Christene hou optog...

(1/4) > >>

Faerie (November 08, 2012, 14:12:45 PM):
http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Christene-hou-optog-teen-aanval-op-hul-geloof-20121108

Quote
Christene hou optog teen 'aanval' op hul geloof
2012-11-08 13:38


Kaapstad – Die African Christian Democratic Party hou die komende naweek ‘n optog teen ‘n “aanval op die Christelike geloof.”

Die ACDP het in ‘n verklaring gesê hy nooi alle Suid-Afrikaners, veral Christene, uit om Saterdag by die party se betoging aan te sluit.

“Toe gebed by ons skole verwyder is, het Christene niks gesê nie. Toe hemelvaartdag as ‘n openbare vakansiedag verwyder is, het Christene dit nie beveg nie,” het Kenneth Meshoe, leier van die party, in die verklaring gesê.

“Nou het die kommissie vir die bevordering en beskerming van die regte van kultuur-, godsdiens- en taalgemeenskappe voorgestel dat rastafariërs toegelaat moet word om tot 100 g dagga by hulle te hê, sonder om vervolg te word.”

Die party sê dis dieselfde kommissie wat verhore hou, "wat tot die verwydering van Kersfees en Goeie Vrydag as openbare vakansiedae kan lei."

Meshoe het bygevoeg dis tyd dat Christene “opstaan en ‘nee’ sê vir subtiele aanvalle op ons geloof.”

Die optog sal Saterdag om 10:00 by Constitution Hill in Braamfontein, Johannesburg, begin.




Wie is lus om hulle te gaan beduiwel met plakkate van ons eie??
Rigil Kent (November 08, 2012, 14:35:34 PM):
Nou praat jy ... enige verkoning om 'n Kaapse draai te maak! ETA: O ekskuus - sien nou eers dis in Djouies.

Maar hoekom betoog? Hoekom vaar hulle nie sommer op hemel toe nie, dis tog waarheen die klomp mik.

Rigil
Mefiante (November 08, 2012, 14:37:07 PM):
Sê gou, hoe word mens nou weer Rastafariër?

'Spliffthon64
Mefiante (November 08, 2012, 14:41:33 PM):
Wie is lus om hulle te gaan beduiwel met plakkate van ons eie??
“I-an-I g’wan show you some a dat Holey Smoke, man!”

;)

'Luthon64
BoogieMonster (November 08, 2012, 14:48:23 PM):
Quote
“Toe gebed by ons skole verwyder is, het Christene niks gesê nie. Toe hemelvaartdag as ‘n openbare vakansiedag verwyder is, het Christene dit nie beveg nie,”

WHAHAHA! Ja reg ouens, julle was doodstil. kiehiehie...

Quote
.... voorgestel dat rastafariërs toegelaat moet word om tot 100 g dagga by hulle te hê, sonder om vervolg te word.”

Hoe is dit 'n aanval op Christendom, enigiemand?

Quote
Die party sê dis dieselfde kommissie wat verhore hou, "wat tot die verwydering van Kersfees en Goeie Vrydag as openbare vakansiedae kan lei."

Is dit nou iets wat hulle reeds besin, of is ons weer op die "slippery slope" hekse jag?

Quote
“opstaan en ‘nee’ sê vir subtiele aanvalle op ons geloof.”

So subtiel dis nie eers daar nie.

Quote
Wie is lus om hulle te gaan beduiwel met plakkate van ons eie??

Nie veel van 'n optoger nie. Is daar nie 'n wettige "proses" wat gevolg moet word nie?

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page