My kinders en geloof...

(1/3) > >>

Henk (October 10, 2014, 06:29:20 AM):
'n Goeie dag aan al die heidene!

Ek het pas aangesluit hier, ek het toevallig 'n skakel na die forum raakgeloop na ek 'n paar links gevolg het oor daai akteur (het nou sy naam vergeet) wat vir Sam Harris op Bill Maher se show aangevat het. Dis nie ter sake nie - dat ek die forum raakgeloop het, is wel.

In elk geval, ek is al van my hoerskooldae 'n ateis. Dit was nie groepsdruk of rebellie teen my ouers of enige van daai klas strooi wat my my geloof laat verloor het nie, nee - ek het bloot net een dag op my stert gaan sit en die hele ding oordink en tot die konklusie gekom dat die hele spul 'n klomp bog is. En dit was ook eintlik die laaste wat ek hoegenaamd my tyd met die topic gemors het. Nie dat dit nie in my gesig gegooi word nie, nee - my pa se broer het twee doktorsgrade in teologie (hy was 'n prof in teologie op Tuks - hoe teenstrydig 'prof' en 'teologie' ookal in dieselfde sin mag klink.) En die arme perd ignoreer my nou al vir die laaste twee dekades soos die spreekwoordelike stopstraat - hy reken ek's op 'n eenrigting-straat hel toe; ek dink die laaste paar keer waar ek hom met suiwer logika in 'n hoek gedryf het waaruit hy homself nie kon bullshit nie het 'n bietjie skeef in sy keel gaan sit.

Maar nietemin - my ouers en susters is baie gelowig, maar ek kon nie vir beter ouers as myne vra nie. Hulle weet dat ek 'n ateis is, maar my pa se opinie is dat hy maar net te bly is dat ek my verstand gebruik. Hy het my geleer om krities te dink, en hy neem my nie kwalik dat ek tot die gevolgtrekking oor geloof gekom het wat ek het nie, al strook dit nie met syne nie. Ek kan my punt verdedig, en dis al wat hy wil he. Dieselfde met my ma. Maar die hele spul van hulle is elke Sondag in die kerk.

Oukei - genoeg van my. Hier's my probleem:

Ek bly in 'n klein dorpie in Noordwes. Die hele geloof-ding het my verbygegaan, soos ek gese het. Ek is maar net te dankbaar vir die stil Sondaeoggende wanneer ek die enigste ou in die SPAR is om my weeklikse inkopies te doen. Waar die ander mense heen is, is nie my saak nie. Maar nou het ek twee kleintjies, en nou raak die storie 'n bietjie meer persoonlik. My oudste word nou in Desember 5. Sy is vreeslik slim, sy't haarself geleer somme maak (oukei, die basics - but still), sy lees en skryf al in rukke en stote, en sy maak haar ouers baie trots. Maar sy is geweldig sensitief. Soos in erg. As iets net nie is soos dit behoort te wees nie, as iemand net skeef vir haar kyk, as dinge nie werk soos sy wil he dit moet werk nie, dan is dit snot en trane.

Sy kom nou huistoe van die kleuterskool af, en elke tweede dag het hulle 'n nuwe Jesus-liedjie geleer. God dit, God dat. Dan die duiwel wat haar gaan straf as sy stout is. Allerhande stront wat hulle deur die oorywerige happy-clappy tannie by die kleuterskool geleer word. Ek het al oorweeg om haar daar uit te haal, maar weens my en my vrou se professionele skedules kan ons nie anders as haar by die skooltjie hou nie. Dit, en dat haar maats daar is. En sy het lank genoeg gesukkel om maatjies te maak soos dit is. Die ding is, ek weet ek kan ook nie vir die tannie by die skool gaan se om op te hou met die crap nie, of om ten minste net nie MY kind met die bog te indoktrineer nie, maar ek weet sy sal dan geviktimiseer word en dit sal haar breek.

