Die konsep van gees

<< < (4/5) > >>

Rigil Kent (October 22, 2009, 13:30:39 PM):
kan 'n mens 'n soliede argument bou om te bewys (of teen te staan) dat daar iet soos 'n 'gees' is, as mens aanneem dat ons 'gees' definieer as "menslike eienskappe wat hoofsaaklik te doen het met karaktertrekke en geaardheid, en wat mense van mekaar laat onderskei" ?)

Soos cyghost tereg se, is die bewys van die bestaan van gees voor die hand liggend per jou definisie daarvan.

Quote
Wat vir my interessant is, en ek het vroeër ook hierna verwys, is die maatstaf
Maatstaf waarvan, nou weer? Gees?

Quote
Afrikaans is nie my taal nie, maar ek probeer

Sou dit nooit kon raai nie. Jy skryf die Taal puik!

Mintaka
cyghost (October 22, 2009, 13:46:05 PM):
Geen rede vir verskonings nie. Uitstekend vir iemand wat nie Afrikaans as eerste taal het nie ;)

Lilli (October 22, 2009, 14:35:36 PM):
Geen rede vir verskonings nie. Uitstekend vir iemand wat nie Afrikaans as eerste taal het nie ;)

;D baie dankie, julle komplimente maak dat ek my afrikaans/engels woordeboek nog meer gaan konsulteer om te probeer byhou. :-[

Soos cyghost tereg se, is die bewys van die bestaan van gees voor die hand liggend per jou definisie daarvan.
Quote
Wat vir my interessant is, en ek het vroeër ook hierna verwys, is die maatstaf
Maatstaf waarvan, nou weer? Gees?

ek dink ons het teen die tyd vasgestel dat die gees wel bestaan, volgens die vorige definisie daarvan. ek glo nie ons kan volgens daardie definisie van 'gees' dit meet nie, maar wel die belangrikheid van die faktore wat dit beinvloed. (genetieka teeoor omstandighede) Deur dit te doen (indien moontlik) sal ons dalk beter begrip hê oor waarvan ons praat wanneer ons na 'gees' verwys, en sodoende "onnodige debat vermy" ;)


Lilli (October 22, 2009, 14:58:19 PM):
Ek kan dit ook seker anders stel, en laat ons ook nie vergeet waar hierdie gesprek begin het nie - die vraag was: "Is gees die essensie van die mens, of iets wat net kan bestaan wanneer dit op die fondasie van geloof gebou word, en nie sonder geloof kan bestaan nie?"

om hierdie vraag te kan aanspreek dink ek mens moet 'n duidelike definisie hê van wat bedoel word met 'gees'. en net ter duidelikheid - ek dink ons het reeds vas gestel dat gees in hierdie konteks niks met geloof uit te waai het nie.
volgende vraag - is 'gees' dan, volgens voorgenoemde definisie, die essensie van die mens?
Rigil Kent (October 22, 2009, 15:57:17 PM):
Quote
volgende vraag - is 'gees' dan, volgens voorgenoemde definisie, die essensie van die mens?

Wel, ek het dit bespreek met die twee hieronder. Hulle beweer dat hul demonstreerbaar verskillende persoonlikhede en karakters, soos per jou definisie, hulle ook as "geestelik" kwalifiseer. Hulle is dus oortuig dat "gees" liefs nie beskou moet word as uitsluitlik deel van die menslike essensie nie. :D

Mintaka

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page