South Africa Flag logo

South African Skeptics

August 16, 2018, 02:02:05 AM
Welcome, Guest. Please login or register.
Did you miss your activation email?

Login with username, password and session length
Go to mobile page.
News: Follow saskeptics on twitter.
   
   Skeptic Forum Board Index   Help Forum Rules Search GoogleTagged Login Register Chat Blogroll  
Pages: [1]   Go Down
  Print  
Author Topic:

Nog nooit so daaraan gedink nie

 (Read 746 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Rigil Kent
Clotting Factor
Hero Member
*****

Skeptical ability: +19/-3
Offline Offline

Posts: 2440


Three men make a tiger.


« on: January 03, 2009, 18:15:39 PM »

My leesstof vir die vakansie was die redelik bekende boek Zen and the Art of Motorcycle Maintenance, deur Robert M Pirsig (1974).

Die boek gaan oor 'n verskriklike klomp goed. Die skrywer en sy seun onderneem 'n motorfietstoer deur die VSA waartydens dinge van die stelselmatige vereensaming van mense, tot herstel van modderskerms bespreek word. Die skrywer word ook deur die loop van die storie geteister deur 'n vorige persona van homself, wat sorg vir die drama-komponent.

Op een stadium terwyl hulle uitkamp, vra die seun vir Pirsig of hy in spoke glo.
Pirsig sê nee, geloof in spoke is onwetenskaplik, want hulle bestaan nie uit energie of materie nie. Dan voeg Pirsig by dat die wette van die wetenskap ook nie uit materie of energie bestaan nie. Hy kom tot die interessante maar komiese  gevolgtrekking dat, om geheel en al wetenskaplik te wees, jy nóg aan spoke, nóg in die wette van wetenskap kan glo.

Maak half sin op 'n koddige manier.

Met beste wense vir 'n skeptiese 2009,
Mintaka.
Logged
Pages: [1]   Go Up
  Print  
GoogleTagged: bestaan spoke nie


 
Jump to:  

Powered by SMF 1.1.11 | SMF © 2006-2009, Simple Machines LLC
Page created in 0.423 seconds with 23 sceptic queries.
Google visited last this page December 16, 2017, 20:11:46 PM
Privacy Policy