Dalk is aarde in ses heelal-dae geskape

<< < (2/4) > >>

Brian (December 24, 2012, 13:57:42 PM):
Ja en as mens die beweerde ouderdomme van die hoof akteurs koppel Methusalag, Noag en kie, dan val die hele argument plat.
coelacanth (January 31, 2013, 15:33:41 PM):
Dan glo ek liewers daar was ’n God wat alles geskape het.

Dis nie eens 'n uitleg nie. Te sê, god het alles gemaak, verklaar niks. Dis 'n hipotese wat jy nie kan proef nie, and wat geen voorspelling moontlik maak nie.
cr1t (January 31, 2013, 15:55:05 PM):
Dan glo ek liewers daar was ’n God wat alles geskape het.

Dis nie eens 'n uitleg nie. Te sê, god het alles gemaak, verklaar niks. Dis 'n hipotese wat jy nie kan proef nie, and wat geen voorspelling moontlik maak nie.

Ek wonder wat kom eerste dat jou geloof jou stop om iets soos dit te verstaan of dat jy nie iets verstaan so jy draai na geloof.
cyghost (February 01, 2013, 08:04:01 AM):
Dit is 'n goeie vraag cr1t! Ek argumenteer baie keer met mense oor evolusie en dit is gewoonlik baie gou duidelik dat hulle nie die vaagste benul het van waarteen hulle dan nou eintlik so verksriklik skop nie.

En terselfdertyd kan geen grondige argument met die nodige bewysse so persoon oortuig nie! Wat begin as 'n argument uit onkunde of persoonlike ongeloof (ek kan nie glo die wonderlike heelal het nie 'n skepper nie!) eindig in 'n totale verwerping van enige aanslag op die skerms opgerig teen 'n strooiman karikatuur van evolusie in die eerste plek. Dit is totaal waansinnig.
Brian (February 01, 2013, 09:12:31 AM):
Ek lees tans Dawkins se "greatest show on earth" boek. Die probleem is dat gelowiges nooit so 'n boek eers so optel nie wat nog te se om te lees nie. Die getuienis is so oorweldigend dat dit tragies is dat die tipes so in onkunde (en goddelike glorie) bly voortleef. Soos Dawkins ook tereg se: die teenkanting is tans hewiger as ooit tevore.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page