South Africa Flag logo

South African Skeptics

December 14, 2018, 03:21:48 AM
Welcome, Guest. Please login or register.
Did you miss your activation email?

Login with username, password and session length
Go to mobile page.
News: Please read the posting guidelines before posting.
   
   Skeptic Forum Board Index   Help Forum Rules Search GoogleTagged Login Register Chat Blogroll  
Pages: [1] 2 3 ... 6   Go Down
  Print  
Author Topic:

Kreasionis met Jupiter se mane gepla

 (Read 9434 times)
Description: Malste ding wat ek ooit gesien het
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
brianvds
Hero Member
*****

Skeptical ability: +12/-0
Offline Offline

Posts: 1713



WWW
« on: November 26, 2012, 14:08:52 PM »

Nou ja, nou het ek alles gesien. Op LitNet is daar 'n kreasionis wat, onder vele ander vreemde idees, absoluut oortuig is daarvan dat mens nie Jupiter se mane met 'n verkyker of klein teleskoop kan sien nie. En nee, Galileo het ook nie die mane ontdek nie. Die spikkeltjies wat ons (en hy) rondom Jupiter sien is optiese illusies, nie die werklike mane nie (hy erken darem dat Jupiter wel mane het!)

Lees maar self sy relaas, as jy die moed het:

http://litnet.co.za/Article/oor-jupiter-en-optiese-illusies

Dit behoort seker nie eintlik my bloeddruk te veel op te jaag nie, want die ou is duidelik so mal soos 'n haas. :-)
Logged
Mefiante
Defollyant Iconoclast
Hero Member
*****

Skeptical ability: +61/-9
Offline Offline

Posts: 3734


In solidarity with rwenzori: Κοπρος φανεται


WWW
« Reply #1 on: November 26, 2012, 17:01:02 PM »

Ek verstaan ook net nie mooi nie wat de Klerk nou eintlik probeer sê in sy artikel.  Meen hy miskien dat indien hy kan wys dat ons wel ’n fout maak en iets sien wat nie daar is nie, dat ons waarnemings van ander dinge (spesifiek sy god) dan ook sekerlik foutief moet wees?

Brian, in elk geval maak jou kommentaar op die artikel natuurlik ’n rits goeie teenpunte, hoofsaaklik hoe uiters vreemd dit is dat Jupiter en sy mane so noukeurig bekende dinamikawette in hul bewegings volg, veral in die geval van herhaalde waarnemings wat oor ’n aansienlike tydperk strek…

'Luthon64
Logged
The Vulcan
Shipmate
Full Member
***

Skeptical ability: +3/-0
Offline Offline

Posts: 230



WWW
« Reply #2 on: November 26, 2012, 18:55:19 PM »

Natuurlik bewys dit dat god bestaan!  Evil Ewoliesie is net 'n "theory" en my bokkie se naam is Rudolf - dus die Kersvader is real, dus god is real.

Simpel as mense irrelavante feite in 'n mengelmoes gooi sodat jy kan op en af spring met jou storieboekie, dan nog as jy  jou feite nog verkeerd kry en ander mense daardeur laat sif, en om die kaf van die koring te skei... net om te vind als is vol wind,

Dankie dat jy darem 'n interessante bydrae maak, dit het die post darem die post gered en hom behoorlik soos 'n harlekyn laat lyk en dit als sonder name noem en mens iets leer.
« Last Edit: November 26, 2012, 19:17:28 PM by The Vulcan » Logged
brianvds
Hero Member
*****

Skeptical ability: +12/-0
Offline Offline

Posts: 1713



WWW
« Reply #3 on: November 26, 2012, 19:58:03 PM »

Ek verstaan ook net nie mooi nie wat de Klerk nou eintlik probeer sê in sy artikel.  Meen hy miskien dat indien hy kan wys dat ons wel ’n fout maak en iets sien wat nie daar is nie, dat ons waarnemings van ander dinge (spesifiek sy god) dan ook sekerlik foutief moet wees?

