Faerie
Hero Member
   
Skeptical ability: +10/-2
Offline
Posts: 2114
|
 |
« on: May 10, 2010, 14:12:48 PM » |
|
Ou Steve hou van aandag soek en oor die algemeen pla die ou se manewales my nie, maar ek hou nogal van hierdie debat: Steve in bekgeveg met dominee 2010-05-10 07:45 “Jy wil praat oor mense wat god word. Ek wil praat oor God wat mens word en bloei.”
Só sê die sanger en akteur Steve Hofmeyr aan ds. A. Venter, wat hom op sy (Hofmeyr se) webblad uitgedaag het tot ’n gesprek oor die “definisie van God”.
Venter skryf: “Ons is moeg om die morele bankrotskap van u, sportsterre en presidente te volg in die media. Duidelik verskil ons definisie van God se wil hemelsbreed. Ons moet praat.”
Hofmeyr sê in sy antwoord daarop dat Venter reg is. “Ons verskil hemelsbreed. Jy wil praat oor sonde, ek wil praat oor misdaad. Jy wil praat oor seks en ekse, ek wil praat oor die liefde vir twee vroue.
“Jy wil praat oor die Weg van Liefde, ek wil iets sê oor die liefde wat weg is. Jy wil praat oor buite-egtelike kinders, asof daar iets buiten egte kinders is. En terwyl jy trots mag wees op joune, eis jy ’n verskoning vir myne.
“Jou armoede lê in jou gespog oor wat jy het, my rykdom is die kennis van wat ek kort.
“Jy wil praat oor rokjagters asof die idee van vroue met keuses ’n taboe is. Jy wil praat met die swaar vuis van oordeel, ek wil luister na die beurtsang van die brose.”
Hofmeyr het bygevoeg Venter “geniet pynlike publieke kruisigings”, maar hy “veg in die doodloopstraat van private seer”.
“Jy is reg. Ons verskil. Hemelsbreed.”
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Steve-in-bekgeveg-met-dominee-20100510
|
|
|
Logged
|
|
|
|
|
s3c
Newbie
Skeptical ability: +0/-0
Offline
Posts: 9
|
 |
« Reply #2 on: May 10, 2010, 14:53:46 PM » |
|
Dit is reedlik netjies, dink nou bietjie meer van hom.
|
|
|
Logged
|
|
|
|
GCG
|
 |
« Reply #3 on: May 10, 2010, 15:58:26 PM » |
|
steve is nogsteeds 'n doos. kyk, ek verstaan en stem saam met wat hy chirp. en ek stem saam. maar hy probeer net sy kak gedrag oor die algeen verdedig deur broeder Venter op sy neus te wys. maar die ander kak wat die drolsteve al kwyt geraak het, maak hom nogsteeds 'n epic drol. en kommin soos grond. sorry, geen liefde vir die poephol nie.
|
|
|
Logged
|
|
|
|
Hermes
|
 |
« Reply #4 on: May 10, 2010, 16:06:56 PM » |
|
Liefling, kan ons nie maar vergeet en vergewe? 
|
|
|
Logged
|
|
|
|
Rigil Kent
Clotting Factor
Hero Member
   
