South Africa Flag logo

South African Skeptics

January 23, 2018, 10:05:31 AM
Welcome, Guest. Please login or register.
Did you miss your activation email?

Login with username, password and session length
Go to mobile page.
News: Please read the forum rules before posting.
   
   Skeptic Forum Board Index   Help Forum Rules Search GoogleTagged Login Register Chat Blogroll  
Pages: [1]   Go Down
  Print  
Author Topic:

Om 'n boek te publiseer

 (Read 5547 times)
Description: want ek wonder hoe moeilik dit rerig is
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Lilli
Sr. Member
****

Skeptical ability: +3/-0
Offline Offline

Posts: 435



Lelani Stolp
« on: September 23, 2010, 14:48:01 PM »

Die stelling is gemaak dat dit eintlik baie maklik is om 'n boek gepubliseer te kry. Ek dink dat die stelling net waar is onder baie spesifieke omstandighede, en volgens baie spesifieke definisies van 'boek'. (die genre waarvoor ouens soos Brian en Stevo skryf, geld nie onder hierdie definisie nie, dis heeltemal te intellektueel vir hierdie tyd van 'n soortvan Vrydag middag) My voorstel is dit:
'n Afrikaanse hygroman: Hoofkarakter: Chantelize Venter uit Brakpan. Die storie: haar soeke na identiteit in 'n post-apartheid Suid Afrika. Begin met Chantelize se kinderdae, die goeie ou dae, waar haar pa se woord nog wet was, haar ma nog muffins gebak het en botter gekarring het, haar broers haar met paddas en sprinkane geteister het, en die kerk vir haar 'n heenkome was.
Deel twee, Demokrasie - haar AWB vader verloor alles en draai na alkohol, haar broers kan nie werk kry onder die nuwe regering nie, en haar ma naai die tuinjong. Chantelize vlug na die Universiteit van Pretoria, en studeer 'n BA fokologie graad in die hoop om 'n trouman te ontmoet wie vir haar sal sorg. Die groot stad is rof. Sy ervaar 'n liefdesteleurstelling aan die hand van 'n seun van Maroela koshuis wat haar net vir seks wil gebruik. Opgebruik en weggesmyt ervaar sy vir die eerste keer in 'n lang tyd weer ware liefde wanneer sy 'n dame uit Johannesburg ontmoet, 'n aktriese wat in Pretoria is vir die naweek omdat sy 'n show by die Barnyard het. Dis hier waar die storie lekker sappig raak, kompleet met 'n lesbiese sekstoneel (diskreet, natuurlik) Chantelize partiekie te veel en word uit die Universiteit uitgeskop, sy kry werk as 'n topless waitress by 'n privaatkroeg in Moreletapark. Dit is die laagtepunt van haar lewe.
Deel Drie, Redemption: Chantelize is eendag in die bus oppad werk toe, toe sy die monstrosity van die Moreleta NG Gemeente se Kerkgebou vir die eerste keer werklik oplet. In 'n oomblik van waaghals forseer sy die busbestuurder om te stop. Sy spring uit, hardloop die heuwel uit na die deure van die kerk, waar sy soveel gemak ervaar het in haar kinderdae. Helaas, dit is Gauteng, en die deure is gesluit. Chantelize besef dat sy nie verbaas moet wees nie, haar selfbeeld is so moer-toe sy glo selfs god en die kerk het hul rue op haar gedraai. Sy keer terug na die straat en gaan wag by die busstop. 'n Vreemdeling sit langs haar, en begin gesels. Die busdrywers het intussen besluit hulle staak, en soos die tyd verby stap gesels die 2 vreemdelinge by die busstop oor die afwesigheid van god (die misterieuse busstop profeet is 'n ateïs, jy sien, en die eerste persoon in Chantelize se lewe tot dusver wat sin praat) Ons heroïne sien die lig - die geloof in god is niks meer as wishful thinking nie, en sy gaan terug  gaan Universiteit toe, en BSc studeer, en 'n cure vir kanker en sommer aids ook uitvind eerder as om te bid vir genesing tot 'n god wat sy nou weet waarskynlik nie bestaan nie. Die misterieuse ateïs word opgelaai in 'n twee seater porsche deur 'n witwarm blondine en ry in die sonsondergang weg. Chantelize sit by die busstop en kontempleer haar volgende move. Volgende oomblik is daar 'n rower wat haar oor die kop slaan en haar selfoon steel.
Deel 4: Oblivion: Behoorlike breinskade later word Chantelize in 'n inrigting wakker, 'n staatshospitaal vir mense met gebrekke van watter aard ookal. 'n Staatshospitaal waar die kerk uitreikwerk doen, en elke oggend word daar gebid en gebybelstudie. Ek was vroeër verkeerd - hierdie is die laagtepunt in haar lewe, maar sy is onbewus daarvan (as gevolg van die breinskade, sê die dokters, maar eintlik as gevolg van die here se plan met haar lewe, sê die heiliges.
Ek sien 'n best-seller.  Grin
Logged
Brian
Hero Member
*****