Miskien probeer hy bloot aantoon die wetenskap is nie altyd so akkuraat nie, maar dit is moeilik om te sê. Daardie brief van hom kom in elk geval na aanleiding van vorige koorespondensie. Maar dit toon weer eens aan dat die gemiddelde kreasionis van wetenskap heeltemal niks weet nie.
Logged
Rigil Kent
Clotting Factor
Hero Member
*****

Skeptical ability: +19/-3
Offline Offline

Posts: 2440


Three men make a tiger.


« Reply #4 on: November 26, 2012, 20:20:40 PM »

Ek kan glad nie die artikel volg, of agterkom wat die ou probeer verduidelik nie. As hy dink dat Jupiter se vier grootste mane nie sigbaar is met selfs 'n basiese 10x50 nie, maak hy natuurlik 'n groot fout.

Rigil
Logged
Mefiante
Defollyant Iconoclast
Hero Member
*****

Skeptical ability: +61/-9
Offline Offline

Posts: 3734


In solidarity with rwenzori: Κοπρος φανεται


WWW
« Reply #5 on: November 26, 2012, 20:31:47 PM »

… maak hy natuurlik 'n groot fout.
Net een!? Wink Tongue

'Luthon64
Logged
cr1t
Hero Member
*****

Skeptical ability: +4/-0
Offline Offline

Posts: 544



cr1t
« Reply #6 on: November 27, 2012, 12:42:53 PM »

Excellent reply Brian in the comments
Logged
brianvds
Hero Member
*****

Skeptical ability: +12/-0
Offline Offline

Posts: 1713



WWW
« Reply #7 on: November 27, 2012, 14:51:26 PM »

Ek sien Mefiante kon op die ou end die versoeking nie weerstaan om ook iets daar te gaan sê nie. ;-)

In ieder geval, die ou se nuutste boodskappe bereik nou 'n vlak van surrealisme wat geen fiksieskrywer sou kon uitdink nie. Dit is eintlik skreeusnaaks, en ek begin voel soos Carl Sagan toe hy in "Broca's Brain" maalvleis gemaak het van Velikovsky se teorieë. Maar Velikovsky is 'n toonbeeld van rasionaliteit vergeleke met Kobus de Klerk.
Logged
Mefiante
Defollyant Iconoclast
Hero Member
*****

Skeptical ability: +61/-9
Offline Offline

Posts: 3734


In solidarity with rwenzori: Κοπρος φανεται


WWW
« Reply #8 on: November 27, 2012, 17:42:35 PM »

Hoe dwaas en ontoepaslik en onsamehangend de Klerk se antwoorde ook al sy, die vrae moes gevra word en die punt daaragter gemaak word.

De Klerk het intussen uiters langdraadig antwoord gegee:  As ek hom reg verstaan, omtrent die enigste bewys wat hom tevrede sal stel dat ons wél Jupiter se mane sien, sal wees as mense self Jupiter toe reis en die mane direk waarneem.  (Hy swyg natuurlik oor die presiese afsnypunt waar ’n treetjie vorentoe geldige waarneming waarborg, en ’n treetjie terug ons sekerheid oombliklik aftakel.)  Sy eintlike punt is blykbaar dat as ons iets nie direk en sonder hulpmiddels kan waarneem nie, dan is dit ongeregverdig om met beslistheid uitsprake oor enige eienskappe daarvan te lewer.

Hy vergeet seker dat ons, bv., bakterieë en virusse nie sonder ’n mikroskoop kan sien nie en tog weet ons dit is mikroorganismes.  Of miskien is dit net die groot afstand wat die verskil maak — in watter geval hoe weet ons dat Jupiter self nie ’n groot spikkel iets is nie in plaas van ’n planeet?