My dogtertjie het al 'n paar keer huistoe gekom en my met 'n baie ernstige uitdrukking op die gesig gevra waar die hel is. Sy weet waar's die hemel - sy wys reguit boontoe na die naaste groot fluffy wolk. Julle ken die storie. My kind word nou belas met al die onnodige skuldgevoelens en paranoia en stront wat ek gehoop het haar gespaar sal bly.

Hier's my plan:

Ek kan haar nie wegvat uit die skooltjie nie. Besides, wanneer sy laerskool toe gaan, gaan dieselfde ding maar net aan. Ter wille van haar baie breekbare klein sielietjie dink ek op die kort termyn is dit belangrik vir haar om 'te doen wat die maats doen'. Sodat sy nie uitgesluit voel nie. 'n Mens kan lag vir groepsdruk, maar op haar jare dink ek is dit bitter belangrik - belangriker, selfs, as die wete dat sy met 'n klomp stront besig is. Wat ek wel gaan doen, is om haar van vroegs af te leer krities dink. Ja, dat sy die halleluja-liedjies saam met haar maats sing, maar uiteindelik tot dieselfde gevolgtrekking as ek kom toe ek op skool was. Sy gaan op een of ander stadium besef hoekom sy dan Sondagoggend by die huis is. En ek dink haar ontgogeling met die hele storie gaan omtrent so traumaties wees as wanneer sy uitvind dat die tandemuis nie bestaan nie. Dis nog 'n illusie wat ek haar nie ontneem nie, en waaraan ek lustig meedoen. En dan, uiteindelik, of dit in die volgende tien of vyftien jaar gebeur, gaan sy in elk geval meer waarde aan die geloofskwessie heg, omdat sy self tot daai konklusie gekom het.

Dis my plan. Ek wil net weet of iemand hier al deur dieselfde drama met 'n oorsensitiewe kind is?
Brian (October 10, 2014, 07:11:35 AM):
GROOT WELKOM Henk! Man jy't sommer lekker hier ingesak en uitgepak. Welgedaan. Ek hoop ons kan voldoen aan jou verwagtinge. Die sleutel na my mening is : "Wat ek wel gaan doen, is om haar van vroegs af te leer krities dink" Daar le die ding. Dis jou "heilige" plig om jou kind se denkvermoe te ontwikkel sonder breinspoeling, intimidasie en ander strond. Ek't soortgelyke ervaringe gehad met my kroos, 4 van hulle. Drie is ateiste (een miskien meer agnosties) en een christelik. En ons aanvaar dit so. Elke mens moet self besluit...my christen seun is nou 41 jaar oud was op harde drugs in sy jong jare en het sy vrou ontmoet wat hom reggeruk het en sy was die groot oorsaak dat hy christelik geraak het....en daar laat ek dit want hy is vir my belangriker as my persoonlike opinies ens. Good Luck en bly op hierdie link....
cyghost (October 10, 2014, 07:26:25 AM):
Welkom, Henk

Ek sit in dieselfde bootjie. My seuns 4 en amper 2 gaan na 'n ACSVV kleuterskool omdat dit gemaklik en goedkoperig is, relatief gesproke.

So met skok en toe vermaak het ek so paar maande gelede agter gekom die deuntjie wat my my seun neurie is "Yes, Jesus loves me" :) Weet nie hoekom nie, ek was dit te verwagte.

Verlede Vrydag aand hulle skool se jaarlikse opvoering gaan sien, Noag se Ark.

Elk geval, ek het besuit om nie in te meng nie, maar ook om eenvoudig dood eerlik te wees as hulle my enige iets sou vra oor godsdiens of geloof of wat ook al.

Ek is self elke Sondag Sondagskool toe geboender en moes koffie kroeë en sulke goed bywoon op Riebeek-Wes in die Weskaap. Praat van klein dorpies! En natuurlik het dit nie verhoed dat ek verval het en nou seer sekerlik in die helle vuur gaan brand tot in der ewigheid nie.

