Kreasionis met Jupiter se mane gepla

<< < (15/16) > >>

brianvds (January 17, 2013, 14:02:35 PM):
Die geval van wat met ’n voorwerp se grootte gebeur indien twee of meer waarnemers dit gelyktydig bekyk vanaf verskillende afstande, is nog nie verduidelik nie… ::)
Die voorwerp verklein eenvoudig fisies in die een verwysingsraamwerk, maar nie noodwendig tot dieselfde mate in die ander nie. Die nuwe nie-geometriese optika is soms tru-intuïtief, maar hou moed: wat belangrik is, is die wiskunde daaragter. 0:)

Rigil

Ja, julle agnoste het net nie die nodige spirituele intelligensie om die De Klerk-disintegraal te kan verstaan nie...
brianvds (January 25, 2013, 15:38:06 PM):
Wel, will jy nou meer: 'n dag of drie sonder dat KdK die debat verder voer. Dalk het hy die aftog geblaas? Dit sou iets nuut wees vir hom!



Mefiante (January 25, 2013, 16:28:46 PM):
Glo nie so nie. Ek verwag eerder dat hy kortliks weer sal opdaag met ’n nuwe klomp syfers wat hy tans mee besig is om op te maak — en as dié syfers nie in die regte verhouding met sy bestaande deKlerkse wette geklop kan word nie, dan sal daar ook ewe skielik ’n nuwe wet of twee verskyn.

Maar my verwagtinge is heel moontlik verkeerd.

'Luthon64
brianvds (January 25, 2013, 18:35:52 PM):
Glo nie so nie. Ek verwag eerder dat hy kortliks weer sal opdaag met ’n nuwe klomp syfers wat hy tans mee besig is om op te maak — en as dié syfers nie in die regte verhouding met sy bestaande deKlerkse wette geklop kan word nie, dan sal daar ook ewe skielik ’n nuwe wet of twee verskyn.

Maar my verwagtinge is heel moontlik verkeerd.

'Luthon64

Ek hoop hy bly weg, want die hele ding raak eintlik nou vervelig. Mens kan net soveel visse in 'n vat skiet voor dit bietjie uitputtend raak. :)
Brian (January 27, 2013, 09:30:00 AM):
Soos ek al voorheen geseg het: ignoreer hom! Hy is soos 'n skoothondjie....selfs kritiek is welkome aandag!

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page