Kreasionis met Jupiter se mane gepla

<< < (16/16)

brianvds (January 27, 2013, 11:51:14 AM):
Soos ek al voorheen geseg het: ignoreer hom! Hy is soos 'n skoothondjie....selfs kritiek is welkome aandag!

Ja, maar nie ek of Mefiante is bereid om hom toe te laat om die laaste woord in daardie debat in the kry nie. :)
Mefiante (January 27, 2013, 12:08:11 PM):
Ja, maar nie ek of Mefiante is bereid om hom toe te laat om die laaste woord in daardie debat in the kry nie. :)
Ek sal onttrek as KdK een van twee dinge doen. Of hy vra uitdruklik om die laaste woord te hê, of by begin sinvolle goed skryf. Dis sy keuse en ek het dit duidelik so aan hom gestel. Maar ek gaan nie toelaat dat hy onbetwis sy strooi verkondig asof dit feit was nie.

'Luthon64
Brian (January 27, 2013, 16:54:27 PM):
Eish ... dit herinner my aan die wiskundige bal wat nooit grond bereik nie!
Mefiante (January 27, 2013, 20:08:58 PM):
Brian, gelukkig is die gemiddelde kreasionis se benadering meer as lomp genoeg om te verseker dat die bal misterieus vinniger grond toe versnel as die swaartekrag dit voorspel. :P

Meer ernstig gesproke, jy’s seker reg as mens dié situasie oppervlakkig bekyk en individuë soos KdK in isolasie bekyk. Maar my siening is ietwat breër en lang termyn as dit. As meer mense ouens soos KdK sou aanvat oor die nonsens wat hulle hardop verkondig dan sal sulke ouens oor die algemeen toenemend meer omsigtig word oor dit wal hulle sê en skryf. En alhoewel dít tyd en moeite vat, kan dit nie ’n slegte ding wees nie. As skeptici is dit mos deel van ons doel om mense aan te moedig om nie sommer enige onsin te anvaar nie net omdat dit na ons smaak klink, hoe ondankbaar die pad daarnatoe ookal mag wees.

'Luthon64

Navigation

[0] Message Index

[*] Previous page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page