Juig! seksie

(1/2) > >>

Hermes (September 21, 2010, 18:59:43 PM):
Die tydskrif Juig! (Kletskerk noem dit Suig!) raak amoreus - natuurlik met teregwysende veroordeling.
http://www.juig.co.za/
thrift (September 21, 2010, 19:26:16 PM):
Wie of wat is die 'kletskerk'?
Mefiante (September 21, 2010, 19:36:47 PM):
Kletskerk? Hier – of die duiwel of die here se werk, afhangende van wie praat.

'Luthon64
Hermes (September 21, 2010, 19:46:03 PM):
Die werf word geadministreer deur die nuusredakteur van die NG Kerk tydskrif Die Kerkbode. Hy is gereeld in die kak by die kerk omdat daar soveel ateïste op die werf praat en die fundies sterk teengestaan word.
BoogieMonster (September 21, 2010, 23:30:16 PM):
Quote
As ’n mens egter ’n Christen geword het, is daar wel sekere vrae wat ’n mens jouself en vir God kan vra as jy ’n tatoeëermerk op jou liggaam oorweeg.

...

Daarom kan ons ook nie met ons liggame maak wat ons wil nie en moet ons dit steeds met respek hanteer en byvoorbeeld vir God vra as ons ’n tatoeëermerk op ons liggaam wil aanbring. As God daarom vir ’n mens vrede gee hieroor, dan is dit ’n oortui­ging tussen jou en die Here.


Hmmm, hier is 'n Christen wat iets beet het.... om te herskryf in my eie woorde: BESLUIT SELF!

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page