Breinwedloop 2014

(1/2) > >>

brianvds (January 24, 2014, 17:59:37 PM):
Hier gaat ons alweer:

http://www.litnet.co.za/Article/brief-breinwedloop-2014

Sedert die Afrikaners hul politieke mag verloor het, het daar skynbaar 'n liederlike epidemie van Creutzfeld-Jakob-siekte onder die hele lot van ons uitgebreek.
The Vulcan (January 25, 2014, 08:13:50 AM):
Hier gaat ons alweer:

http://www.litnet.co.za/Article/brief-breinwedloop-2014

Sedert die Afrikaners hul politieke mag verloor het, het daar skynbaar 'n liederlike epidemie van Creutzfeld-Jakob-siekte onder die hele lot van ons uitgebreek.



LOL, geen idee wat dit was nie, totdat ek na wiki geluister het:

Wikidpedia sê:
Quote
CJD is at times called a human form of mad cow disease...]


... wat kan ek sê? Small things amuse small minds.. hoef glad nie verder te gelees het as dit nie ROTFL ;D ;D ;D ;D Wat my betref is dit nou AL wat ek van CJD ooit hoef te weet.... LOL ;D

Quote
Die kerk word ook skerp aangespreek. Waarom ontvang minder dan 5% mense waarvoor gebid word genesing? Want die kerk bid oor die liggaam terwyl die gees van die mens siek is. Gaan maak eers jou saak reg


Volgens my ervaring voel die kerk maar vlenters oor jou fisiese wese, hulle is net gepla oor jou spirituele wel behae, en hulle koffers natuurlik, die bietjie goeie dinge wat hulle wel bydra tot die samelewing soos hulle gunsteling voedsel programme, is maar net goeie PR, niks veel meer as dit nie, die feit dat hulle gewoonlik hierdie tipe goed gebruik om Jesus in mense se kele af te druk benadruk net hierdie persepsie van my. Ou moedertjie Teresa maak 'n goeie punt van wat ek bedoel.

Anyway dink ek het hierdie Trienie al op Litnet baie gesien en sy hel nogal baie eenkant oor. Die feit dat sy die engelse terme gebruik soos die "mind-body-konneksie" is, vir my ten minste, 'n aanwysing dat hierdie idees regtig nie hare is nie, maar dat sy eerder maar net oorvertel wat in hierdie "new-age" snert rondgaan, laat my dink aan goed soos "The Secret" en Oprah Winfrey ;D Deepak Chopra enige iemand?
Marius (January 27, 2014, 11:10:34 AM):
Quote
laat my dink aan goed soos "The Secret" en Oprah Winfrey Grin Deepak Chopra enige iemand?
Jip. Wat is 'n goeie afrikaanse weergawe vir "weapons' grade facepalm", want dit is die eerste woord wat in my gedagtes gespring het.
The Vulcan (January 30, 2014, 12:08:18 PM):
Jip. Wat is 'n goeie afrikaanse weergawe vir "weapons' grade facepalm", want dit is die eerste woord wat in my gedagtes gespring het.


Geen idee nie, maar "actions speak louder than words"
FACEPALM!
Mefiante (January 30, 2014, 13:30:20 PM):
Trienie Mahne is so mal, besete en onbevoeg soos die spreekwoordelike kolhaas op tik. Sy maak dit perfek duidelik met haar reaksie op die ander kommentare wat gelewer is by die artikel wat sy saamgeflans het.

'Luthon64

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page