South Africa Flag logo

South African Skeptics

June 18, 2019, 05:40:19 AM
Welcome, Guest. Please login or register.
Did you miss your activation email?

Login with username, password and session length
Go to mobile page.
News: Please read the forum rules before posting.
   
   Skeptic Forum Board Index   Help Forum Rules Search GoogleTagged Login Register Chat Blogroll  
Pages: [1]   Go Down
  Print  
Author Topic:

Ag, die tonekrul lekkerkry gevoel...

 (Read 2725 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Faerie
Hero Member
*****

Skeptical ability: +10/-2
Offline Offline

Posts: 2112



« on: April 22, 2010, 14:09:04 PM »

al is dit nou eintlik lelik van 'n mens:

Quote
Naweek op Angus se plaas word nagmerrie
2010-04-21 22:00

Wat vir talle mans ’n geloofsreis na die afgelope naweek se Mighty Men-saamtrek moes wees, het op ’n fiasko uitgeloop toe hulle uiteindelik “moes raap en skraap vir oorlewing”.

Mans van oor Suid-Afrika heen het in groot getalle pakkette gekoop by ’n maatskappy, SA Passport, om dié saamtrek by te woon.

SA Passport het onder meer vervoer, verblyf en kos bemark, maar daar het nie veel van gekom nie.

Beeld het vandeesweek talle klagtes oor die maatskappy se “chaotiese reëlings” ontvang en sommige mans dreig nou met regstappe.

SA Passport het pakkette van tot R1 500 per persoon verkoop.

Mnr. Michal Grobbelaar van Pretoria het gesê die groep wat per bus na die plaas Shalom buite Greytown gereis het, se probleme het al verlede Donderdag by die hek begin toe talle mans dubbel moes betaal vir toegang.

Die organiseerders het hulle meegedeel SA Passport het nooit hul geld aan Shalom oorbetaal nie.

Van die mans sou as deel van hul pakkette in beddens slaap, terwyl almal se tente by aankoms gereed sou wees.

Geen tent was glo opgeslaan nie.

Luidens ’n lang lys klagtes wat aan SA Passport gestuur is, was daar ook te min tente en grondseile, geen beddens is afgelewer nie en net ongeveer 40% van die mans het uiteindelik matrasse gehad.

Grobbelaar het gesê die matrasse wat eers Vrydag by Shalom aangekom het, was glo boonop “ou, stink goed”.

Daar was ook geen lakens, linne of kussingslope nie, sê Grobbelaar.

Net die helfte van die mans het glo komberse gekry, terwyl die kospakkies nie genoeg was nie.

’n Groep van Kaapstad moes vyf kospakkies tussen 55 mans deel.

Mnr. Izak Coetzee, wat ook van Pretoria na Shalom gereis het, het gesê hulle het geen ander keuse gehad as om self in te spring en die tente, wat te min was, op te slaan nie.

“Ek moes die eerste aand op die gras slaap.”

Grobbelaar het gesê hy het die Donderdagaand in die bus geslaap waarmee hulle gereis het.

Die mans is ook vies omdat niemand van SA Passport by die kampterrein teenwoordig was nie.

Mnr. Marius Erasmus van SA Pass­port, wat die reëlings moes tref, het glo onderneem om die Saterdagoggend na Shalom te reis, maar het nooit opgedaag nie.

Erasmus het gister gesê SA Passport het ’n “passie” gehad om mans na Mighty Men te lok en het nooit daarin belang gestel om ’n wins te maak nie.

Volgens Erasmus het ’n groot subkontrakteur hom op die nippertjie in die steek gelaat met die tente.

“Ek moes alternatiewe reëlings tref en het R110 000 ekstra betaal om die situasie te probeer red.”

Erasmus meen die kospakkies was genoeg en ontken hy het die mans aan hul eie lot oorgelaat.

“Ek het wel beplan om Saterdag deur te ry, maar het anders besluit ­nadat ek drie dreigemente ontvang het.

“Mense moenie dink ek het hulle doelbewus om die bos gelei nie. Ek het reeds ’n siviele saak begin teen die verskaffer wat my in die steek gelaat het.”

Erasmus het gesê die mans wat dubbel moes betaal by die hek, sal deur SA Passport vergoed word.

