My kinders en geloof...

<< < (2/3) > >>

cr1t (October 10, 2014, 08:35:23 AM):
Hello Henk.

My Kind is nou amper 4. Mou vrou is 'n geloowige, so ek het amper die selfde probleem.

My seun het nog nie te veel gepraat oor die tipe goed met my nie. Maar op die einde soos jou
ouers nie kon besluit vir jou nie, kan ons nie vir ons kinders nie.

So my plan is maar soos wat my seun deur die goed gaan en hy begin praat of vra daar oor, ook
maar sy kritiese denke te ontwikkel, en hom vra te vra oor die goed en sien waar gaan dit.

As ek jy was, so ek die volgende keur as sy praat van hemel en hell vir haar vir duidelik dat
nie almal glo in 'n hemel en hell, en vir haar se dit is altyd ok om, iets te glo of nie en later
jou mind te change. En dat jy altyd sal lief wees vir haar maak nie saak wat sy glo nie.
En vir haar te se dit is fine is om die lietjies te sing by die skool al glo sy nie die selfde nie,
om 'n bietjie in te pas vir all op 'n klein dorp is nie slegste plan nie.
Faerie (October 10, 2014, 08:47:01 AM):
Hallo Henk, en welkom.

Ek het two uitgevrete seuns en het dieselfde probleme gehad toe hulle klein was, my jongste is nog steeds 'n baie sensitiewe seun op 18 (soms dink ek dis erger as om met 'n rebelse kind te sukkel, maar nou ja, dis 'n storie vir 'n ander dag)

Ek het die geloof ding op kleuterskool behandel soos Mefiante voorstel. Met elke bybel storie het ek 'n sprokiesverhaal die aand vertel en dan rustige vragies gestel oor die ooreenkomste tussen die bybelverhaal en sprokie - dink aan gifappels en water in wyn verander, maklik genoeg. Die laaste vragie dan elke aand was "Dink jy hierdie is stories of werklikheid" Ek het hulle dan gestop om te antwoord en gevra dat hulle daaroor moet gaan nadink eers en DAN vir my kom antwoord. Die uiteinde, baie jare later, is dat beide my seuns eers stop om oor 'n ding te dink in plaas daarvan om dinge net te aanvaar. Kritiese denke m.a.w.

Ek het ook so vroeg as moontlik (my twee was so 8 - 10 jaar oud op die stadium) was om hulle aan soveel moontlik gelowe bloot te stel, my oudste was tot Madras toe vir 'n week of wat om Islam te beleef. Glo my, dit was 'n kwessie van ses maande toe hulle beide vir my kom vertel het hulle dink die hele spul is 'n klomp twak. Die besef dat daar nie net "een regte geloof" is nie, maar 'n moerse lot wat dieselfde verkondig, was genoeg om hulle te laat besef dat mense maar eintlik net 'n lot skape is.

My jongste was in Graad 7 vereis om bybel voor te lees met die opening van skool op Maandae, toe ek daarvan te hore kom en hom toe uitvra daaroor, was sy houding: "Ma, its public speaking, and I need to practice that, what does it matter what I'm saying if it serves the purpose of me getting over my fear of speaking at all?" Wyse woorde van 'n 12 jarige.

Sing saam met haar die liedjies, en vat haar na al die bybel storie blockbuster flieks met die spectacular 3D wat uitkom, flieks is mos net stories dan nou nie, herhinner haar net daaraan. Ek sou nie op hierdie stadium haar die term "Ateis" leer nie, sou sy met haar maatjies gesels sal dit dinge net moeilik maak en sy het nog nie die woema wat sy in later jare sal he nie. Laat sy glo wat sy wil maar maak seker dat dit saam met kersvader en die tandmuis op die regte ouderdom 'n rustige dood sterf. My twee het eers hier op 10 of 11 hulle self begin uitspreek teen geloof en met 'n paar stampe en stote geleer wanneer om iets te se en wanneer om eerder stil te bly en water oor gods akker te laat loop.