Skeptical ability: +8/-1
Offline Offline

Posts: 1357


I think therefor I am, I think


« Reply #1 on: September 23, 2010, 14:53:17 PM »

daar het jy dit...tog te pragtig en hou vas aan die filmregte...CT van Brakpan, onlangs van Hollywood sal dit koop! Genuine!
Logged
Faerie
Hero Member
*****

Skeptical ability: +10/-2
Offline Offline

Posts: 2088



« Reply #2 on: September 23, 2010, 15:06:31 PM »

Junne! Jy weet daar is 'n lucrative mark vir die soort romans ne? Ek sal persoonlik omtrent 70 kopiee hier by die werk teen so R150 'n shot binne 'n uur kan smous.

Herinner my aan die bodice ripper wat die wiskunde juffrou in standard 7 uit my hande geruk het en opgeskeur het.... Mills & Boons, ek was hoogs ongelukkig.
Logged
Mandarb
Sr. Member
****

Skeptical ability: +3/-0
Offline Offline

Posts: 258



« Reply #3 on: September 23, 2010, 15:08:01 PM »

Hahaha, bravo. Entertainment galore vandag. Hou van die kinkel in die stert.
Logged
GCG
Hero Member
*****

Skeptical ability: +8/-4
Offline Offline

Posts: 1829


skeptical mantis is skeptical


adele horn
WWW
« Reply #4 on: September 23, 2010, 15:22:31 PM »

lol, ja nee wragtag.
Logged
xavier
Newbie
*

Skeptical ability: +0/-2
Offline Offline

Posts: 15


« Reply #5 on: October 10, 2010, 07:06:15 AM »

Lekker storie moet net reg geskryf word sodat 'n mens die gebeure kan visualiseer op jou eie manier. Ek haat die tipe boeke wat soveel detail in het dat 'n mens geen plek vir jou verbeelding het nie. Ek hou van Donkerkoppe met 'n netjiese alie en amper atleties gebou. Dan beskryf hulle 'n blond, met groot boobs en verloor my belangstelling.

Ek het gatvol geraak vir die boeke uitgewers en my eie ding gedoen poorofafrica.com. Wonder of dit gaan werk?



« Last Edit: October 11, 2010, 15:31:49 PM by xavier » Logged
rwenzori
Sniper
Sr. Member
****

Skeptical ability: +7/-1
Offline Offline

Posts: 403


Merda accidit.


« Reply #6 on: October 10, 2010, 11:36:55 AM »

Wonder of dit gaan werk?


Somehow I don't think so. Time for you to stop pimping your rubbish book on this forum.
Logged
GCG
Hero Member
*****

Skeptical ability: +8/-4
Offline Offline

Posts: 1829


skeptical mantis is skeptical


adele horn
WWW
« Reply #7 on: October 11, 2010, 10:18:44 AM »

okay, so ek is nie die enigste een wat agterkom dat hy is net hier om sy boek te push nie.
ek het getraai om daai links te volg, en die, like, 7de link, laai mens 'n pdf af wat net mooi fokkol werd is nie.
pyn in die gat.
Logged
Rigil Kent
Clotting Factor
Hero Member
*****

Skeptical ability: +19/-3
Offline Offline

Posts: 2426


Three men make a tiger.


« Reply #8 on: October 18, 2010, 18:55:58 PM »

... studeer 'n BA fokologie graad ...

 LOL!  Grin
 
M.
Logged
Pages: [1]   Go Up
  Print  


 
Jump to:  

Powered by SMF 1.1.11 | SMF © 2006-2009, Simple Machines LLC
Page created in 0.174 seconds with 23 sceptic queries.
Google visited last this page December 23, 2017, 21:51:06 PM
Privacy Policy