Hoe se hulle in Engels....

(1/2) > >>

Faerie (June 24, 2010, 07:28:31 AM):
money talks and bullshit walks....

Quote
Christen-vrou is nuwe redakteur van Loslyf
2010-06-24 07:04
Druk artikel e-pos artikel


Gauteng - ’n Vrou wat glo sterk Christelike beginsels en hoë morele waardes het, is aangestel as die redakteur van die twee bekendste sekstydskrifte in die land.

Rilette Meyer het twee weke gelede die redakteurstoel van Loslyf en Hustler ingeneem.

Meyer is ’n bekende joernalis wat veral vir die tydskrif Vrouekeur artikels met ’n sterk godsdienstige inslag geskryf het. Sy was ook ’n gereelde bydraer vir die tydskrifte Sarie en Rooi Rose.

Meyer, wie se aanstelling baie mense in die mediabedryf verras het omdat sy as ’n Christen bekend is, het gister gesê Loslyf en Hustler “verander niks aan my morele waardes nie”.

“Die uitdaging is om iets besonders van albei tydskrifte te maak. Ja, die seks gaan bly vir lesers wat die tydskrifte daarvoor koop, maar ek gaan met ’n proses van transformasie begin wat albei tydskrifte ’n nuwe gedaante gaan gee. Buiten die seks en foto’s, wil ek ­artikels van gehalte publiseer wat ook die denkende leser tevrede sal stel.

“Sodoende hoop ek om bestaande lesers te behou, maar om ’n hele horde nuwe lesers te werf wat sulke tydskrifte nie net vir die openlike seks wil koop nie.”

“Ja, ek het vir veral Vrouekeur artikels met ’n sterk godsdienstige en inspirerende inslag geskryf, maar hierdie is ’n hele nuwe uitdaging.”

- Beeld


http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Christen-vrou-is-nuwe-redakteur-van-Loslyf-20100624

hehehe, ja-nee, "Buiten die seks en foto’s, wil ek ­artikels van gehalte publiseer wat ook die denkende leser tevrede sal stel."
ons sal maar moet sien hoeveel denkende christene nou die loslyf gaan begin aankoop - dis mos ok, dan nie?

Brian (June 24, 2010, 07:33:19 AM):
O fok, ek sien kak as ek kak sien kom!
cyghost (June 24, 2010, 08:51:35 AM):
Wel meskien kan sy vir ons die Bybel herskryf met haar interessante blik op die lewe...

GCG (June 24, 2010, 09:02:31 AM):
ek dink dis kak snaaks. die geld praat hard met daai enetjie.
die grap is, die loslyf is die nommer een publikasie onder christenmans se matrasse, naas die landbou weekblad.
Brian (June 24, 2010, 09:17:44 AM):
ja en die landbouweekblad word net een keer gelees! ;D

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page