Met die tafel gebede ens, ek het op daardie ouderdom oor omtrent alles gebid saam my kinders, ons het hoederboudjies bedank dat die hoender in question sy lewe gegee het om ons te voed, wortels uit die grond getrek uit die groentetuin bedank vir die goeie oogsig wat dit ons gaan gee, die gogga wat per ongeluk platgetrap is om verskoning gevra dat ons hom nie raakgesien het nie. Ek het meer gebid saam my klein kinders as in my hele lewe voor hulle koms. Die verskil is dat ons vir die kos/gogga/whatever gebid het en nie vir 'n god nie. My oudste het nou die dag verskoning gevra aan 'n muskiet wat hy platgeklap het, 'n vrome "I'm sorry had to kill you but you were annoying me".... ;D

My oudste op 22 is nou "couldnt be bothered" en my jongste op 18 'n uitgesproke "Evolunionist" - 'n term wat hy op 12 of so aangeneem het ten spyte dat hy drie maaitjies in the proses verloor het ('n moslem, katoliek en xtian kind onderskeidelik).

Dis 'n rowwe pad, maar hulle kom gewoonlik sterker en meer selfversekered aan die ander kant uit. Hou ons op datum, daar is 'n paar "old hands" op die forum wat deur hierdie dinge gekom het sonder te veel drama en raad help altyd.
Rigil Kent (October 10, 2014, 09:02:15 AM):
Welkom, Henk.

Ek verstaan jou frustrasie maar te goed. Die bekende Chinese vloek lui mos, mag jy in interessante tye leef.

Ek kan eintlik maar net saamstem met jou gevolgtrekking oor hoe om die probleem te hanteer. Mense gaan immers vir ons kinders lieg oor verskillende dinge vir die res van hulle lewens. Eerder as om die spesifieke probleem van Christendom aan te vat wat, soos jy wel genoem het, net tot ongelukkigheid gaan lei, stem ek saam met jou plan om eerder kritiese denke te bevorder.

Natuurlik is elke kind effens anders, maar ek glo tog (::)) dat al wat werklik nodig is, is dat hulle 'n werkbare, praktiese begrip moet ontwikkel van die volgende: Hoe weet ons of iets waar is? Dis 'n eenvoudige vragie om te verstaan, maar kan lei tot baie interessantee besprekings (en selfs eksperimente!) tussen 'n ouer en kind.

Dis dan ook nie eers nodig om die "pretgelofies" soos kersvader en die tandemuis 'n eksplisite doodskoot toe te dien nie. Hulle sal mettertyd natuurlik erodeer saam met Liewe Jesus en Paashasie in die vloed van gesonde verstand. Trouens, hierdie pretgelofies is waarskynlik nogal waardevol as hulpmiddel om ALLE gelowe af te sweer op die een of ander stadium van grootword.

Hier is 'n soortgelyke fred as jy dit dalk wil bylees. http://forum.skeptic.za.org/religion-and-philosophy/good-parenting-for-the-atheist/

Onthou net, jy het geloofsvry daaruitgekom. Jou dogterjie se kanse is nog soveel beter omdat sy jou as ouer het.

Rigil
Henk (October 10, 2014, 09:42:55 AM):
Dis dan ook nie eers nodig om die "pretgelofies" soos kersvader en die tandemuis 'n eksplisite doodskoot toe te dien nie. Hulle sal mettertyd natuurlik erodeer saam met Liewe Jesus en Paashasie in die vloed van gesonde verstand. Trouens, hierdie pretgelofies is waarskynlik nogal waardevol as hulpmiddel om ALLE gelowe af te sweer op die een of ander stadium van grootword.
DIS die waarheid. Ek wou nou sê dis die 'heilige' waarheid, but oh, the irony!

Ek dink nog 'n storietjie wat 'n mens kan gebruik is die Keiser se Kleed. Dis in elk geval 'n baie belangrike kinderstorie wat om een of ander rede heeltemal oor die Christen-tannies wat dit vir die kindertjies voorlees se koppe gaan...

