Die konsep van gees

(1/5) > >>

Watookal (October 21, 2009, 11:18:16 AM):
'n Onlangse spraakbaan hier oor "mental" en "material" het my laat dink aan gees. Ek voel dat daar ’n ding soos gees is. In die badkamer voor ’n groot rugby wedstyd kon ek altyd die spangees aanvoel, maar dit was dalk omdat ek net op skool gespeel het. Dis amper soos ’n gevoel wat ek al gekry het as ek en ’n paar pelle saam uit is en een van ons maak droog. Daai gevoel wanneer ’n vriend langs jou kom staan en weet nou gaan ons altwee seker gemoer word, maar hy staan sonder om daaroor te dink want jy sal dit vir hom ook doen.

Daar’s ook mense na wie ek kan verwys as goedgeestig. Mense wat nie ’n kind, vrou of dier sal mishandel nie is in my opinie goedgeestig. Party maal moet mens seker ’n stout laaitie se boude warm maak of ’n dier slag, maar dis die mens wat dit met ’n kalmte kan doen wat ek dink goedgeestig is. Ek het onlangs ‘n kollega gevra om verby die ongesondheid daarvan te kyk en my te sê hoekom sy wil hê haar man moet ophou drink. Sy het geantwoord, wanneer hy drink verander hy in ’n monster. So die "spirits" kan seker die "spirit" beïnvloed, of dalk net die ware gees na vore bring. Die engelse wiki sê, behalwe vir die geloof stories, dat "spirit" die "essence" van 'n mens is.

Ek sal graag wil hoor wat die gevoel/denke hieroor is? Is gees die essensie van die mens, of iets wat net kan bestaan wanneer dit op die fondasie van geloof gebou word, en nie sonder geloof kan bestaan nie?
Rigil Kent (October 21, 2009, 12:41:18 PM):
Quote
moet mens seker ’n stout laaitie se boude warm maak ... maar dis die mens wat dit met ’n kalmte kan doen wat ek dink goedgeestig is.
Ek het weer gehoor dat net 'n sadis 'n kind in kalmte kan pakgee! ;)

Gees (human spirit) kan ongetwyfeld sonder geloof bestaan, en ek sien dit sinoniem met positiewe dinge soos deursettingvermoee in benarde omstandighede, barmhartigheid, onselfsugtigheid, samehorigheid. Daardie klas van ding.

Mense wat hulself beskryf as geestelik - of spiritueel(eina!)- het 'n waardering vir die dinge wat geld nie kan koop nie. In sy breedste omvat die begrip seker geloof ook, maar nie noodwendig nie. Om op jou rug te le en verskietende sterre te tel, en die voorbeelde wat jy hierbo noem, kan maklik net so geestelik vervullend wees. Of selfs tot 'n groter mate, want dis werklik.

Mintaka
Lilli (October 21, 2009, 13:06:15 PM):
ek stem saam dat daar iets soos 'n gees is. ek dink daardie gesprek oor 'mental' en 'material' het egter meer gegaan oor klassifikasie (byvoorbeeld as ek reg onthou van konsepte soos tyd en swaartekrag wat mens nie kan se is 'n entiteit soos 'n klip of 'n boom nie)Ek dink dis ook belangrik om te onderskei tussen daai rugbyspan 'groep gees' waarna jy verwys (wat in my opinie eintlik maar net massa-histerie is) en 'n persoonlike 'gees' wat gelyk gestel kan word aan 'n persoonlikheid, of soms selfs net die mood waarin 'n persoon is.
Mefiante (October 21, 2009, 13:06:37 PM):
As “gees” gebruik word as ’n woord wat verwys na ’n abstrakte en los versameling van sekere menslike eienskappe wat hoofsaaklik te doen het met karaktertrekke en geaardheid, en wat mense van mekaar laat onderskei, dan is daar geen probleem daarmee nie. Omtrent almal kan die sin van die woord maklik raaksien. Maar as dit gebruik word om werklikheid te probeer gee aan die idee dat mense ’n iets soos ’n “siel” het wat ewig voortduur en onsterflik is, dan word daar wel baie meer gesê as wat verdedig kan word. ’n Skildery wat verbrand word duur nie voort nie, behalwe dalk as ’n afbeelding in foto’s en geheuens, maar díé is duidelik nie die oorspronklike ding nie, nes ’n mens se “gees” wanneer sy sterwe.

Die menslike brein is baie begaafd as dit kom by om met “fuzzy” konsepte te werk. Dit maak redelik akkurate, bruikbare en veral vinnige ontledings moontlik wat meesal voldoende is om die dag-tot-dag lewe se probleme te bemeester. So ook is dan die idee van “gees” tot ’n aansienlike mate seker “fuzzy”: probeer net om ’n formele funktionele definisie van “gees” op te stel wat sal toelaat dat mens dit betroubaar kan uitken – m.a.w. ’n stel vereistes wat voldoen om die teenwoordigheid of afwesigheid van “gees” met beslistheid te bepaal.

Dit word nog duideliker wanneer mens besef dat sulkes wat deur ander gewoonlik as “geestelik” beskryf word selde hulle “geestelikheid” in verstaanbare woorde kan sit nie of dit konsekwent kan verdedig. In plaas daarvan, vertel hulle jou stories oor hoe jy nog nie gereed is nie om die “waarheid” te sien, en sodoende bewaar hulle hulle “geestelikheid” ten koste van jou “geestelikheid.” Dit kom weereens neer op ’n blykbaar onversoenbare verskil tussen wat verskillende mense bereid is om as “bewys” te aanvaar.

Die bogenoemde beskrywing dui daarop dat “gees” dan effens soos die woord “skoonheid” is. Almal het hulle eie, vir hulself aanvaarbaar goeie idee wat dit beteken maar die konsep is ietwat omstrede weens ’n gebrek aan duidelikheid en spesifiekheid.

'Luthon64
Mefiante (October 21, 2009, 13:38:14 PM):
Drie jaar terug het Paul Bloom, ’n sielkunde professor en wetenskaplike op Yale, dit soos volg gestel:
Jennie Rothenberg: Sam Harris [argues] that religions are standing in the way of a more authentic form of spirituality. He advocates being spiritual outside the context of these set religions. How do you feel about that notion?

Paul Bloom: I tend to be rather crabby about this. When people tell me how spiritual they are, I roll my eyes.

Jennie Rothenberg: Well, it's one of those words that's been overused to the point of self-parody.

Paul Bloom: People typically use it to tell you how wonderful they are. I would like to move away from such notions and towards more secular virtues such as intelligence and empathy and kindness and good sense.


'Luthon64

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page