ek wil iets sê en ek gaan dit sê

<< < (3/4) > >>

Faerie (August 29, 2011, 09:24:47 AM):
Ek is redelik positief oor die algemeen, daar is krapperighede wat my soms laat wonder, en ek druk my seuns se onderrig om seker te maak dat sou dit nodig wees, hulle wel werk oorsee sal kan kry ook.

Ek werk vir 'n swart baas, en ons gesels so dan en wan oor die situasie, wat beduidend is, is die feit dat sy, asook die meerderheid van haar vriende en familie nie die ANC navolg nie. Hierdie is oor die algemeen die "educated" klas mense, mense wat kan dink vir hulself. Sy was hewig ontstelt 'n paar weke terug toe my seun se beurs afgekeur is vanwee sy ras, sy het uit haar persoonlike kapasiteit 'n guns (en 'n beurs) by 'n oud-kollega by 'n ander instansie vir my seun gereel. Hierdie is dinge wat in ag geneem moet word. Die massas is een ding, maar wat gebeur met die individue wat die massas form.

Die vrot kan beide kante toe loop, kyk maar na die huidige stakings hier in Gauteng, dit het geheel en al platgeval hier, en die rede daarvoor is eenvoudig en tweevoud, eerstens, daar is onenigheid in the Unie, en die storie verloop onder die skoonmakers hier by my dat die Unie die wenners is en die werkers moet betaal, tweedens, iemand met bietjie meer kop het besef dat 'n basiese salaris van R4200 beteken dat jy skielik moet tax betaal op jou inkomste, en DIT klink toe nou nie heelemal so goed meer nie.

Ons het ' pragtige land, met baie potentiaal, ons moet net 'n manier kry om die "agtergeblewendes" op te voed en 'n ordentlike education te bied. Dit sal baie probleme oplos, maar dis 'n langtermyn oplossing, as ons NOU begin, kyk ons eers na 20 jaar na beter tye uit.
Brian (August 29, 2011, 10:06:47 AM):
ek dink ons het 'n awesom land...dis net die fokken politicians wat dit bevuil!
GCG (August 29, 2011, 10:26:30 AM):
ek het niks 'white guilt'. ek was 'n snotkind toe al die apardheid kak gebeur het. my pa was in die army en al daai, maar dis nie asof hy 'n keuse oor die saak gehad het nie.
ek het hoerskool saam met swart kids begin, en ek begin al meer suur word oor my vriende en kollegas as hulle racist om my is. dit was snaaks jarre terug, dis nou net fokken slegte smaak.
ek het sweet blou boggerol gegain van apardheid nie. my ouers was lower-middleclass. ek het nie gestudeer nie. was in 'n govament school. bicycle getrap tot matriek skool toe. ek bly in 'n ramshackle cottage in 'n dude se agterplaas. ek het nie dstv nie. ek kannie brandname klere bekostig nie. ek kannie margate toe gaan vir vakansie nie. my kar se exhaust roggel soos 'n boksburg escort.
as hulle van my tax wil he, moet hulle eers kan bewys dat ek enigsins iets gegain het van wit wees.
cyghost (August 29, 2011, 10:37:43 AM):
ek sien God kies al weer kante? Is dit nie 'n slag tyd dat iemand Hom moet inlig om onpartydig te staan nie?


(ek link maar hier op in plaas van nuwe spraak baan te begin, juis omdat dit inpas met die tema, al dan iewat effe.)
Brian (August 29, 2011, 11:29:00 AM):
nee dis nie god wat kant kies nie dis die bliksemse pastoor wat dink hy't 'n hotline (en natuurlik derduisende wat hom glo)...hoe kan 'n invisible, irrational, impossible to believe god, kant kies? ;)

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page