My kinders en geloof...

<< < (3/3)

Faerie (October 10, 2014, 10:43:11 AM):
Die enigste ding wat my egter pla is dat my dogtertjie ongelooflik sensitief is. En huidiglik resoneer die hele Jesus-is-lief-vir-jou ding met haar op 'n groot skaal. Sy't hierdie magical protector in the sky wat haar oppas, selfs al is pappie nie daar nie. En niks wat ek kan doen of sĂȘ gaan op hierdie stadium vir haar 'n werkbare substituut wees vir Jesus nie. En dit skep die ruimte in haar kop waar hierdie klas van bog net 'n groter en dieper vastrapplek kry.

As dit jou regtig pla, vervang dit met 'n engeltjie of feetjie. Ek het my jongste 'n brons engeltjie wat op 'n klip sit gegee to hy so 6 of 7 jaar oud was met die woorde dat hierdie engeltjie na hom sal omsien. 'n Engel behoort te werk want dis ook biblies en van die engel kan jy werk na 'n feetjie toe - albei het vlerke. Dis iets fisies wat die onsigbaar vervang. My seun het die ding orals saamgedra en het nog steeds 'n plekkie op sy bedkassie.

Ek dink nie jy moet te veel bekommer dat die bog 'n diep vastrap plek gaan kry nie, sy's net 'n klein dogtertjie wat skielik besef die wereld is GROOT en nog nie haar plek daarin verstaan nie. Laat haar toe om vas te klou aan iets, en gee haar die kans om dit self later te verwerp. Dit sal kom.
Henk (October 11, 2014, 07:48:21 AM):
Dankie vir die raad en advies! Ek's bly om te hoor dat ek nie die enigste ou is wat oor is in Suid-Afrika wat reken geloof is 'n klomp ongefundeerde stront nie. Se wat jy wil, ons is maar yl gesaai.

Wat my dogtertjie aan betref, ek is nou meer gerus oor die storie. 'n Paar goeie tips opgetel.

Groete vir almal en geniet julle naweek. Met enige geluk steek daar waarheid in die bygeloof (!) oor Oom Paul se verjaarsdag, en begin dit nou verdomp reen. My gras vrek. Dalk moet ek 'n reendans in die tuin gaan doen.
brianvds (October 11, 2014, 08:32:40 AM):
Groete vir almal en geniet julle naweek. Met enige geluk steek daar waarheid in die bygeloof (!) oor Oom Paul se verjaarsdag, en begin dit nou verdomp reen. My gras vrek. Dalk moet ek 'n reendans in die tuin gaan doen.


Maak tog net seker jy doen die regte tipe dans...

Navigation

[0] Message Index

[*] Previous page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page