Dit is hoofsaak hierdie tipe "liberale" teologie wat ek in gedagte het met die bostaande pos en probeer toon dat die onderliggende boodskap in hierdie geval (die paradys mite) besonder immoreel is omdat dit die onderskeid tussen goed en kwaad teenstaan.
Wat my nogal partykeer blymaak is dat die gemiddelde mens blykbaar heeltemal instaat is om vir homself te besluit om die morele ding te doen, maak nie saak wat hulle heilige boek sê nie, hulle kan nogsteeds vir hulself uitwerk watter dele van die bybel is immoreel... meeste van die tyd. Hulle sal byvoorbeeld selektief lees uit die bybel en van die slegter, leliker goed in die bybel ignoreer asof dit nie bestaan nie. Ons ateiste behoort baie verlig te wees daaroor.
Dit blyk my 'n populêre ding te wees om van die immorele dele van die bybel te verdedig met "... maar dis in die OU testament". My gunsteling antwoord daarop is "Die 10 gebooie is in die ou testament", en kyk hoe
squirm hulle dan! Nog 'n probleem daarmee, wat van Jesus se uitlating dat hy hiernatoe gekom het om "die wet te bekragtig". Hmm? Die Bybel is "die woord van God", of is ge-inspireer om die woord van god te wees, maar meer as helfte van dit is weggooibaar? Hoe kan mens dan jouself vereenselwig met die konsep dat hierdie boek "die waardheid" bevat, as jy sonder skroom die meerderheid van die boek kan ignoreer.
Soos ek klaar gesê het, ek's eintlik bly hulle vat die bybel nie altyd so letterlik op nie, dan sal ons waarlik in die verlede bly aanleef.