Die konsep van gees

<< < (3/5) > >>

Lilli (October 22, 2009, 09:47:13 AM):
Lilli, wat bedoel jy hiermee? Wat is wetenskaplike faktore in hierdie sin?

Karaktereienskappe word gevorm deur 'n kombinasie van chemiese / genetiese faktore en die omgewing waarin die individu hom of haar bevind / bevind het.


ek stem met jou saam dat dit wat mense van mekaar onderskei 'n kombinasie van 'n klomp faktore is. maar dit bly 'n persoonlike opinie. (die nurture vs nature argument is immers so oud soos die berge) Wat ek met die vraag bedoel het is dit: kan 'n mens 'n soliede argument bou om te bewys (of teen te staan) dat daar iet soos 'n 'gees' is, as mens aanneem dat ons 'gees' definieer as "menslike eienskappe wat hoofsaaklik te doen het met karaktertrekke en geaardheid, en wat mense van mekaar laat onderskei" ? Is daar wetenskaplike (of chemiese of genetiese) bewyse dat die sogenaamde 'gees' inherent is teenoor bloot 'n reaksie op eksterne faktore (ie die konsep van massa-histerie by 'n rugbywedstryd of protesoptog)
Mefiante (October 22, 2009, 10:11:33 AM):
Dankie, cyghost. Die onderliggende punt is dat ons dikwels begin debateer voor ons nog behoorlik weet waaroor ons eintlik praat. Konseptuele duidelikheid kan in baie gevalle onnodige debat vermy.

'Luthon64
cyghost (October 22, 2009, 10:16:55 AM):
Quote from: Lilli
maar dit bly 'n persoonlike opinie.

Ek dink nie dit is 'n persoonlik opinie nie. Beide genetiese (nature) en omgewing (nurture) het defintiewe, meetbare invloede. Die vraag is net tot watter presiesheid dit gemeet kan word en die feit dat ons unieke individue is, gaan dit in elk geval verskil van mens tot mens.

Soos jy gees gedefineer het, bestaan dit voor die hand liggend. Ons observeer (daagliks) dat mense van mekaar verskil en verskillende geaardheid en karaktereienskappe toon.

En is dit afhangend van 'n kombinasie van bogenoemde faktore.

Ek dink identiese tweelinge illustreer dit die beste. Feitlik dieselfde DNA maar kondisies binne die baarmoeder en later deur hulle lewens wat verskillende gene aan en af skakel en ons nie opeindig met klone nie. Identiese tweelinge ;)
Rigil Kent (October 22, 2009, 11:33:11 AM):
Konseptuele duidelikheid kan in baie gevalle onnodige debat vermy.
Of selfs hele studierigtings!

Mintaka
Lilli (October 22, 2009, 13:11:08 PM):
Quote from: Lilli
maar dit bly 'n persoonlike opinie.
Ek dink nie dit is 'n persoonlik opinie nie. Beide genetiese (nature) en omgewing (nurture) het defintiewe, meetbare invloede. Die vraag is net tot watter presiesheid dit gemeet kan word en die feit dat ons unieke individue is, gaan dit in elk geval verskil van mens tot mens.

Ekskuus... Afrikaans is nie my taal nie, maar ek probeer :'(
Ek dink dit is belangrik om te beklemtoon dat niemand stry dat beide genetieka en omstandighede 'n persoonlikheid beinvloed nie. Wat vir my interessant is, en ek het vroeër ook hierna verwys, is die maatstaf As mense het ons die vermoë om objektief op te tree en sonder emosie sekere phenomene te analiseer op en om 'n standaard vas te stel. Die feit dat ons almal individue is, maar tog almal mense is, maak dit moeilik om almal onder dieselfde kam te skeer, en vandaar dalk die nature vs nurture argument se eindeloosheid? :-\

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page