Kreasionis met Jupiter se mane gepla

<< < (2/16) > >>

Mefiante (November 26, 2012, 20:31:47 PM):
… maak hy natuurlik 'n groot fout.
Net een!? ;) :P

'Luthon64
cr1t (November 27, 2012, 12:42:53 PM):
Excellent reply Brian in the comments
brianvds (November 27, 2012, 14:51:26 PM):
Ek sien Mefiante kon op die ou end die versoeking nie weerstaan om ook iets daar te gaan sê nie. ;-)

In ieder geval, die ou se nuutste boodskappe bereik nou 'n vlak van surrealisme wat geen fiksieskrywer sou kon uitdink nie. Dit is eintlik skreeusnaaks, en ek begin voel soos Carl Sagan toe hy in "Broca's Brain" maalvleis gemaak het van Velikovsky se teorieë. Maar Velikovsky is 'n toonbeeld van rasionaliteit vergeleke met Kobus de Klerk.
Mefiante (November 27, 2012, 17:42:35 PM):
Hoe dwaas en ontoepaslik en onsamehangend de Klerk se antwoorde ook al sy, die vrae moes gevra word en die punt daaragter gemaak word.

De Klerk het intussen uiters langdraadig antwoord gegee: As ek hom reg verstaan, omtrent die enigste bewys wat hom tevrede sal stel dat ons wél Jupiter se mane sien, sal wees as mense self Jupiter toe reis en die mane direk waarneem. (Hy swyg natuurlik oor die presiese afsnypunt waar ’n treetjie vorentoe geldige waarneming waarborg, en ’n treetjie terug ons sekerheid oombliklik aftakel.) Sy eintlike punt is blykbaar dat as ons iets nie direk en sonder hulpmiddels kan waarneem nie, dan is dit ongeregverdig om met beslistheid uitsprake oor enige eienskappe daarvan te lewer.

Hy vergeet seker dat ons, bv., bakterieë en virusse nie sonder ’n mikroskoop kan sien nie en tog weet ons dit is mikroorganismes. Of miskien is dit net die groot afstand wat die verskil maak — in watter geval hoe weet ons dat Jupiter self nie ’n groot spikkel iets is nie in plaas van ’n planeet?

'Luthon64
Hermes (November 27, 2012, 17:55:26 PM):
@ brianvds,
De Klerk se idees is belaglik, dus waardeer ek dit dat jy die geduld het om dit uit te wys. Skynbaar besef hy nie eens dat die mane beweeg relatief tot Jupiter nie. Deur boonop op die maansverduisterings en skaduwees te wys, beklink jy die argument.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page