Boksburg UFO?

(1/1)

Tweefo (September 06, 2009, 11:33:47 AM):
Iemand wou van my af weet wat hy gesien het. Dit was 'n stadig flikkerende (elke 1 - 2 sekondes) lig (soos 'n helder ster) hoog in die lug en dit het stil gestaan teenoor die ander sterre. Hy het dit vir ongeveer 40 minute waargeneem,(volgens hom) so dit kon nie 'n hoog vlieende vliegtuig wees nie. Geostatiese ruimtetuie is iets soos 38,000 km van die aarde af, so ek dink nie een van hulle nie. Hy was natuurlik vas oortuig dat dit 'n UFO was en ek kon hom nie 'n antwoord gee nie. Iemand hier dalk?

Hy bly in Boksburg, so daar kon nie te veel ander sterre in die lug wees nie en ek dink sy 40 minute beskrywing is dalk 'n bietjie gerek.
Rigil Kent (September 06, 2009, 15:19:34 PM):
My eerste raaiskoot is 'n vliegtuig wat lynreg vanaf die waarnemer wegbeweeg het, maar dit gebeur gewoonlik na aan die horison, nie hoog in die lug nie. In watter konstellasie was die waarneming, en wanneer het dit gebeur?

Mintaka
Irreverend (September 06, 2009, 18:49:37 PM):
'n Muggie met 'n flits en 'n zol.
Tweefo (September 07, 2009, 17:39:28 PM):
Quote
In watter konstellasie was die waarneming, en wanneer het dit gebeur?
Omtrent 'n maand terug en "hoog" in die lug. Ek dink ook 'n vliegtuig. As dit hoog is kan jy nie eintlik sien dit beweeg nie veral as daar nie sterre naby is nie maar dalk was dit
Quote
'n Muggie met 'n flits en 'n zol.
BoogieMonster (September 10, 2009, 13:59:31 PM):
Kan nie se nie, maar ek het 'n week of twee terug iets groot sien val in ons atmosfeer in. Dit was nogal heel anskoulik, maar binne 'n sekonde verby.

Navigation

[0] Message Index

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page