 on: May 21, 2010, 20:08:43 PM »

Dis baie “sad” om dit te hoor Brian en ook ‘n seer wat mens lank by bly, glo ek.  Ek is bly om te sien jou verhouding met jou dogter het nie daaronder gelei nie.  Solank mense kan verstaan dat GEEN normale mens so iets doelbewus aan jou eie kinders, kleinkinders of selfs medemens sal doen nie en dat dit ‘n ongeluk was wat enige tyd kon plaasvind.  .....en wie in sy “right” mind kom tot die verduiwelse slotsom dat dit ‘n ongelowige se verdiende loon is om so iets oor te kom, freakin siek!
Thanks, sal jou boek ook opsoek en lees Wink
Logged
Mefiante
Defollyant Iconoclast
Hero Member
*****

Skeptical ability: +61/-9
Offline Offline

Posts: 3755


In solidarity with rwenzori: Κοπρος φανεται


WWW
« Reply #27 on: May 21, 2010, 20:42:54 PM »

Brian, die smart wat met só ’n gebeurtenis gekoppeld moet gaan is heeltemaal bo my beste verbeeldingsvermoëns.  Dit is nie genoeg dat mens – heel natuurlik – by hom- of haarself beduidende skuld vir soiets soek nie; boonop is die sg. “Gristene” wat blaam wil toedeel ’n las wat nog nodig nog hulpvaardig is nie - die onsedelike gekeuwel van die “morele” meerderheid.

Verder as dit is ek letterlik stom geslaan.

'Luthon64
Logged
threeholerhauler
Jr. Member
**

Skeptical ability: +3/-0
Offline Offline

Posts: 53



« Reply #28 on: May 22, 2010, 09:25:55 AM »

Is self stomgeslaan.  Daar is nie woorde nie.  Behalwe, diepe simpatie!
Logged
Hermes
Hero Member
*****

Skeptical ability: +18/-2
Offline Offline

Posts: 1137



« Reply #29 on: May 24, 2010, 13:35:57 PM »

Diepste simpatie en sterkte, Brian.
Logged
Pages: 1 [2]  All   Go Up
  Print  


 
Jump to:  

Powered by SMF 1.1.11 | SMF © 2006-2009, Simple Machines LLC
Page created in 0.826 seconds with 24 sceptic queries.
Google visited last this page May 29, 2019, 07:42:55 AM
Privacy Policy