Nee vir moffies

(1/7) > >>

Tweefo (August 13, 2010, 19:10:15 PM):
'n Sanger sou hier op Middelburg kom optree by een of ander vroue vereniging. Ongelukkig het hy 'n paar dae vantevore aangekondig dat hy met 'n man gaan trou. Groot opskudding op die dorp! Sy optrede word gekanseleer en mense wat hom veroordeel se briewe verskyn in die plaaslike korant. Almal sê natuurlik dat die Bybel sê dis verkeerd en daarom goed dat die dorp se mense hom nie verwelkom het nie.

Ek voel dit is my plig om hierdie mense se foute uit te wys. Ek wil dus graag my eie brief instuur met 'n paar ander goed wat die Bybel sê ons moet doen. Ek ken egter nie die Bybel goed nie. Kan julle my dalk na 'n paar "goeie" versies toe verwys? In Afrikaans asseblief sodat ek nie beskuldig word dat ek die bybel verkeerd aanhaal nie. Engels word nie eintlik hier gelees nie.
Mefiante (August 13, 2010, 19:28:48 PM):
Hier’s ’n goeie beginpunt. Al is dit Engels, kan dit of vertolk word of as ’n basis dien vir jou eie brief.

Die sanger kan maklik ’n hofsaak van diskriminasie maak en hy sal wen. Dit is gewaarborg. Die mense se gedrag is heeltemaal onwettig.

'Luthon64
BoogieMonster (August 13, 2010, 20:46:07 PM):
Die beste gids hiervoor is: Skeptic's Annotated Bible. Jy kan self check, meestal se die afrikaanse bybel pretty much wat daar staan.

Sover ek sien, is jou beste argument (en nie 'n baie goeie ene nie) die christen wereld se mees geliefde gay paartjie: David en Jonatan. (Telese in 1 Samuel). Die twee soen, hulle obvious liefde vir mekaar dryf Saul om 'n spies na david te chuck (hy't glo 'n bose gees in hom, maar ek dog hy doen net wat die bybel beveel?), Ek dink Jonatan tune ook op 'n stadium dat hy david lief het "meer as enige vrou", ens. ens. Check maar die link hierbo, dit lys elke gay dingetjie wat gebeur (of lyk of dit gebeur) in die bybel. Maar wees gewaarsku, daars meer negatief as positief.

Tweefo (August 14, 2010, 08:44:57 AM):
Dankie sover. Ek het nie 'n Bybel nie, so ek kan nie self kyk nie. Ek neem aan dat min of meer dieselfde word gesê per vers?: As ek 'n spesefieke Engelse vers aanhaal gaan dit dieselfde in Afrikaan sê?

Hermes (August 14, 2010, 14:07:13 PM):
Jy kan hier Die Bybel in Afrikaans naslaan.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Skeptic Forum Board Index

Non-mobile version of page