Anders gestel, hulle het hulle fokin bes gedoen om my vir Jesus te wen en te behou maar logika en redenering het geseëvier. En dit het my nie veel skakde berokken nie behalwe vir verlore ure. In teen deel, ek ken vandag nog die bybel beter as meeste Christene net omdat ek die tiepe doos was wat opgelet het in klaskamers :P

Sterkte!
Mefiante (October 10, 2014, 07:31:38 AM):
Hallo en welkom by die forum, Henk. En geluk met jou “bekering” van jare terug.

Ek dink jou beplande benadering met jou dogtertjie is die regte ene: Laat sy saam met die ander kinders al die dinge op haar kleuterskool doen anders is sy ’n buitestander en ons weet hoe wreed klein kinders teenoor mekaar kan wees. Dalk die belangrikste ding, myns insiens, is om haar te laat weet dat jy dít wat hulle op die kleuterskool verkondig self nie glo nie (verduidelik die redes hoekom kortliks en verstaanbaar aan haar) en dat sy die moontlikheid moet oorweeg dat dit sprokiesverhale is wat sy hoor, soos Grimm of Andersen s’n. Daar is geen rede om nie saam te speel nie solank sy die moontlikheid beoog en verkieslik vir haarself hou. Jy kan die sake vir ’n jaar of twee los maar ek sal nie te lank wag nie. Kinders kan dikwels baie meer verdra as wat ons wil dink. Indien jou vrou ook ateïsties is sal haar ondersteuning in die opsig natuurlik ook baie help.

'Luthon64
Henk (October 10, 2014, 08:25:03 AM):
Thanks vir die gulle verwelkoming! Ek kan sien ek gaan nog baie tyd hier spandeer...

In elk geval, ja. Dis seker maar al wat ek kan doen. Ek is bly om te hoor daar is ander van julle wat dieselfde paadjie stap, of gestap het.

Ek sal dodelik eerlik met haar wees, sou sy my enigiets rondom die hele Liewe Jesus-storie vra. Maar daar is 'n effense probleempie daarmee: Ek glo onverbiddelik in konsekwentheid. Sou ek haar moes vertel dat dit 'n klomp nonsens is, gaan Kersvader en die Tandemuis ook in die slag moet bly. Ek klink dalk nou kleinlik, maar daar is min dinge so waardevol (en so vlietend) soos die verbeelding van 'n kind. Die "magic" van wag vir Krismisvader die aand voor Kersfees, wanneer jy jou bes probeer om jou oë oop te hou en die bliksem te vang waar hy by die skoorsteen uitkom met sy arms vol prezzies. En elke keer wag hy tot jy aan die slaap raak voor hy die huis binnekom. Elke. Donnerse. Keer. Maar ek sou baie de moer in wees vir my ouers as hulle my daai ding ontneem het deur bloot net eerlik op die vraag te antwoord of Kersvader bestaan of nie.

Ek dink 'n beter plan (dalk 'n ruggraatlose een) is dalk om bloot net die hele topic te ignoreer. Tot sy begin agterkom dis ek wat die tande onder haar kussing skaai, en dat Jesus om een of ander rede nooit terugpraat as sy bid nie.

Maar nou ja. Ek weet nie hoekom dit my juis nou so pla nie. Dalk is dit omdat sy gisteraand vir my 'n preek afgesteek het oor hoe ons almal in die hel gaan brand omdat Juffrou so sê. Verdomp. Ek kan nie glo dat mense willens en wetens weerlose klein kindertjies kan brainwash met daai stront nie. Dis verdomp boos, en kan lewenslange sielkundige skade veroorsaak. Maar nou ja - ons moet hulle seker vroeg in die lewe vang as ons oor 'n dekade of twee nog kollekte wil in, of hoe? Die pastoor moet, after all, vir sy nuwe Merc betaal.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page