Skeptical ability: +19/-3
Offline
Posts: 2466
Three men make a tiger.
|
 |
« Reply #5 on: May 10, 2010, 16:07:08 PM » |
|
Duidelik verskil ons definisie van God se wil hemelsbreed. Ons moet praat Wel, dis nou baie mooi en poëties en alles, maar ek sien nog nie so lekker wat vir Steve laat dink dat "God se wil" enige-iets met sy lys van sentimente te doen het nie. God (deur middel van sy handleiding) is baie, baie spesifiek oor wat vir hom wenslik is, en wat nie, en ek vermoed Dominee Venter het daar gelyk. Gelukkig is daar egter nie veel Christene wat God se wil tot die letter uitvoer nie. Dis asof "verligte", moderne Christene in hul agterkop weet dat die steniging van stout kinders nie meer heeltemal so sosiaal aanvaarbaar is soos 'n klompie jare gelede nie. Al opsie wat nou oor is, is om God se wil te interpreteer, en jou eie, moderne waardes as filter te gebruik. Nee wat, daar is nie ruimte vir 'n middeweg nie. Of jy skryf vir God en al die meegaande twak geheel en al af om sodoende jou eie standaarde te stel, of jy maak jouself skuldig aan 'n ietwat oneerlike interpretasie van "sy wil" om by moderne waardes aan te pas. Mintaka
|
|
|
Logged
|
|
|
|
GCG
|
 |
« Reply #6 on: May 10, 2010, 16:16:50 PM » |
|
kyk, ek voel nogal daai een. die lewe oor die algemeen het baie plek vir grey areas, maar geloof, of dan nie, is nie een van hulle nie. jy is of 'n behoorlike xtian, of 'n atheist. al hierdie happy clappy nommertjies wat die geloof remix om by hulle te pas, sodat hulle kan dans en party en nogsteeds hemel toe gaan, is stront. at least, is die muslims oor die algemeen heel standvastig oor hulle geloof. as die koran seg jy doen so en so, dan fokkot bra, dan dit jy dit. want allah gaat jy hard en aanhoudend wetter. die xtians lyk my, en dit weet ons ook nou al, twist die bybel boekie soos hulle dit nou pas. ek hoef nie eers te hard in daai explanation in te gaan nie. ek skeem, as jy genoeg tyd op jou hande het, kan jy lewe op mars prove met die bybel, as jy die woorde genoeg draai en net sekere dele lees. soos hulle anyway al klaar doen.
so ek reken ou steve dink, hy moor nie, hy steel nie (waarvan ons weet), so as hy pomp vir afrika, en kinders bou vir volk en vaderland, is dit nou nie so erg soos die pope in die anus spyker nie.
|
|
|
Logged
|
|
|
|
|
survivor man
Newbie
Skeptical ability: +0/-0
Offline
Posts: 3
|
 |
« Reply #8 on: May 10, 2010, 17:41:40 PM » |
|
ja got girl dis waar ,al die bullshit van ek glo net wanneer dit my pas en as en wanneer dit sleg gaan en as ek nou wil skinner van jou of kak praat agter jou rug dan is ook somewhere seker is secret skrif daar erens
|
|
|
Logged
|
|
|
|
GCG
|
 |
« Reply #9 on: May 10, 2010, 17:54:42 PM » |
|
daars darm maar niks so lekker soos kak praat in afrikaans nie hoor!! dis jammer my anner helfte verstaan die taal nie so hot nie.
|
|
|
Logged
|
|
|
|
s3c
Newbie
Skeptical ability: +0/-0
Offline
Posts: 9
|
 |
« Reply #10 on: May 10, 2010, 18:18:07 PM » |
|
+1 gothcatgirl, nie geweet dis moontlik om in afrikaans op so rant te gaan nie.
|
|
|
Logged
|
|
|
|
threeholerhauler
Jr. Member

Skeptical ability: +3/-0
Offline
Posts: 53
|
 |
« Reply #11 on: May 11, 2010, 09:06:53 AM » |
|
Van die os op die jas. Het Steve nie by Eugene se begrafnis beloof en gesweer dat hy saam met Julius die brood-brein gaan braai nie? Was dit 'n geheime chop en dop, of het Steve so 'n bietjie stront gepraat?
|
|
|
Logged
|
|
|
|
GCG
|
 |
« Reply #12 on: May 11, 2010, 09:40:51 AM » |
|
steve is 'n aandag hoer. hy sal sy tossel teen 'n plank vas plak as dit hom 'n voorblad sal kry.
|
|
|
Logged
|
|
|
|
cyghost
Skeptically yours
Hero Member
   
Skeptical ability: +12/-1
Offline
Posts: 1410
Carpe diem
|
 |
« Reply #13 on: May 11, 2010, 09:48:05 AM » |
|
ROGHMVTUL*
*Rol Op Grond, Hou Maag Vas Terwyl Uitbundig Lag
|
|
|
Logged
|
|
|
|
Brian
Hero Member
   
Skeptical ability: +8/-1
Offline
Posts: 1367
I think therefor I am, I think
|
 |
« Reply #14 on: May 11, 2010, 10:31:36 AM » |
|
daars darm maar niks so lekker soos kak praat in afrikaans nie hoor!!
Absofokkenluut! Daar's g'n taal so xpressief nie...kom ons bou taal terwyl Steve en JZ nasie bou. 
|
|
|
Logged
|
|
|
|
|