Dalk is aarde in ses heelal-dae geskape

(1/4) > >>

brianvds (December 22, 2012, 08:03:32 AM):
Hoe naïef kan mens wees, wonder ek... :-)

Dalk is aarde in ses heelal-dae geskape

http://www.beeld.com/MyBeeld/Briewe/Dalk-is-aarde-in-ses-heelal-dae-geskape-20121221

deur Cas van Pretoria skryf:
2012-12-21 23:24
Ek reageer op ’n stelling in “Ongelowige Christen” se brief (Beeld, 19 Desember).

Ek weet daar is baie Christene wat glo dat die aarde in ses aardse dae geskape is.

Dit kan so wees omdat ons glo dat God almagtig is en dat niks vir Hom onmoontlik is nie. Dalk was dit nie aardse dae nie, maar heelal-dae.

Ons weet dit neem die heelal miljoene jare om een omwenteling te maak. Om dus aan te neem dat die aarde slegs 6 000 jaar oud is en onversoenbaar met die wetenskap is, is dalk foutief.

Die wetenskap is heeltemal versoenbaar met heelal-dae, veral as daar gepraat word van opgrawings wat miljoene jare oud is.

Ek kan nie glo dat ’n jellievis, ’n grashalmpie, ’n mooi blom soos ’n orgidee, ’n kameelperd en ’n mooi vrou uit dieselfde selletjie kon ontwikkel het nie.

Dan glo ek liewers daar was ’n God wat alles geskape het.
Rigil Kent (December 22, 2012, 15:52:18 PM):
Ek kan nie glo dat ’n jellievis, ’n grashalmpie, ’n mooi blom soos ’n orgidee, ’n kameelperd en ’n mooi vrou uit dieselfde selletjie kon ontwikkel het nie.

Dan glo ek liewers daar was ’n God wat alles geskape het.

Ja, né...
Faerie (December 23, 2012, 17:26:48 PM):
*sug*

Ek het my ma huis toe gejaag laas week omdat sy my nuwe katjie se perfektheid aan die here opgedra het - "Dat Liewe Jesus tyd gemaak het om hierdie dingetjie so perfek aan mekaar te sit en vir jou te stuur..."

Ek ween.
brianvds (December 23, 2012, 17:36:36 PM):
*sug*

Ek het my ma huis toe gejaag laas week omdat sy my nuwe katjie se perfektheid aan die here opgedra het - "Dat Liewe Jesus tyd gemaak het om hierdie dingetjie so perfek aan mekaar te sit en vir jou te stuur..."

Ek ween.

Jesus sal hom wat vebeel: vir 'n kat is hy maar net nog personeel. :-)
cyghost (December 24, 2012, 10:10:35 AM):
Wat ek nie kan begryp nie, is dat die persoon wie dit geskryf het, sekerlik ook vas glo dat hy of sy werklik 'n tasbare argument vorendag gebring het. :o

"heelal-dae" (wtf!!)

Die effe meer in werklikheid gevestigde Christen moet aanvaar dat die aarde nie in 6 dae geskape is nie en moet gevolglik sulke verskonings soek vir die kak in die Babbel. Net jammer dat die woord "yom" hier letterlik 24 uur beteken vir al gesien in die lig van die "en dit was aand en dit was môre, die xste dag"

mens kan natuurlik nou mompel oor vertalings maar ek net werk met wat ek het nie met wat ander hulle self verbeel nie.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page