Bybels met erotiese roman vervang

(1/2) > >>

Faerie (July 24, 2012, 14:48:51 PM):
hehehe!

Quote
PRETORIA. – Moenie verbaas wees as jy in die hotel Damson Dene in Crosthwaite, Brittanje, oornag en die veelbesproke erotiese roman, 50 Shades of Grey, in plaas van die gebruiklike Gideons-Bybel, op die bedkassie sien lê nie.

Wayne Bartholomew, bestuurder van dié hotel, het in reaksie op ’n gesprek met sy sowat 3000 aanhangers op Facebook, dié twee boeke in hotelkamers omgeruil, het die UK News berig.

“Die boek is al waaroor mense praat, maar baie is te skaam om dit vir hulself te koop. Ek het gedink dit sal ’n aangename verrassing vir gaste wees as hulle dit op hul bedkassies kry,” het Bartholomew aan die Britse koerant, The Daily Mail, gesê.

Volgens hom het hy net eenvoudig een topverkoper met ’n ander vervang en is die Gideons-bybel net so vol seks en geweld soos 50 Shades of Grey.

“Die Bybel en 50 Shades of Grey kan geensins met mekaar vergelyk word nie,” het Rachel Rounds van die Britse Christelike organisasie Bible Society gesê.

“Die roman is ’n seisoenale topverkoper. Ons twyfel of mense nog 2000 jaar later daaroor sal praat soos hulle oor die Bybel praat.”

Die Gideons-Bybel sal, volgens Bartholomew, steeds by die hotel se ontvangs beskikbaar wees.


- Volksblad

Nie dat 50 shades of grey enigsins 'n beter lees kan wees nie. Ek sal persoonlik nie my geld mors op 'n "bodice ripper" nie.... Ek verstaan die trilogie het die ou tannies en tiener meisietjies skoon in ekstase, maar my feministiese kant lig 'n wenkbrou oor die S&M wat so propageer word.
BoogieMonster (July 24, 2012, 15:25:15 PM):
“Die Bybel en 50 Shades of Grey kan geensins met mekaar vergelyk word nie,”

Ja wel, die een is vol seks, moord, pedofilie, bloedskande en verkragtig. Die ander is "50 shades of grey". (Ba-dum-tish!)

Quote
my feministiese kant lig 'n wenkbrou oor die S&M wat so propageer word.

Ek het nie rerig 'n clue waarna jy verwys nie maar S&M kan werk altwee kante toe. Ek's seker dominatrikse (wat de hel is die "regte" afrikaanse woord?) voel baie feministies.
Faerie (July 24, 2012, 15:45:15 PM):
Het nie die boek gelees nie, en dis ook nie nodig na al die artikels en radio programme wat deur hierdie boek ge-inspireer is nie. Jong 'college' meisie word vasgevang in 'n "romantiese" S&M verhouding met 'n ouer man (hy speel natuurlik baas). Ek verstaan dat die Adult Toy bedryf skielik baie geld maak met die speelgoed wat soos soetkoek verkoop (alles wat in die boeke genoem word).

BoogieMonster (July 24, 2012, 15:58:00 PM):
Wat my verbyster is hoekom juis hierdie huigroman nou juis sulke groot golwe (van plesier) maak. Mens kan in enige boekwinkel inloop en rakke vol van die goed sien.

So hoekom die skielike globale beswyging? Goeie verkoops strategie?
Rigil Kent (July 24, 2012, 16:20:56 PM):
.. dominatrikse (wat de hel is die "regte" afrikaanse woord?)
Tawwe Tannies?

Rigil

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page