ATKV en ander gelowe

(1/4) > >>

Faerie (June 07, 2010, 11:05:08 AM):
AFRIKAANSE TAAL EN KULTUUR VEREENIGING. Nogal interessant hoe die Kultuur en Christendom so een en dieselfde ding geag word. Sover dit my aangaan, gaan die vereeniging oor die taal en nie die geloof nie, maar klaarblyklik voel nie almal dieselfde nie:

Quote
ATKV moet sê oor ander gelowe
deur R. Snyder
2010-06-04 13:30

Ons word daagliks met onwaarhede gepeper en sal dit waardeer as die ander kant van die verhaal ook nou en dan verskyn.

My probleem is met mnr. Van Schoor van die ATKV, wat so ewe vroom Christelike waardes bysleep.

Ek het my lidmaatskap aan die ATKV onlangs beëindig, na korrespondensie aan hul bestuur (prof. Gouws). Hulle het die ATKV se deure oopgegooi vir Moslem-lede, wat sekerlik hulle reg is om te doen.

My probleem egter is dat hulle dit in die donker doen, en ewe skynheilig in die openbaar hul onverbloemde Christelikheid verkondig.

Op 'n vraag aan prof. Gouws hoe hy Christelikheid versoen met die oopgooi van die ATKV vir ander gelowe, was sy antwoord basies aanvaar dit so of bedank, wat ek dan ook gedoen het.

Prof. Gouws, Van Schoor en ander soos hulle moet net vir 'n slag eerlik met ATKV-lede wees en hulle meedeel dat die ATKV ontaard in 'n mengelmoes van vreemde gelowe, ten einde lede in staat te stel om te besluit oor voortgesette lidmaatskap al dan nie.

Hou net asseblief op met die skynheiligheid.


en hierdie "comment" is ook heel inseggewend:

Quote
Ek beskou n Christen wat al die ander gelowe akkommodeer of respekteer as n valse Christen,so persoon is eintlik n humanis,die mens self is eintlik sy god.Die prioriteit is nie vir mense om met mense gerekonsilieër te word nie maar vir alle mense ons met die Christelike God gerekonsilieër te word en om valse gelowe te verwerp.Dit is n hartseer dag vir afrikaners,miskien sal ons eendag verstaan wat Hendrik Verwoerd se eintlike visie was,hy was geen rassis nie maar n Christen in murg en been.

Ek kry skoon 'n benoude beklemming wanneer ek hierdie tipe opinies teekom.
GCG (June 07, 2010, 11:15:41 AM):
post die link na die site toe asseblief, ek sal tog so like om my eie comment daar te sit.
wee jy, as ek die goed lees, is dit vir my baie moeilik om nie te vloek nie.
Faerie (June 07, 2010, 11:28:46 AM):
post die link na die site toe asseblief, ek sal tog so like om my eie comment daar te sit.
wee jy, as ek die goed lees, is dit vir my baie moeilik om nie te vloek nie.


Jammer, hierso:

http://www.beeld.com/MyBeeld/JouStorie/ATKV-moet-s%C3%AA-oor-ander-gelowe-20100604

Ek hou dop vir jou comment.
GCG (June 07, 2010, 12:08:40 PM):
ek twyfel sterk my comment sal wys, want ek het te veel goed gese wat hulle nie sal like nie. kom ons kyk of hulle die balls het om dit op te sit.
Faerie (June 07, 2010, 12:14:28 PM):
Het jy onthou om in Afrikaans te swets? >:D

Dis tog so 'n beskrywende taal!

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page