Dalk is aarde in ses heelal-dae geskape

<< < (4/4)

coelacanth (February 01, 2013, 11:45:21 AM):
Wanneer dit by hulle geloof kom, het sulke gelowiges die houding dat niks rasioneel bevraagteken mag word nie. Dan word dit voorgehou as `n deug om onbewese aansprake te glo – hoe meer verregaande, hoe dieper is die geloof en hoe meer prysenswaardig. Wanneer geloof by die voordeur instap, word logika by die agterdeur uitgesmyt.

Jy het gelyk. Maar elkeen gelowige weet dat hy 'n huis of 'n brug moet bouw naar die regels van wetenskap en nie towery nie, en dat hulle motor geen magic kan doen nie, byvoorbeeld ry, of nog beter, vlieg sonder gasoline.
Brian (February 01, 2013, 15:35:30 PM):
Quote
Baie waar. Maar in alle regverdigheid, my eie versameling van Solly Ozrovech-boeke is maar self ook aan die dun kant ...

Miskien maar ek het seker 7 bybels in my huis plus baie teologiese ontledings wat ek benodig het toe ek navorsing gedoen het vir my boek. Ek geniet dit baie om gelowiges uit te daag om aanhalings uit die bybel te haal as hulle gereeld in diskussie ophaal: "O maar die Bybel het dit of dat voorspel!" Nog nie een maal kon hulle dit doen nie!
Quote
Maar elkeen gelowige weet dat hy 'n huis of 'n brug moet bouw naar die regels van wetenskap en nie towery nie, en dat hulle motor geen magic kan doen nie, byvoorbeeld ry, of nog beter, vlieg sonder gasoline.
...nee hulle ken daardie argument wel...antwoord: "Die liewe Here het ons die verstand gegee om dit te skep/produseer"

Navigation

[0] Message Index

[*] Previous page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page