Die Immorele Paradys

(1/2) > >>

Hermes (February 05, 2010, 14:38:07 PM):

Die fabel van Adam en Eva in die paradys, soos vervat in Genesis 3, tel onder die mees immorele mitologie ooit. Daar is ander mites wat aansienlik wreder is en oënskynlik ewe onregverdig voorkom, maar die verhaal uit die paradys vestig ’n skokkende en onverdedigbare norm.

Kortliks: God het aan Adam en Eva gesê dat hulle van al die vrugte in die tuin mag eet, maar van die boom van kennis van goed en kwaad mag hulle nie eet nie, want dan sal hulle sekerlik sterf. Die slang oortuig hulle dat hulle nie sal sterf nie, maar soos God tussen goed en kwaad sal kan onderskei. Hulle eet van die vrugte, sterf nie, en kan tussen goed en kwaad onderskei. Ons het dus ’n god wat gelieg het en ’n slang wat die waarheid gepraat het. (Die verduideliking dat hulle kwansuis “geestelik gesterwe het”, is wanhopig.) Hiervoor vervloek God die eerlike slang en verdryf Adam en Eva uit die paradys. In Gen. 3:22 sê God: “Nou het die mens geword soos een van Ons [meervoud] deur goed en kwaad te ken.”

Die norm wat hier gestel word, behels dat dit verkeerd sou wees om die onderskeid tussen goed en kwaad na te streef. Dit was aanvanklik (volgens die mite) die enigste moontlik “sonde” wat deur God daar gestel is. Die hele strekking van die Bybel van hier af aan hou ongehoorsaamheid aan God voor as die allesomvattende “sonde”. Die tema is dat die mens onbekwaam is om behoorlik tussen goed en kwaad te onderskei en dat die Bybelse voorskrifte gevolg moet word.

Sou mens godsdiens as ’n organisme beskou wat homself wil verdedig, is dit duidelik dat die grootste bedreiging vir sy voortbestaan nie die kwaad is nie, maar juis meerwaardige norme wat die godsdiens oorbodig en selfs ongewens maak. Daarom poog godsdiens om ’n diktatuur oor die onderskeid tussen goed en kwaad te vestig. Dit is nie die kennis van biologiese evolusie wat vir godsdiens die grootste bedreiging inhou nie, maar die evolusie van meerwaardige norme. Die kritiese denker kan sien dat geloof moreel bankrot is. Geloof probeer dan die wiele aan die wa hou deur vrees in te boesem, maar daardie wiele waggel al hoe meer.

Hierin lê die morele gebrek van die paradys mite: dat die onderskeid tussen goed en kwaad verkeerd sou wees. Wat ’n absurde opvatting!
Rigil Kent (February 05, 2010, 18:21:06 PM):
Quote
Hulle eet van die vrugte, sterf nie, en kan tussen goed en kwaad onderskei.


Adam en Eva het oorspronklik geen kennis van goed of kwaad nie. Dus sou ongehoorsaamheid aan God nie vir hulle uitkenbaar gewees het as 'n kwade daad nie. En tog word van hulle verwag om gehoorsaam te wees sonder om oor enige kennis of gehoorsaamheid "goed" of "kwaad" is te beskik. Wat 'n paradoksale pot kak.

Maar soos Ricky Gervais tereg uitwys, die slang kom nogal betreklik lig los:

God: "En JY slang, sal vir die res van jou dae op jou pens rondseil."

Slang:" Ag nee ... SEIL ... hoe werk dit nou weer? Jy meen ek kan nie meer vlieg soos gewoonlik nie?"
Ricky - The Bible (animals)
Mintaka


Mefiante (February 05, 2010, 19:36:35 PM):
Die bybel is propvol teenstrydighede, onmoontlikhede en paradokse en dit hoef niemand te verbaas nie dat dit glad nie moeilik is om nog te ontdek nie as mens die storieboek se oorsprong in gedagte hou. Van die teenstrydighede ens. is subtiel terwyl ander duidelik onversoenbaar is. Daarsonder sit apologete en teoloë sonder werk.

'Luthon64
Hermes (February 06, 2010, 10:22:34 AM):
Slang:" Ag nee ... SEIL ... hoe werk dit nou weer? Jy meen ek kan nie meer vlieg soos gewoonlik nie?"
:D Dankie ook vir die amusante video

Die bybel is propvol teenstrydighede, onmoontlikhede en paradokse
Ten spyte van hierdie tekortkominge is daar baie gelowiges wat steeds glo dat dit nie werklik ter sake is nie, want dit word metafories bedoel en moenie letterlik vertolk word nie. Min mense neem immers 'n storie van 'n slang wat kan praat ernstig op. Hierdie metaforiese vertolking hou dan kwansuis steeds 'n goeie boodskap in, al is die verhaal self fantasties. Dit is hoofsaak hierdie tipe "liberale" teologie wat ek in gedagte het met die bostaande pos en probeer toon dat die onderliggende boodskap in hierdie geval (die paradys mite) besonder immoreel is omdat dit die onderskeid tussen goed en kwaad teenstaan.
Rigil Kent (February 06, 2010, 11:19:54 AM):
Dit is hoofsaak hierdie tipe "liberale" teologie wat ek in gedagte het met die bostaande pos en probeer toon dat die onderliggende boodskap in hierdie geval (die paradys mite) besonder immoreel is omdat dit die onderskeid tussen goed en kwaad teenstaan.

Ja-nee, verseker. Wat hierdie Bybelse stories en idees se doel eens op 'n tyd ookal was, hulle het nie die toets van die tyd weerstaan om te beindruk nie. Bybelse idees (wat veronderstel is om God se eie WOORD te wees), is nie eens in die klas van gemiddelde Griekse filosofie van daardie tyd nie. Ek vermoed die paradysverhaal het so min as honderd, tweehonderd jaar gelede nog aanklank gevind by die oorgrote meerderheid van mense; mense wie se moraliteit in lyn was met die van die verhaal. Hulle kon simpatiseer met God en sy besluit om strawwe lukraak uit te deel. Maar ons het sederdien moreel aanbeweeg, en die Bybel het nie. Al wat tot die Bybel se "redding" kon kom is om metafoor te pleit - wat natuurlik weer sy eie sakvol probleme vir 'n reeds gemartelde teologie bring.

Mintaka

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page