'Luthon64
Logged
Hermes
Hero Member
*****

Skeptical ability: +18/-2
Offline Offline

Posts: 1137



« Reply #9 on: November 27, 2012, 17:55:26 PM »

@ brianvds,
De Klerk se idees is belaglik, dus waardeer ek dit dat jy die geduld het om dit uit te wys.  Skynbaar besef hy nie eens dat die mane beweeg relatief tot Jupiter nie.  Deur boonop op die maansverduisterings en skaduwees te wys, beklink jy die argument.
Logged
brianvds
Hero Member
*****

Skeptical ability: +12/-0
Offline Offline

Posts: 1713



WWW
« Reply #10 on: November 27, 2012, 18:24:25 PM »

@ brianvds,
De Klerk se idees is belaglik, dus waardeer ek dit dat jy die geduld het om dit uit te wys.  Skynbaar besef hy nie eens dat die mane beweeg relatief tot Jupiter nie.  Deur boonop op die maansverduisterings en skaduwees te wys, beklink jy die argument.

Dit wil vir my voorkom asof hy my boodskap glad nie verstaan het nie, en geen duidelikheid het oor die uitleg van de sonnestelsel of enigiets van dié aard nie. So nie is hy nou bloot moedswillig. Ek het nou nog 'n boodskap geskryf waarin ek hom punt vir punt probeer lei, sodat die gevolgtrekking dat hy twak praat feitlik onvermydellik is. Ek is nuuskierig om te sien hoe hy hom daaruit gaan probeer lospaling.

Eintlik uiters eienaardig, hierdie idee dat ons nie Jupiter se mane sien nie, maar asteroïdes wat veel nader is. Want nie een van die bekende asteroïdes is helder genoeg om kandidate te kan wees nie. Hy postuleer dus uiters helder maar onontdekte asteroïdes, wat in 'n wentelbaan om die aarde sal moet wees (want as hulle om die son wentel gaan hulle by tye te ver van ons weg wees om volgens sy eie idees sigbaar te wees). Ek dink nie eers Velikovsky sou hom 'n geskikte wentelbaan kon voorstel, sodat die asteroïdes ten alle tye presies tussen ons en Jupiter se mane is nie.

Nee, dié ou is òf 'n trol òf hy is letterlik waansinnig. Dit is eintlik nogal interessant, want te oordeel aan sy taalgebruik en spelling en so aan is hy nie onintelligent nie. Dit is eienaardig hoe selfs soliede intelligensie nietemin die slaaf kan wees van volslae waansin. Ek wonder wat doen hy vir 'n lewe, en hoe sy idees sy daaglikse lewe beïnvloed.
Logged
The Vulcan
Shipmate
Full Member
***

Skeptical ability: +3/-0
Offline Offline

Posts: 230



WWW
« Reply #11 on: November 27, 2012, 22:13:42 PM »

Ek het nooit regtig besef dat mense hulleself regtig uitgee as kresioniste in SA nie, ek meen ek is nie onbewus dat meeste Christene beweer om in die hele skepping ding te glo en evolusie af skiet nie, maar dit is die eerste keer wat ek die term in afrikaans hoor, en is vir my 'n gruwelike anglisme imo.

So ek google dit toe natuurlik, en weliswaar daar is duisende sites.

Ek moet ongelukkig toegee dat hierdie soort ontrafeling nogal volop is met enige hardcore gelowige, ek het dit al heelwat gesien. Ek weet nie of dit is omrede hul in hul binneste self twyfel en dan vreeslik hard daarteen moet skop nie en of dit iets te doen het met hierdie idee dat evolusie of even wetenskap as 'n geheel maar ook net in 'n mate 'n geloof is nie en dus op gelyke voet met watookal geloof die ou het staan nie - een van die redes hoekom ek altyd wegskram as iemand vir my vra of ek "in evolusie glo," maar dit lei gewoonlik altyd to langer debatte en die "debatte" verloop meestal dieselfde boring trant, maar soos Brian in een van sy litnet posts se, dit laat mens soms oplees op interressante onderwerpe.