Maar ja, wat jy sê is waar. Ek het pretty much ongedeerd daarvan afgekom, maar dit was nie omdat Die Stelsel nie probeer het nie. Ek het my vrye verstand 100% te danke aan my pa, wat my van kleins af geleer het om my kop te gebruik. Al is hy self 'n Christen - hoe eienaardig dit ookal mag wees. Ek dink soms hy gaan maar net kerk toe vir die gemak van 'n bekende kultuurruimte, iets wat maar bittermin verander het vandat hy 'n kind was. Ek dink nostalgie speel 'n groter rol in sy kerkbywoning as enige geloof in die bonatuurlike.

Die enigste ding wat my egter pla is dat my dogtertjie ongelooflik sensitief is. En huidiglik resoneer die hele Jesus-is-lief-vir-jou ding met haar op 'n groot skaal. Sy't hierdie magical protector in the sky wat haar oppas, selfs al is pappie nie daar nie. En niks wat ek kan doen of sê gaan op hierdie stadium vir haar 'n werkbare substituut wees vir Jesus nie. En dit skep die ruimte in haar kop waar hierdie klas van bog net 'n groter en dieper vastrapplek kry.

Dalk ooranaliseer ek die probleem. Ek dink net dis moerse boos en verkeerd van die samelewing om maar net klakkeloos te aanvaar dat dit reg is om so met kindertjies se koppe te smokkel - en dat my siening van die wêreld die probleem is.

Ek het nie hierdie probleem met my ander kind nie, sy word nou vier, en het vrede met geloof. Sy is nie beindruk met Jesus, Mohammed, Bhudda of die FSM nie. Sy is wel moerse impressed met liggaamsgeluide. Ja, haar enigste oorweging tussen Islam en die Christendom sal wees om Jesus en Mohammed 'n blik baked beans te voer en te kyk watter een poep die hardste. Sy sal daai een se geloof aanhang. Met oorgawe. Ek is net gepla oor my oudste, omdat sy so 'n ou sagte hartjie het en nou 'n prime target is vir die kopsmokkelaars.

Ek dink dit mag dalk 'n goeie ding wees om haar een Vrydag na 'n moskee te neem en vir haar te verduidelik dat die Islam ook bestaan, dat hulle 180° teenstrydig met die Christendom is (al is hulle beide Abrahamitiese gelowe), haar dan 'n hindoetempel te gaan wys, en te kyk of ek een Saterdag by 'n sinagoge kan ingaan. En haar dan te vra om vir my te vertel watter een is die waarheid.

Ek weet nie. Dis net ongelooflik amazing dat sulke middeleeuse bullshit so 'n impak op 'n mens se lewe kan hê, nou, in die blêddie 21ste eeu. Ek meen, hel. Ons was al op die maan, for pete's sake.
Rigil Kent (October 10, 2014, 10:23:02 AM):
Ek dink net dis moerse boos en verkeerd van die samelewing om maar net klakkeloos te aanvaar dat dit reg is om so met kindertjies se koppe te smokkel - en dat my siening van die wêreld die probleem is.
Ongetwyfeld. En dit pla mens eers regtig (verkeerdelik miskien) wanneer jy self kinders in daardie situasie het. Maar dis seker maar in die mens se natuur... ons kan mos net passievol raak oor iets wat ons direk affekteer.

As mens nie iets verander kan kry nie, moet jy dit seker maar probeer gebruik op die positiefste manier moontlik. Ek dink Faerie se optrede met haar twee seuns was nogal 'n meesterlike voorbeeld daarvan. Op skool bou jou kind dalk nie net geloof op nie, maar meer belangerik ook kennis oor geloof. Die onderwyser rus die denkende kind onwetend toe met al die teenstrydighede wat sy gaan nodig hê om self die onwaarskynlikheidscracker te laat ontplof. Ons moet net die vuurhoutjies voorsien.

Rigil

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page