Die Shalom-organiseerders het gister bevestig SA Passport was nie as ’n diensverskaffer geregistreer nie.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Naweek-op-Angus-se-plaas-word-nagmerrie-20100421
Logged
GCG
Hero Member
*****

Skeptical ability: +8/-4
Offline Offline

Posts: 1829


skeptical mantis is skeptical


adele horn
WWW
« Reply #1 on: April 22, 2010, 14:38:25 PM »

ja, mens mag jou seker nou nie aan ander se pyn verlekker nie, maar ek dink dis tipies.  en ook maar lekker slim van iemand om die suckers vir 'n lekker ride te vat.
hoe seg hulle?  as jy dom is moet jy sukkel.
Logged
Faerie
Hero Member
*****

Skeptical ability: +10/-2
Offline Offline

Posts: 2112



« Reply #2 on: April 22, 2010, 14:40:45 PM »

Die vyf pakkies kos tussen 55 manne... klink al te bekend...  Evil ITS A MIRACLE!!!!!!  Grin

EN

Die christene het die man gedreig... wow...
Logged
Jane of the Jungle
Full Member
***

Skeptical ability: +4/-0
Offline Offline

Posts: 235



« Reply #3 on: April 22, 2010, 14:55:12 PM »

Die vyf pakkies kos tussen 55 manne... klink al te bekend...  Evil ITS A MIRACLE!!!!!!  Grin

EN

Die christene het die man gedreig... wow...

Wat nou, wil jy vir my se hul kon tussen al die duisende en all mighty, niemand kry om extra kos pakkies te 'order' @ 'Heathens' nie?
Logged
Hermes
Hero Member
*****

Skeptical ability: +18/-2
Offline Offline

Posts: 1137



« Reply #4 on: April 22, 2010, 15:07:07 PM »

As dit nou vyf brode en twee vissies was, was daar natuurlik geen probleem nie.   Oom Aartappel kon ook maar so bietjie manna georder het.
Logged
GCG
Hero Member
*****

Skeptical ability: +8/-4
Offline Offline

Posts: 1829


skeptical mantis is skeptical


adele horn
WWW
« Reply #5 on: April 22, 2010, 15:17:07 PM »

watse afrikaner mans is die?
waar slat afrikaanse mans uit, en niemand het bier, braaivleis en wors gebring nie?
wragtag, what is the world coming to?
Logged
Faerie
Hero Member
*****

Skeptical ability: +10/-2
Offline Offline

Posts: 2112



« Reply #6 on: April 22, 2010, 15:21:18 PM »

watse afrikaner mans is die?
waar slat afrikaanse mans uit, en niemand het bier, braaivleis en wors gebring nie?
wragtag, what is the world coming to?

Jy vergeet dat geen vroue toegelaat word nie.... gewoonlik die eva-geslag wat die inkopies doen en inpak vir die manne....
Logged
Lilli
Sr. Member
****

Skeptical ability: +3/-0
Offline Offline

Posts: 435



Lelani Stolp
« Reply #7 on: April 22, 2010, 15:24:21 PM »

Wel, as jy 'n toffie wil wees gaan jy gekou word. Tipies van afrikaanse mans om eenvoudig iemand anders te wil betaal en niks self te doen nie. Shame dat hulle vroutjieliefies nie teenwoordig was nie, maar in die toekoms is ek seker die kappie-kommando sal beter voorsorg tref.
Logged
GCG
Hero Member
*****

Skeptical ability: +8/-4
Offline Offline

Posts: 1829


skeptical mantis is skeptical


adele horn
WWW
« Reply #8 on: April 22, 2010, 15:33:54 PM »

die vroukies het seker by die huis gesit en daquiries by die liters drink, en mans strippers se g-strings met hulle tanne afgekou.
dis wat ek in anycase sou gedoen het.
of, meer waarskynlik, hulle het die tuinboy ingenooi vir 'koffie'.
Logged
Pages: [1]   Go Up
  Print  


 
Jump to:  

Powered by SMF 1.1.11 | SMF © 2006-2009, Simple Machines LLC
Page created in 0.511 seconds with 24 sceptic queries.
Google visited last this page June 04, 2019, 16:06:41 PM
Privacy Policy