Die einde is naby - 21 Mei 2011

(1/14) > >>

Faerie (February 07, 2011, 08:19:35 AM):
Heh! Laat on sien! :D



Quote
Die wêreld gaan op 21 Mei eindig’
2011-02-06 21:30

Mnr. Johannes Coetzee by sy bakkie wat ook die boodskap oor die naderende einde van die wêreld verkondig. Foto: Neels Jackson
Mnr. Johannes Coetzee is ’n besige man.

Sy wêreld vergaan oor net meer as 100 dae en die boodskap moet die wêreld bereik.

Coetzee is deel van ’n groep gelowiges wat glo die einde van dié bedeling breek op 21 Mei aan.

Dan, so glo hulle, sal die wederkoms van Jesus Christus plaasvind, gelowiges sal weggevoer word en ’n verwoestende wêreldwye aardbewing sal die planeet skud.

In die daaropvolgende maande sal chaos op aarde heers met lyke wat oral sal rondlê.

Die finale einde breek op 21 Oktober aan wanneer die aarde met vuur verteer sal word en die nuwe hemel en nuwe aarde tot stand sal kom.

Coetzee laat hom nie van stryk bring deur die algemene oortuiging in kerke dat die dag van die wederkoms van Christus ’n geheim is nie.

Hy meen dis ’n leuen wat kerke verkondig op grond van ’n Bybelvers wat verkeerd vertaal is.

Hy glo ’n kalender kan uit die Bybel saamgestel word waarvolgens die aarde in die jaar 11013 v.C. gemaak is.

Die sondvloed was in 4990 v.C, presies 7 000 jaar voor die einde op 21 Mei 2011.

Dié insigte kom van ’n Amerikaanse groep wat om die radiostasie Family Radio gesentreer is en wat die boodskap van die einde nou in 60 tale wêreldwyd verkondig.

Coetzee, vroeër ’n stads-en-streeksbeplanner, werk as vrywilliger vir hulle.

Hy sê hy het hul boodskap gekontroleer en glo dit heelhartig.

Hy leef van sy spaargeld en sit nou alles in om die boodskap oor die naderende oordeel uit te dra.

Byna 1,5 miljoen pamflette met die boodskap op is al gedruk.

Hulle het 300 000 daarvan in Kaapstad uitgedeel en nog meer in Johannesburg.

Die naweek het hy en sy medegelowiges in Pretoria gewerk.

Hy het ’n landkaart waarop al die treinroetes aangedui is.

Die stasies is vir hom poorte waar tienduisende mense daagliks bereik kan word.

Daar is mense wat aan hom sê hulle wil graag op 22 Mei by hom koffie drink of braai.

Vir hulle vra hy of hulle nie maar liewer voor die tyd wil kom nie.

Hy weet nie wat hy die laaste paar dae gaan doen en hoe hy die einde gaan inwag nie, sê Coetzee.

Sy gedagtes is nou eers besig met ander goed, soos groot buitelugreklameborde met die boodskap van die einde.

Daar is al sulke borde in verskeie buurlande, maar nog nie in Suid-Afrika nie.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Die-wereld-gaan-op-21-Mei-eindig-20110206

Half verbysterend dat dit nou juis voorbladnuus moet wees, so al asof daar nou niks anders is wat interessanter is nie.

Ek wonder of hy reeds sy huis verkoop het en sy kinders uit die skool gehaal het..... jissie, kan jy nou indink in watse stront hy gaan wees as die dag kom en gaan sonder enige drama of vuur?
bluegray (February 07, 2011, 08:29:57 AM):
Family Radio advertensie foefie?
GCG (February 07, 2011, 08:50:03 AM):
ek sit gister so by myself en dink. as almal dan nou so oortuig is ons vrek, of nou in mei, of volgende jaar, vir wat teel almal nog so druk, en trou, en studeer, en koop huis.... dis mos dan pointless, of hoe? sit dan nou maar op jou ass, en wag vir die wereld om te eindig. beter nog, gaan plak in die kerk, dis seker tog die beste plek om te wees as die bollie die fan gaan strike. sal sien hoe vinnig begin die kerk daai kak stories teenwerk, as hulle honderde mense het wat die kerk se banke vol-plak, wat wag op die einde.
Brian (February 07, 2011, 09:28:26 AM):
ons moet 'n reeling maak om kameras ens op te sit sodat ons die groot gebeurtenis kan rekord...weet nie vir wie nie maar miskien het Jebus nog nie homself op TV gesien nie. >:D Hierdie ding het oorgewaai vanuit die VSA maar hulle wou nie toelaat dat ons kameras by die busstop wat dit geadverteer het, sit nie...toe se die ou vir my..."Look around you...the world's in a disastrous state ... End of Times etc etc...wat de fok! En gisteraand watch ek "The book of Eli" jisses nog 'n nuwe generation/civilisation word ge-indoktrineer met .."And in the beginning"...
GCG (February 07, 2011, 09:51:06 AM):
maar, hoorhieso, is dit nie al end of times, soos in, 2 jaar na jebus supposedly ge-peg het nie? elke keer as die virgin mary se gesig in 'n komplassie verskyn, is dit 'n sign dat die einde naby is. al hierdie kak van 2012, irk my. in a most irksome way.
ek wonder, hoeveel civilizations se kalenders het al jarre terug opgehou, of neuk nog allie pad voort?

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page