Is die heilige nagmaal kannibalisme?

(1/3) > >>

Hermes (July 13, 2010, 21:08:13 PM):
Die brood wat jy eet is die liggaam van Jesus en die wyn wat jy drink is sy bloed.

Selfs vir iemand wat dit nie glo nie, bly die simboliek afstootlik. Die liggaam van Jesus eet en sy bloed drink? Ag nee magtag! Dis darem in baie swak smaak. As hulle nou die brood so bietjie getoast het sodat jy dit nie rou hoef te eet nie, mag dit dalk gehelp het, maar nogtans.... En wat is nou so danig heilig aan hierdie sakrament - so voorbeeldig? Jesus het jou lief - eet hom!

En daar's die gemeente: "Feeeed me!"
cyghost (July 14, 2010, 07:49:20 AM):
As Protestant was ek geleer dit is slegs simboliek. Natuurlik wanneer mens daaroor besin en nie met bo-natuurlike oë bekyk nie, besef jy die makabarheid daaraan verbonde.

Ek verstaan egter die Romeins Katolieke Kerk glo dat dit *regtig* verander in die blied en vlees van Jesus. Geen wonder die oproer toe PZ die koekie deurboor nie.

Hoe mense, andersins regdenkend en normaal, sulke absolute twak kan aanvaar sonder om te blik of bloos is vir my een van die groot geheimenisse van ons spesie. Dit is voorwaar onverklaarbaar.
Brian (July 14, 2010, 07:58:39 AM):
gekoppel daaraan die afgryslike kruis, simbool van moord en oneindige foltering van derduisende jode en kriminele, insluitend die mitiese christus figuur, is ook makaber. Miskien is dit wat die gelowiges beindruk....die lyding vir hulle sondes is natuurlik die boodskap...goeie bemarking maar steeds wreed.
BoogieMonster (July 14, 2010, 14:03:51 PM):
Hehe, herhinder my aan Bill Hicks: "If Jesus comes back to earth do you think he EVER wants to see a fucking cross? It's kinda like going up to Jackie Onasis wearing a gun pin. 'Hey Jackie! Just thinkin' of John!'" *mimes the speaker making head-shot gestures*
Sentinel (July 14, 2010, 14:20:35 PM):
Hierdie praktyk kom van die heidense gebruik waar mensvleis en bloed in 'n ritueel geeet word.

Die christendom is maar net 'n uitbreiding van die heidendom, insluitende die rituele, christelike vakansiedae, feesvierings en simbole.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page