Fundamentalistiese ateïste

(1/2) > >>

Rigil Kent (May 06, 2014, 10:02:49 AM):
Ek is op die kommentaarblad hier bietjie aangevat oor my sogenamde fundametalistiese ateïsme, of ten minste op 'n afgewaterde as-die-skoen-pas-trek-dit-aan manier. :)

Is iemand bewus van hierdie term? Dis vir my heeltemal nuut, en ook bietjie van 'n teenstrydigheid.

Rigil
Mefiante (May 06, 2014, 10:23:06 AM):
Atheist fundamentalism is an oft-used snarl word by critics of atheism. It is most commonly applied to more outspoken atheists such as Richard Dawkins or Christopher Hitchens, making a direct comparison between them and religious fundamentalists. Whether the term has any real meaning is debatable, as atheism doesn't have a system of beliefs that one can fundamentally adhere to.
M.a.w., dis ’n term wat gelowiges gebruik om hulself beter te laat voel wanneer die tekortkominge van hul geloof uitgewys word. Waar is die vervolging en verbranding en marteling wat ooit in die naam van ateïsme gepleeg is? Indien Hitler of Stalin of Mao Zedong of Pol Pot genoem word, is daai gevalle almal voorbeelde van fanatiese en onvoorwaardelike vasklou aan politiese ideale, en nie die gevolg van ateïsme op sigself nie.

'Luthon64
cr1t (May 06, 2014, 11:14:34 AM):
Well ek het al gehoor dat alle Atiese 'n fundemental verstandhouding het van geloof. Wat ek nogal met saam stem.
Faerie (May 06, 2014, 12:17:03 PM):
Ek sien my man as 'n fundamentalistiese ateis, my opinie is gebaseer op die feit dat hy absoluut geen geduld toon met enigiets geloof nie. Ek sal nog 'n dowe oor gooi teen 'n gepreek en die gesprek verander maar my man sal met 'n gekners van tande en verhewe stem die persoon aanvat en in die grond in vermorsel met logika. Die uiteinde (altyd), is dat hy frustreerd raak want die christen (of watookal) is dom-onnosel en ons vroeg huis toe gaan.

Ek dink die term is meer verwysend na ateiste wat net so hard sal argumenteer oor hul standpunt as wat christene hul geloof probeer regverdig. Christene verwag oor die algemeen dat ateiste nie hulle opinies mag lig nie en wanneer hulle aangevat word, dan kreit hulle ons uit op die enigste manier beskikbaar - hulle vergelyk ons met hulself.
Rigil Kent (May 06, 2014, 12:27:06 PM):
.... dan kreit hulle ons uit op die enigste manier beskikbaar - hulle vergelyk ons met hulself.
Pragtig gestel, en presies wat ek vermoed het, maar nie so bondig kon verwoord nie! 8)

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page