Groot nommer name

(1/1)

Tweefo (March 16, 2009, 18:00:29 PM):
Ons breine is ok met nommers tot by 'n duisend of 10 duisend. 'n Honderd duisend is nog ok maar ek glo nie ons verstaan dit werklik nie. (maklik om die somme te maak maar is daar nou 100,000 of 110,000 skape in daai kamp?)
Maar wat word 'n honderd miljoen genoem?
1000 miljoen?
10000 miljoen?
100,000 miljoen?
1,000,000 miljoen?

Daar is ook 'n verskil in wat die Amerikaners 'n biljoen noem en wat ons met 'n biljoen of triljoen bedoel. So wat is die amptelike benamings?
bluegray (March 17, 2009, 14:03:00 PM):
http://en.wikipedia.org/wiki/Long_and_short_scales
Ek dink 'n miljard was in afrikaans nog altyd 1000,000,000 en biljoen 1000,000,000,000 soos dit van die britse stelsel geƫrf is.
'n Biljoen (bi = 2 => (1000,0002) en triljoen (tri = 3 => (1000,0003).
Maar dit word al hoe minder so gebruik en biljoen is 'n 1000,000,000 (duisend miljoen) deesdae. Ek verbeel my iewers in die laaste tyd was dit ook offisieel aangekondig dat die gebruik van billion in SA nou 1000 million beteken - so ek neem aan dat om verwarring te voorkom, 'n biljoen nou ook in afrikaans 1000 miljoen moet wees.
Rigil Kent (March 17, 2009, 18:02:56 PM):
In my woordeboek kry ek nie 'n Afrikaanse naam vir 'n "googolplex" (10^(10100) nie.

Maar dis 'n nommer (of woord) wat 'n ou genadiglik maar min sal gebruik.

"Ja skat, vir die goeggelplaksieste keer, ek het haar net toevallig raakgeloop .... "

Mintaka



Navigation

[0] Message Index

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page