Ek begin sommer van die ou hou.....

(1/7) > >>

Faerie (May 10, 2010, 14:12:48 PM):
Ou Steve hou van aandag soek en oor die algemeen pla die ou se manewales my nie, maar ek hou nogal van hierdie debat:

Quote
Steve in bekgeveg met dominee
2010-05-10 07:45

“Jy wil praat oor mense wat god word. Ek wil praat oor God wat mens word en bloei.”

Só sê die sanger en akteur Steve Hofmeyr aan ds. A. Venter, wat hom op sy (Hofmeyr se) webblad uitgedaag het tot ’n gesprek oor die “definisie van God”.

Venter skryf: “Ons is moeg om die morele bankrotskap van u, sportsterre en presidente te volg in die media. Duidelik verskil ons definisie van God se wil hemelsbreed. Ons moet praat.”

Hofmeyr sê in sy antwoord daarop dat Venter reg is. “Ons verskil hemelsbreed. Jy wil praat oor sonde, ek wil praat oor misdaad. Jy wil praat oor seks en ekse, ek wil praat oor die liefde vir twee vroue.

“Jy wil praat oor die Weg van Liefde, ek wil iets sê oor die liefde wat weg is. Jy wil praat oor buite-egtelike kinders, asof daar iets buiten egte kinders is. En terwyl jy trots mag wees op joune, eis jy ’n verskoning vir myne.

“Jou armoede lê in jou gespog oor wat jy het, my rykdom is die kennis van wat ek kort.

“Jy wil praat oor rokjagters asof die idee van vroue met keuses ’n taboe is. Jy wil praat met die swaar vuis van oordeel, ek wil luister na die beurtsang van die brose.”

Hofmeyr het bygevoeg Venter “geniet pynlike publieke kruisigings”, maar hy “veg in die doodloopstraat van private seer”.

“Jy is reg. Ons verskil. Hemelsbreed.”


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Steve-in-bekgeveg-met-dominee-20100510
Brian (May 10, 2010, 14:15:28 PM):
Mooi gegooi Steve >:D
s3c (May 10, 2010, 14:53:46 PM):
Dit is reedlik netjies, dink nou bietjie meer van hom.
GCG (May 10, 2010, 15:58:26 PM):
steve is nogsteeds 'n doos.
kyk, ek verstaan en stem saam met wat hy chirp. en ek stem saam. maar hy probeer net sy kak gedrag oor die algeen verdedig deur broeder Venter op sy neus te wys. maar die ander kak wat die drolsteve al kwyt geraak het, maak hom nogsteeds 'n epic drol.
en kommin soos grond.
sorry, geen liefde vir die poephol nie.
Hermes (May 10, 2010, 16:06:56 PM):
Liefling, kan ons nie maar vergeet en vergewe? >:D

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page