Dalk is aarde in ses heelal-dae geskape

<< < (3/4) > >>

Rigil Kent (February 01, 2013, 09:18:10 AM):
Die probleem is dat gelowiges nooit so 'n boek eers so optel nie wat nog te se om te lees nie.

Baie waar. Maar in alle regverdigheid, my eie versameling van Solly Ozrovech-boeke is maar self ook aan die dun kant ... ::)

BoogieMonster (February 01, 2013, 10:00:47 AM):
Mense word goed in die kop gepraat as hulle kinders is en geen idee het van die feite, of hoe om dit te bevraagteken nie.

Kinders glo ook meeste van wat hulle ouers se want daar is evolusionere (ironies ja) redes om te luister as jou ouers se: "Los daai slang uit".

Die probleem is wanneer daai mense eendag leer om te dink het hulle klaar 'n emosionele hegting aan hulle idees, en mense haat dit om te erken hulle was hulle hele lewe verkeerd oor iets. Daar is baie ander redes maar in my siens is dit als emosioneel.

Ek dink ook gelowiges besef op 'n dieper vlak dat hoe meer komponente van die bybel as verkeerd aanvaar word, hoe kleiner word die kans dat die bybel reg is oor enigiets. En dit bring weer hulle kosbare gevoelens in gedrang.
Rigil Kent (February 01, 2013, 10:16:17 AM):
Ek dink jy slaan die spyker op die kop. Die emosionele belegging gepaardgaande met geloofstwak verhoed sekerlik baie mense om te bevraagteken.

Dit verklaar ook die sosiale druk om "respek" te betoon vir mense se geloofsoortuigings. Godslastering maak gevoelens seer.
Hermes (February 01, 2013, 11:26:02 AM):
“Godslatering” is `n skans wat spesiaal só voorgehou word dat God slegs geprys mag word. Sodra `n mens eienskappe van die fiktiewe karakter God uitlig wat nie so vleiend is nie, word daar “godslastering!” gegil en word mens beskuldig van Satanisme en onsensitiwiteit, ongeag of die kritiese beskouing van God akkuraat is al dan nie. Selfs met die hipotetiese veronderstelling dat God bestaan, is geregverdigde kritiek nie laster nie.

Wanneer dit by hulle geloof kom, het sulke gelowiges die houding dat niks rasioneel bevraagteken mag word nie. Dan word dit voorgehou as `n deug om onbewese aansprake te glo – hoe meer verregaande, hoe dieper is die geloof en hoe meer prysenswaardig. Wanneer geloof by die voordeur instap, word logika by die agterdeur uitgesmyt.
coelacanth (February 01, 2013, 11:35:19 AM):
... mense haat dit om te erken hulle was hulle hele lewe verkeerd oor iets. Daar is baie ander redes maar in my siens is dit als emosioneel.

So sien ek dit ook. Dis hoekom 'n hele berg van feite hulle nie kan overtuig nie. Ek het geen oplossing nie, maar vir die meeste mense is onwaarskynlikheid geen rede om hul geloof te verlaat.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page