South Africa Flag logo

South African Skeptics

November 12, 2019, 02:38:15 AM
Welcome, Guest. Please login or register.
Did you miss your activation email?

Login with username, password and session length
Go to mobile page.
News: Follow saskeptics on twitter.
   
   Skeptic Forum Board Index   Help Forum Rules Search GoogleTagged Login Register Chat Blogroll  
Pages: [1]   Go Down
  Print  
Author Topic:

Koerant opskrifte

 (Read 4749 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Tweefo
Hero Member
*****

Skeptical ability: +10/-0
Offline Offline

Posts: 1544



WWW
« on: March 29, 2009, 14:35:39 PM »

Ek lees nooit koerante nie behalwe my dorp se koerant, maar vanoggend toe ek by die ry in Spar staan, lees ek die opskrifte. Daar is 'n wêreld wye ekonomise krises en Sunday Times berig oor mense wat hul werk kan verloor. Raport se opskrif sê "Dit was ek en Joost". Al twee nasionale Sondag koerante - Raport die enigste Afrikaanse een en ons moet betaal om te lees van 'n has been se sondes? Maar tog koop amper elke persoon voor my een.

Wat is fout met ons? Daar is 'n wêreld daar buite. Sewende Laan se karakters kan in detail beskryf word maar wie was Galileo of Copernikus? Ek probeer 'n "star party" rëel vir 4 April maar mense weet nie wie Galileo was nie. Hoekom word die Dalai Lama nie in Suid Afrika toegelaat nie? Wie of wat is dit, is die antwoord. Toe ek vir iemand verduidelik ek is 'n atëis wou sy weet watter kerk dit nou eintlik is. Die plaaslike CNA het 'n rak vol Afrikaanse Chritelike boeke maar nie een Afrikaanse "non fiction" boek oor wetenskap - astronomie nie.

Is dit net my dorp wat gaan stilstaan het of ons almal?
Logged
Rigil Kent
Clotting Factor
Hero Member
*****

Skeptical ability: +19/-3
Offline Offline

Posts: 2460


Three men make a tiger.


« Reply #1 on: March 29, 2009, 17:43:59 PM »

Copernikus .... dit lui 'n klokkie. Was hy nie die kameraman wat die Joost video geneem het nie? Wink

Die rede hoekom die koerant skryf oor sport, skandaal en Sewende Laan is voor die hand liggend. Dis waarin die meeste mense belangstel, en dis wat die meeste koerante gaan verkoop. Maar waarom die meeste mense se belangstellings sodanig is, en in 'n mindere mate wetenskap en wiskunde, is meer van 'n raaisel. Dis wel 'n feit dat bittermin mense wat saans na werk by die huis kom eerder gelyktydige vergelykings sal oplos of deur hul verkyker na die maan sal kyk as wat voor die TV sal neerplons. Vir dieselfde prys van 'n groterige musiekstelsel kan jy 'n gawe mikroskoop aanskaf, maar in hoeveel huise kan die struktuur van 'n vlieg se vlerk werklik in al sy glorie bewonder word?

Ons gaan baie lank wag vir koerante om gereeld oor wetenskap te skryf op hul voorblaaie. Dit sal eers gebeur wanneer die publiek dit verlang. Ook is daar seker nie baie wetenskapgeletterde joernaliste in die eerste plek nie.

Ek raai dis maar soos alle "non-mainstream" belangstellings. Die opera-entoesias sal op sy beurt weer ongelukkig voel dat daar nie 'n weeklikse voorblad berig oor Carreras (spelling?) is nie.

Hou die star party. Vertel vir die mense van Galileo en Copernikus. Skryf 'n weeklikse wetenskap kolom in jou plaaslike koerant, verkieslik geborg deur jou gunsteling kerk Tongue.

Maar miskien is dit ook maar 'n kwessie van perspektief. Ek het nie 'n cooking clue oor rugby nie. Ek vermoed van my vriende wat sport mal is dink op hulle beurt ek leef met my kop in die sand!

Maar gelukkig is daar darm nog publikasies soos New Scientist en Sky and Telescope. Ek kry diesulkes deesdae, so 'n maand of twee later, by afslag boekwinkels soos Paperweights ens. Gelukkkig bly 2 maande oue wetenskap veel varser as 2 maande oue skindernuus!

Mintaka

« Last Edit: March 29, 2009, 22:02:02 PM by Mintaka » Logged
Pages: [1]   Go Up
  Print  


 
Jump to:  

Powered by SMF 1.1.11 | SMF © 2006-2009, Simple Machines LLC
Page created in 0.35 seconds with 23 sceptic queries.
Google visited last this page May 27, 2019, 02:36:23 AM
Privacy Policy