Anyway die ou is duidelik vasbeslote om sy fout tot die bittereinder uit te stry, moet iets wees wat hy in sondagskool geleer het - die idee van "just go with it"

Ek het wel nogal op nog 'n interessante webwerf afgekom toe ek sa kreasionisme ge-google het http://www.kletskerk.co.za/viewtopic.php?p=273065
Logged
Rigil Kent
Clotting Factor
Hero Member
*****

Skeptical ability: +19/-3
Offline Offline

Posts: 2440


Three men make a tiger.


« Reply #12 on: November 28, 2012, 07:11:27 AM »

Ek moet ongelukkig toegee dat hierdie soort ontrafeling nogal volop is met enige hardcore gelowige
Net so. Die ding wat die meeste in tel was in die godsdiens waarmee ek grootgeword het (of eerder, ten spyte waavan ek grootgeword het Roll Eyes) is geloof. Dis gesien as die één item wat nodig is om jou saligheid te verseker.  Hoe blinder en breinloser jou geloof, hoe beter en hoe meer bewonderingswaardig. Dis pateties en hartseer.

Om jouself die heeltyd van jou eie geloof te moet oortuig is vir my 'n vervoeilike vorm van intellektuele selfverkragting.  'n Mens kan net nie vir jare sulke goed met jou kop aanvang sonder nagevolge nie. Een so 'n nagevolg is irrasionele kruistogte ... destyds gevoer met swaarde, vandag met penne.

Rigil
Logged
Brian
Hero Member
*****

Skeptical ability: +8/-1
Offline Offline

Posts: 1367


I think therefor I am, I think


« Reply #13 on: November 28, 2012, 07:33:10 AM »

Quote
destyds gevoer met swaarde, vandag met penne.
nee...met bomme ook vandag en dit sluit in die verwoesting van satanistiese oeroue beelde piramiedes edm.
Logged
cr1t
Hero Member
*****

Skeptical ability: +4/-0
Offline Offline

Posts: 544



cr1t
« Reply #14 on: November 28, 2012, 08:18:32 AM »


Dit wil vir my voorkom asof hy my boodskap glad nie verstaan het nie, en geen duidelikheid het oor die uitleg van de sonnestelsel of enigiets van dié aard nie. So nie is hy nou bloot moedswillig. Ek het nou nog 'n boodskap geskryf waarin ek hom punt vir punt probeer lei, sodat die gevolgtrekking dat hy twak praat feitlik onvermydellik is. Ek is nuuskierig om te sien hoe hy hom daaruit gaan probeer lospaling.

Eintlik uiters eienaardig, hierdie idee dat ons nie Jupiter se mane sien nie, maar asteroïdes wat veel nader is. Want nie een van die bekende asteroïdes is helder genoeg om kandidate te kan wees nie. Hy postuleer dus uiters helder maar onontdekte asteroïdes, wat in 'n wentelbaan om die aarde sal moet wees (want as hulle om die son wentel gaan hulle by tye te ver van ons weg wees om volgens sy eie idees sigbaar te wees). Ek dink nie eers Velikovsky sou hom 'n geskikte wentelbaan kon voorstel, sodat die asteroïdes ten alle tye presies tussen ons en Jupiter se mane is nie.


Dit verbaas my tot geen einde hoe mense hulle self alle stories in hul kop kan uit dink. Net omdat hulle klaar iets besluit het
en geen veite sal hulle oortuig nie.
Logged
Pages: [1] 2 3 ... 6   Go Up
  Print  


 
Jump to:  

Powered by SMF 1.1.11 | SMF © 2006-2009, Simple Machines LLC
Page created in 0.506 seconds with 23 sceptic queries.
Google visited last this page November 11, 2018, 06:55:46 AM
Privacy Policy